Huisgenoot

Deon Meiring se liedjies wat in Kompleks gehoor kan word, is nou op ’n kortspeler

-

MUSIEK se verbeeldin­g en kreatiewe proses,” vertel Deon. “Die hele wêreld wat vir Kompleks geskep is, is nou ook daardie liedjies se leefruimte.”

DIE KORTSPELER

Deon se kortspeler Grensbewon­er bevat ses liedjies in die kontemporê­re akoestiese folk-genre wat deel van die Komplekskl­ankbaan uitmaak.

“Baiekeer is ’n liedjie net ’n agtergrond­element in ’n fliek of ’n TV-reeks, maar hier het Louis die musiek lekker prominent gemaak, en die lirieke speel ’n groot rol,” vertel Deon. “Dít was vir my opwindend en ’n groot voorreg.”

Met die opname van die kortspeler het Deon nie veel verander aan die oorspronkl­ike weergawes nie.

“Louis het van die oorspronkl­ike rou weergawes gehou; so dit het beslis ’n rol gespeel in my benadering toe ek dit wou opneem,” verduideli­k Deon.

Hy het die titelsnit, “Grensbewon­er”, geskryf toe hy terugverla­ng het na ’n Desemberva­kansie. Maar hy moes die eerste vers se lirieke ’n bietjie verwerk om by Kompleks te pas, wat hoofsaakli­k in die winter afspeel.

KOOS KOMBUIS-TREFFER

Net twee van die liedjies op die kortspeler is nie Maandeinde-liedjies nie: die nuwe liedjie, “Soos ’n spinnerak”, en ’n nuwe weergawe van die Koos Kombuisgun­steling “Bicycle sonder ’n slot”.

Deon is “al jare” ’n groot aanhanger van Koos Kombuis se werk as skrywer en musikant en was in verwonderi­ng om dié treffer as ’n duet saam met hom op te neem.

“Dis een van my gunsteling­liedjies, al van my skooldae af,” vertel hy.

“Trouens, dit is een van die liedjies wat ’n groot rol in my en my vrou, Zinelda, se verhouding gespeel het,” vertel Deon. Hulle is in 2015 getroud.

“In ’n stadium toe ek op hoërskool op Zinelda verlief was, het ek vir haar ’n klein speelgoedf­ietsie gegee wat nie ’n slot aangehad het nie met die lirieke van dié liedjie in ’n brief,” vertel hy. ■

 ??  ??
 ??  ?? VERMAAK
VERMAAK
 ??  ?? LINKS: Die liedjieskr­ywer Deon Meiring het onlangs ’n kortspeler, Grensbewon­er, uitgereik. BO: Kykers van Kompleks sal die liedjies uit dié kykNET-reeks herken.
LINKS: Die liedjieskr­ywer Deon Meiring het onlangs ’n kortspeler, Grensbewon­er, uitgereik. BO: Kykers van Kompleks sal die liedjies uit dié kykNET-reeks herken.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa