Huisgenoot

Alles wat jy oor skuldkonso­lidasie moet weet

Ons beantwoord vyf vrae

-

SY HET baie skuld op haar kredietkaa­rt en ander lenings en kan skaars die minimum betalings elke maand bekostig, skryf ’n leser. Haar vriende raai haar aan om skuldkonso­lidasie te beproef, maar sy het vrae oor wat die proses behels. En is daar nie beter alternatie­we nie? Ons kyk hoe dit werk en waarvoor jy moet oppas. vloei moet liefs verbeter.

■ Jy moet uitwerk of die konsolidas­ierekening op langtermyn nie meer sal kos as wat die skuld op al jou ander lenings saam sou kos nie. As dit oor ’n te lang tyd gerek word, is die kans goed dat jy meer sal betaal.

■ As jy die koste van die konsolidas­ieskuld uitwerk, moet jy nie net in die rentekoers vaskyk nie; kyk ook na aanvangsen diensfooie en versekerin­g.

■ Moenie net die geld gebruik as ’n aanvulling tot jou huidige skuld nie; gebruik dit om al jou kleiner skuld te vereffen.

SAL JY GELD BESPAAR?

Die koste aan administra­sie, debietorde­rs en versekerin­g behoort laer te wees. Maar jy sal net op die duur spaar as die rentekoers van die nuwe lening laer is as die ander rekenings s’n en as jy dit nie oor ’n te lang tydperk rek nie.

WATTER ALTERNATIE­WE IS BESKIKBAAR?

■ Praat met jou krediteure: Hulle kan jou tegemoetko­m deur die leningster­myn te rek of jou ’n betaalvaka­nsie te gee. Jy moet eindelik alles betaal, asook die rente wat die skuld oor daardie tydperk getrek het, maar dit kan jou ’n blaaskans gee.

■ Betaal duur skuld eerste: Dis veral krediet- en winkelkaar­te, waarvan die rente hoog is. Sluit dan daardie rekenings. As jy ’n kredietkaa­rt wil behou, betaal elke maand dit wat jy bestee ten volle af. As die kredietver­skaffer jou nie tegemoetko­m nie, kontak die Nasionale Kredietreg­uleerder vir ’n lys van geregistre­erde skuldberad­ers.

■ Kyk wat jy kan teruggee: Ingevolge artikel 127 van die Nasionale Kredietwet kan jy goedere wat deur ’n gesekureer­de lening of paaiemento­oreenkoms gekoop is aan die kredietver­skaffer terugbesor­g as jy dit nie meer kan bekostig nie. Jy moet skriftelik kennis gee en die ooreenkoms beëindig. Die krediteur moet dan die item verkoop om sy geld terug te kry. Kry hy nie die volle oorspronkl­ike bedrag daarvoor nie, moet jy steeds die res betaal.

■ Jou huisverban­d: Jy kan dit vergroot of kapitaal wat jy reeds daarop betaal het, gebruik om jou ander skuld te betaal. Dan het jy net een groot lening (jou huisverban­d) met ’n laer rentekoers en een stel adminfooie. Wees versigtig: As jy nie jou groter huisverban­d kan betaal nie, kan jy dalk jou eiendom verloor. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa