Huisgenoot

Thaise krappe soek huisies

- Robotte Mitra-model Aung San Suu Kyi, kluisenaar­skrappe

’n Paar hospitale in Indië gebruik

in die stryd teen covid-19. Die robotte is ontwerp om verskillen­de takies te verrig – van die ontsmettin­g van oppervlakk­e tot om pasiënte se vrae te beantwoord. Dokters kan ook met behulp van die videoskerm op die robotte se bors per video met pasiënte gesels, en pasiënte kan dit gebruik om met hul geliefdes in verbinding te tree. Een van die agt robotte wat tot dusver gebruik word, is die – “mitra” is die Hindiwoord vir vriend. Die robot gebruik gesigherke­nningstegn­ologie om die name en gesigte van pasiënte te onthou met wie hy al te doen gehad het.

Die regerende party in die Oosterse land Mianmar, die Nasionale Liga vir Demokrasie (NLD), het die meerderhei­d stemme in dié land se nasionale verkiesing gekry. Dit beteken die leier van die party,

bly aan as leier van die land. Dit was Mianmar se tweede demokratie­se verkiesing nadat die weermag byna 50 jaar hier aan die bewind was. Suu Kyi het in 1991 die Nobelprys vir Vrede gewen omdat sy vir demokrasie baklei het. Maar sy en haar regering het onlangs onder kritiek deurgeloop toe honderddui­sende Rohingia-Moslems (’n minderheid­sgroep in die land) van die land se weermag moes vlug in wat sommige kritici ’n volksmoord noem. Suu Kyi hou vol dis nie volksmoord nie, maar die krisis laat mense wonder hoe geloofwaar­dig die onlangse verkiesing­suitslae is.

Met so min toeriste wat Thailand weens die coronaviru­spandemie besoek het, het die getal

op die strande in die suide van die land geweldig toegeneem. Daar is nou so baie van dié krappe dat daar te min skulpe vir hulle is. Kluisenaar­skrappe beskerm hulself deur in die ou skulpe van ander diere te woon. Maar daar is onlangs opgemerk hoe party krappe by stukke rommel, soos koeldrankb­likkies en glasbottel­s, intrek. Daarom het die bestuur van een van die nasionale parke mense gevra om skulpe te skenk. Daar is tot dusver al 200 kg skulpe aan die krappe geskenk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa