Huisgenoot

Liewe Elize

-

My meisie praat baie oor ons verhouding by haar familie, en ek voel hulle weet meer daarvan as wat nodig is. Daar is net geen filter nie. Nou raak dit vir my moeilik om na hul familieges­ellighede te gaan. Ons gaan al ’n paar jaar lank uit. Wat moet ek doen?

H op Q

Dit is moeilik om ander se siening van ’n verhouding te verander as daar eers ’n bepaalde indruk by hulle geskep is. Dit is daarom belangrik dat wanneer inligting oor ’n verhouding oorgedra word, dit met albei verhouding­smaats se toestemmin­g is. Dit is normaal om jou lief en leed met ander te wil deel, maar ’n gesonde balans is nodig met respek vir almal se privaathei­d. Veral familieled­e kan maklik onnodige en vals gevolgtrek­kings maak omdat hulle bevooroord­eeld is.

Wanneer ’n verhouding­sdrama dalk al lankal by die twee geliefdes vergewe en vergete is, kan hul familieled­e nog een van die maats daarvoor verkwalik.

Iemand wat geneig is om te veel oor alles in haar lewe te deel, besef nie altyd wat die nagevolge daarvan kan wees nie. Dit sal dus wys wees om ’n openhartig­e gesprek met haar te voer oor waaroor sy nie mag gesels nie.

Twee van dié onderwerpe is beslis jul liefdeslew­e en jou finansies.

As sy geen respek vir jou geheime het nie, moenie dit met haar deel nie.

As sy vergeet van die perke wat jy gestel het of hulle dalk doelbewus ignoreer en in jou teenwoordi­gheid te veel uitlap, sê gerus: “Dis nie iets wat ek wil hê jy moet bespreek nie.” Sy sal dalk vir jou kwaad word, maar gou agterkom dat jy jou voet neergesit het.

‘Die gulde reël is om jou eie finansiële sekuriteit eerste te stel’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa