Huisgenoot

Dís hoe seekatte proe

-

Geldwasser­y is die proses waardeur iemand gesteelde geld probeer wegsteek deur dit in ’n wettige ondernemin­g se rekening in te betaal en daar te bestuur of dit oorsee in ’n bank te belê. Dit word gedoen sodat dit vir die polisie moeilik is om die geld te kry of te bewys dat dit gesteelde geld is. Wanneer iemand skielik baie geld kry, sal dit aandag trek as hulle dit in ’n gewone bankrekeni­ng sit. Daarom word dit dan by ’n ondernemin­g inbetaal en kan dié ondernemin­g die geld weer terugbetaa­l aan die betrokke mens vir ’n diens wat hy kastig aan hulle gelewer het. Geldwasser­y is ’n misdaad waarvoor iemand tronk toe gestuur kan word.

Dis hoe oud (in jaar) ’n graf met ’n tweeling daarin is wat onlangs in Oostenryk ontdek is. Navorsers vermoed dié graf is die oudste bewys van ’n tweeling wat begrawe is wat al ooit aangeteken is. Deur toetse op die oorblyfsel­s te doen kon die wetenskapl­ikes vasstel dat een van die babas kort ná geboorte oorlede is, terwyl die ander een sowat 50 dae oud geword het. Hulle het onder meer ’n string kraletjies uit mammoet-ivoor in die graf gekry – en vermoed ’n mammoet se skouerblad­been wat bo-oor die graf gesit is, het die klein liggaampie­s so lank help bewaar.

Dis hoeveel intekenare Disney se stroomdien­s Disney+ reeds het – net ’n jaar nadat dié diens begin het. Disney+ was die moedermaat­skappy se ligpunt in ’n jaar wat moeilik was weens die covid-19-pandemie. Disney se pretparke en oorde was maande lank gesluit en van sy groot flieks kon nie in teaters uitgereik word nie. Dit het alles daartoe bygedra dat baie mense hul werk verloor en die maatskappy ’n verlies gely het. Die feit dat mense weens die inperking tuis moes bly, was egter goeie nuus vir die stroomdien­s.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa