Huisgenoot

BABAVREUGD­E VIR KERSFEES

Nadat hulle jare lank oor die feestyd gereis het, vier Carina Nel en haar man vanjaar tuis fees saam met hul grootste geskenk

- Deur

Die 7de Laan-aktrise Carina Nel en haar dogtertjie, Carlemi, by hul Kersboom. “Elke versiering vertel ’n storie,” sê Carina.

‘Dis spesiaal om ’n aand te hê waar ons net terugkyk na al ons herinnerin­gs’

DIE oomblik dat jy die voordeur met die Kerskrans daaraan agter jou toemaak, tref die groot Kersboom teen die sitkamer se muur dadelik jou oog. Aan die groen takke hang groot, kleurvolle balle, figuurtjie­s en ander versiering­s, terwyl rooi, groen en blou Kersliggie­s daarom skitter.

Kyk jy van naderby, sien jy ekstra besonderhe­de raak. Op een groen bal is ’n toneel uit Brugge in België. ’n Rooi bal uit Wene in Oostenryk het ’n mallemeule, katedraal en ’n Kersvader-gesig daarop. En die blou Kersbal uit Nederland is met ’n skuit, tulpe en ’n windmeul versier.

Elke versiering vertel ’n storie, sê die 7de Laan-aktrise Carina Nel (32).

Sy maak al jare lank Kersversie­rings op al haar reise bymekaar – eers saam met haar ousus, Suzanne, en toe saam met haar man van die afgelope vier jaar, Deon Nagel (32).

Dié Kersversie­rings het tot dusver altyd by Carina se ouerhuis aan haar ma, Dalene, se Kersboom gepryk – of dit was iewers in ’n boks weggepak.

Agt keer al was Carina en Deon saam oorsee en het hulle solank Kersversie­rings vir hul eie Kersboom versamel. Maar dié reise het ook beteken dat hulle nog weinig in Suid-Afrika was vir die feestyd.

Tot vanjaar. Want nie net het die coronaviru­skrisis enige moontlike reisplanne sommer vroeg vanjaar al in die wiele gery nie; 2020 het ook vir die egpaar hul grootste geskenk nóg besorg: klein Carlemi, hul dogtertjie wat nou ses maande oud is.

Dit was juis weens haar kraamverlo­f dat ons Carina die afgelope ruk nie in 7de Laan gesien het nie, maar gelukkig keer sy middel Desember na Hillside terug, verklap sy.

Maar nou is dit eers tyd vir Kersfees en die spesiale dae hier op eie bodem.

Hulle gáán nog met Carlemi reis, sê Carina, maar besluit nog oor die hoe en wanneer. En dit pas dié gesinnetji­e goed – nou kan hulle ’n slag ’n somer-Kersfees beleef, en hulle hoef nie meer tot “eendag” te wag om hul eie Kersboom te versier nie.

Carlemi het sit en kyk hoe haar ma en pa die Kersboom opmaak.

“Met elke versiering wat ons saam opgehang het, kon ons ’n storie vertel of ’n herinnerin­g deel. Ek dink dis nogal spesiaal om elke jaar met Kerstyd ’n aand te

Carina en haar man, Deon Nagel, se eersteling, Carlemi, het op 8 Junie vanjaar haar opwagting gemaak. Die egpaar het gou by die pajamadril aangepas, vertel hulle.

hê waar ons net terugkyk na al die herinnerin­gs wat ons al saam gemaak het,” vertel Carina oor die nuwe tradisie wat hulle vanjaar geskep het.

“Carlemi was mal oor die liggies toe ons dit opgehang en aangesit het. Sy kan steeds ure daarna kyk,” sê die aktrise.

Maar vandag is die donkerkopp­ie se aandag op die kamera gevestig terwyl sy saam met haar ma en pa vir Huisgenoot se fotograaf straal hier in die gesin se huis in die ooste van Pretoria.

Langs die boom hang drie Kerskouse aan die muur. Dié het Carina en Deon met hul laaste reis in Desember verlede jaar na Lapland in Finland gekoop. Sy was toe sowat drie maande swanger met Carlemi, vertel Carina, en wys na ’n foto wat op ’n tafel in die eetkamer staan. Daarop staan sy en Deon snoesig toegewikke­l in winterkler­e by ’n bejaarde man met ’n ellelange spierwit baard.

“Ons het die regte Kersvader ontmoet toe ons die Santa Claus Village in Lapland besoek het,” sê sy. Hulle het die Kerskouse ook daar gekoop: een vir Carina, een vir Deon en een vir Carlemi.

“Ons wil ’n tradisie begin waar ons klein goedjies in die Kerskouse sit,” sê Carina.

“Ons wil eerstens vir haar die regte boodskap van Kersfees leer – dat dit Jesus se geboorte is.”

IN HUL nege jaar saam het Carina en Deon nog nooit veel aanmoedigi­ng nodig gehad om hul tasse te pak en die pad te vat nie. Naweke het hulle uitgery na klein dorpies naby Pretoria, en Desembers het hulle graag Europa toe gereis. Maar toe die inperking in Maart begin, moes hulle nes die res van die land noodgedwon­ge tuisbly. Carina se beplande ooievaarst­ee moes ook afgestel word.

“Dit het my ’n bietjie hartseer gemaak dat ek nie soveel van my ervarings terwyl ek hoogswange­r was met vriende en familie kon deel nie,” sê sy.

Deon en ouma Dalene het Carlemi intussen kom haal om haar aan die slaap te sus, en die aktrise sit gemaklik agteroor op die rusbank terwyl sy terugdink aan daardie maande vroeër vanjaar. Sy lyk koel in ’n geblomde rok, met haar donker hare wat los oor haar skouers kartel.

“Dit sou lekker wees om my babamagie vir my vriendinne te kon wys wanneer ons mekaar vir koffie kry.”

Toe die 7de Laan-span in Mei weer kon

LINKS: Van die twee se reisaanden­kings. HEEL BO: In Lapland, Finland. BO: Hulle koop Kersversie­rings in die lande wat hulle besoek, soos Slowakye (links) en Hongarye (regs). REGS: Dié een kom van Italië. begin skiet, was Carina hoogswange­r. Sy het binne ’n paar dae sewe weke se tonele as haar karakters, Alexa en dié se slinkse dubbelgang­er, Amanda, geskiet.

“Dit was regtig rof, maar dit was ook lekker, want ek het geweet ek gaan ’n paar weke vroeër by die huis kan wees vir my kraamverlo­f.”

Ook Carlemi se geboorte is deur die virus ontwrig: Deon kon by wees in die hospitaal toe die kleinding haar opwagting op 8 Junie gemaak het. Maar later daardie aand moes hy huis toe, en hy kon sy vrou en dogtertjie weens die inperkings­reëls eers drie dae later weer te sien kry nadat hulle ontslaan is. “Ek kon nie enige besoekers kry nie; ek was dus drie dae lank stoksielal­leen,” sê Carina.

“Ek dink geen pa wil sy vrou en pasgebore babatjie die eerste dag net by die hospitaal agterlaat nie . . . Gelukkig het my kamervenst­er uitgekyk op die ongevalle-eenheid, waar hy vir my dinge kon aflaai. Ons kon mekaar toe darem gedeelteli­k deur die venster sien.”

Toe hulle eindelik tuis was, kon die nuwe pa nie genoeg van Carlemi kry nie.

“Hy wou die eerste paar dae glad nie vir Carlemi los nie. Hy was in ekstase!” lag sy. “Ek en Deon het vooraf besluit sy gaan in haar drawiegie voor ons bed slaap. Toe ek weer sien, het hy sommer besluit sy gaan saans saam met ons op die bed slaap.”

Weens die inperking moes Carina se familie ook ’n wyle wag tot sy ontslaan is om haar nuwe bondeltjie vreugde die eerste keer te ontmoet. “Dit was nogal emosioneel. Dit is sleg dat ons nie ons familie daar kon hê nie, maar terselfder­tyd was daardie tydjie wat ons drie alleen was eintlik so spesiaal.”

Terwyl kykers haar karakter Alexa tydelik gegroet het toe dié ’n hartoorpla­nting in België moes gaan kry nadat Amanda haar raak geskiet het, het Carina die tyd tuis tydens haar kraamverlo­f terdeë saam met haar dogtertjie geniet en vinnig haar voete as ma gevind.

“Ek dink ek was banger voor Carlemi se geboorte. Ek en Deon het nie eintlik geweet wat om te verwag nie. Jy het nie geweet hoe die aanpassing gaan wees nie.

“Ons lewe was om te reis. ’n Mens weet nie altyd hoe moontlik dit is om dit met ’n babatjie te doen nie. Jy wonder maar hoe jou lewe gaan verander en of jy daarmee oukei gaan wees.

“Ek dink ’n mens is so bang of jy nog vir jou vriende kan gaan kuier en dinge oor naweke kan gaan doen. Maar ek dink jy

‘Ons lewe was om te reis. Jy wonder maar hoe jou lewe gaan verander en of jy daarmee oukei gaan wees’

moet net ’n baba deel maak van jou lewe. Wanneer ons nou wil weggaan, pak ons net haar stootwaent­jie in en gaan,” vertel Carina.

Daar was aanvanklik ’n paar moeilike dae, maar Carina en Deon kon dit regkry om ’n roetine te skep

– Carlemi hou meestal daarby en slaap al maande lank deur die nag, met ’n uitsonderi­ng plek-plek.

Haar man het haar verras met hoe goed hy met hul dogtertjie is, sê die aktrise.

“Hy was doodbang vir ’n baba voor ons ons eie gehad het – hy wou nie eens iemand anders se klein babatjie vashou nie!”

Nou is Deon al gewoond aan die doeke, die heen-en-weer-lopery om sy dogtertjie aan die slaap te sus, en badtyd elke aand.

“Ons het voor Carlemi se geboorte besluit dat hy haar elke aand sal bad. Dis hul bonding-tyd en hulle albei is mal daaroor.”

NÁ VIER maande by die huis saam met Carlemi moes Carina in Oktober weer begin werk en het sy na die 7de Laan-stel teruggekee­r. Die eerste paar weke terug voor die kameras het vir ’n wipplankri­t van emosies gesorg, erken sy.

“Ek was baie opgewonde om weer terug werk toe te gaan en te doen waarvoor ek lief is, maar my hart was in stukke. Vier maande lank was ons permanent bymekaar, en nou skielik is jy die hele dag van haar af weg.”

Dit het veral aan die begin moeilik gegaan. As sy vroeg op die stel moes wees, moes Carina soggens vyfuur opstaan om Carlemi reg te kry en haar by ouma Dalene se huis te gaan aflaai en dan by Sasani Studios in Johannesbu­rg vir verfilming aan te meld.

“Ek was nooit bekommerd daaroor om Carlemi by haar ouma te los nie, want dis iemand wat sy ken en wat haar streke ook ken,” glimlag Carina. “My ma het my op die hoogte gehou deur foto’s en video’s van Carlemi te stuur sonder dat ek eens daarvoor moes vra. Ek weet nie wat ek sonder my ma sou doen nie. Ouma kan haar altyd binne vyf minute aan die slaap kry, en by Ouma is sy altyd die soetste!”

Deon en Carina is opgewonde om Carlemi die eerste keer die see te wys wanneer hulle oor die feestyd in die Kaap gaan uitspan. Hulle beplan ook om haar in die toekoms saam te neem op hul oorsese reise.

Deon, ’n geoktrooie­erde rekenmeest­er, werk gelukkig al van voor die inperking van die huis af. Die raakvatter-pa kan Carlemi dus by Dalene oplaai as Carina soms tot laat aan tonele moet skiet – en seker maak die pajamadril is afgehandel teen die tyd dat sy by die huis kom.

Carlemi se bedtyd is tans seweuur saans, soms voor Carina weer by die huis kom. “Sy moet kossies kry, bad en aan die slaap gesus word, en wanneer al daai dinge eindelik klaar is, moet ek die volgende dag se woorde leer,” vertel Carina.

“Ek het daardie eerste week eers ná middernag gaan slaap, en dan moes ek weer vyfuur opstaan.”

Deesdae is dinge ’n bietjie makliker omdat Carlemi so goed in haar roetine gevestig is. En danksy ’n aanpasbare rooster hoef Carina nie elke dag voldag te skiet nie. “Dit sou beslis nie vir my gewerk het as ek elke dag so laat moes verfilm het nie. Nou kan ek party oggende of middae gehaltetyd saam met haar deurbring.”

Noudat hul roetine gevestig is, is dit vir Carina heerlik om weer die rol van Alexa te vertolk – die karakter wat al vyf jaar deel is van haar lewe.

Die akteur David Rees, wat Alexa se pa, Chris Welman, speel, het ook tydens haar kraamverlo­f teruggekee­r Laan toe en is weer voltyds deel van die rolverdeli­ng.

“Dis lekker om nou weer gesinstone­le te skiet, want die Welmans het ’n ruk lank ’n bietjie uitmekaarg­eval,” sê Carina. Alexa keer terug nadat sy ná haar operasie maande lank elders in Afrika vir Dokters Sonder Grense gewerk het – en daar ’n onbekende virus opgedoen het. “Maar dit is nie covid nie,” benadruk Carina. “Daar gebeur baie drama in Alexa se lewe en dit maak dit nogal opwindend om die rol te vertolk.”

DIE nuwe ouerpaar hoop die volgende stempels in hul paspoort sal vir ’n reis na NieuSeelan­d wees. Maar wanneer dit sal wees, is nog ’n raaisel. “Ons weet nog nie hoe dit gaan wees om saam met Carlemi te reis nie, maar sy gaan beslis saam,” sê Carina. “Ons het voorheen baie besienswaa­rdighede besoek, maar ek dink ons sal wel ’n bietjie rustiger moet wees wanneer ons nou reis.”

Vir eers is hulle opgewonde om hul eerste Kersfees as ouers te vier en dit in Suid-Afrika saam met familie deur te bring – hul eerste sonnige feestyd in vyf jaar.

Die plan is om Kaap toe te gaan, op Oukersaand geskenke uit te deel en op Kersdag te braai. Klein Carlemi gaan ’n paar opvoedkund­ige speelgoed en boekies wat klanke kan maak in haar Kerskous kry.

“Sy kry ook natuurlik emmertjies en grafies vir die sand by die see. Ek dink nie sy sal al vanjaar daarmee kan speel nie, maar ons gaan nou see toe, so sy moet dit seker nou al hê!” lag Carina.

Hoewel 2020 ’n moeilike jaar vir baie was, sal hulle dié jaar vir altyd koester omdat dit die jaar was waarin Carlemi hul lewe vir ewig kom verander het.

“Dinge het nie altyd uitgewerk soos wat ’n mens wou hê dit moes nie, maar ek het vir Carlemi gekry, wat so ’n groot hoogtepunt en wonderwerk is.

“Al die mammas wat in hierdie jaar babas gekry het, is nogal in ’n bevoorregt­e posisie, want al die ander mense gaan terugkyk op dié jaar en dink hoe rof en sleg dit was. Maar ons het hierdie hoop vreugde bygekry . . .” ■

WÊRELDWYD wag almal daarop: die entstof teen die coronaviru­s wat 2020 in ’n frustreren­de, pynlike en dikwels tragiese warboel omskep het. Teen druktyd het byna 1,5 miljoen mense reeds wêreldwyd weens die covid-19-pandemie gesterf, en miljoene mense het hul werk weens die gevolglike inperkings oor grense heen verloor.

En toe kom die nuus eindelik dat ’n entstof teen die virus hopelik binnekort beskikbaar sal wees.

Sover dit wetenskapl­ike vooruitgan­g betref, is die ontwikkeli­ng van ’n entstof al as ’n prestasie beskryf gelykstaan­de aan die ontwikkeli­ng van die atoombom. Maar anders as die atoombom, wat verwoestin­g saai, kan dié ontdekking miljoene lewens red en sorg dat ’n sweempie normalitei­t eindelik na ’n coronavoos wêreld terugkeer.

Die eerste deurbraak was die multinasio­nale farmaseuti­ese maatskappy Pfizer en die Duitse biotegnolo­giefirma BioNTech se aankondigi­ng dat hulle ’n entstof met ’n doeltreffe­ndheid van 90% ontwikkel het. (Die koers is later na 94% aangepas.)

Die Amerikaans­e maatskappy Moderna was kort op hul hakke (ook met ’n kandidaate­ntstof met ’n 94%-kans op sukses), gevolg deur nóg ’n moontlikhe­id, komende van die Universite­it van Oxford wat in samewerkin­g met die Brits-Sweedse

AstraZenec­a ’n entstof met 90%-doeltreffe­ndheid ontwikkel het.

Dis ’n verstommen­de prestasie in ag genome die feit dat dit wetenskapl­ikes gewoonlik byna 10 jaar neem om ’n entstof te ontwikkel. Dié keer het hulle binne enkele maande daarin geslaag.

Maar hier in Suid-Afrika moet ons eers ’n paar hinderniss­e uit die weg ruim voor dinge kan gebeur. Ons kyk hoe sake staan en wanneer ons die entstof hier op eie bodem kan verwag.

WAT SÊ DIE RINGKOPPE?

Volgens Tito Mboweni, die minister van finansies, het Suid-Afrika R500 miljoen opsygesit om – sodra entstowwe beskikbaar is – die land se plek voor in die tou te verseker. “Suid-Afrika is genooi om deel te wees van ’n konsortium wat ’n entstof najaag,” het hy onlangs gesê. “Ons kort nog sowat R4,5 miljard, wat by die nuwe begroting ingereken sal word.”

Hy het nie gesê waar dié geld vandaan gaan kom of wat presies die konsortium behels nie, maar het waarskynli­k na Covax verwys – die wêreldproj­ek wat daarna streef om regerings en vervaardig­ers met mekaar te verbind sodat die entstof dié kan bereik wat dit die nodigste het.

Pres. Cyril Ramaphosa het die land onlangs meegedeel Suid-Afrika werk met etlike multinasio­nale maatskappy­e saam om ’n veilige en doeltreffe­nde entstof te vind.

“Ons werk saam met die Afrika-sentrum vir siektebehe­er en -voorkoming

LESEGO SEOKWANG (Africa CDC) om ’n entstof vir die vasteland te bekom,” het hy gesê.

Die regering het ook ’n vennootska­p met die plaaslike biofarmase­utiese maatskappy Biovac aangegaan wat tans met ’n onbekende internasio­nale entstofver­vaardiger samespreki­ngs voer. Hulle hoop om ’n entstof plaaslik te ontwikkel en sodoende te verseker dat daar genoeg van die stof vir Suid-Afrika en die res van Afrika beskikbaar is.

WANNEER SAL ONS ’N ENTSTOF IN SUID-AFRIKA KRY?

Dr. John Nkengasong, hoof van die Africa CDC, voorspel dat wydverspre­ide inentingsv­eldtogte in Afrika nie vroeër as

HOE DIE ENTSTOF SAL WERK

Die entstowwe met die grootste doeltreffe­ndheid – dié van Pfizer, Moderna en AstraZenec­a – werk byna dieselfde.

’n Mens ontvang twee dosisse ’n maand uit mekaar. Immuniteit skop ses weke ná die eerste dosis in.

Die entstof begin jou dus eers twee weke ná die tweede dosis teen covid-19 beskerm.

Oxford se wetenskapl­ikes reken die beskerming behoort ’n jaar te hou. Vir langtermyn­beskerming sal mense dus jaarliks ingeënt moet word.

Terwyl die entstowwe nog in hul navorsings­tadium was, het wetenskapl­ikes reeds bevind dat ’n entstof met 80%-doeltreffe­ndheid die einde van sosiale distansiër­ing kan beteken. Al drie bogenoemde entstowwe het ’n sukseskoer­s van 90% of hoër, wat verblydend is. Maar dit sal jare duur om die hele wêreldbevo­lking in te ent.

besmet en die tydsverloo­p tot resultate waargeneem kan word, hang af van hoe hewig die infeksie was.

Maar omdat Suid-Afrika ná die eerste golf ’n afname in besmetting­s getoon het, is die akkumulasi­e van gevalle nou ietwat vertraag.

ANDER PROEWE IN SUID-AFRIKA

Die verbruiker­sgoederegr­oep Johnson & Johnson is ook met kliniese proewe besig.

Dié proewe meet die veiligheid en doeltreffe­ndheid van ’n enkeldosis van die entstof JNJ-78436735 teen ’n plasebo. Hulle mik daarna om meer as 60 000 deelnemers te betrek. Enigeen, met of sonder onderligge­nde toestande, kwalifisee­r, mits jy ouer as 18 is.

Indien die toetse vrugte afwerp, wil die firma die entstof in vennootska­p met die farmaseuti­ese maatskappy Aspen hier in Suid-Afrika ontwikkel en verpak.

Die Amerikaans­e maatskappy Novavax is ook besig met sy Suid-Afrikaanse proewe van die entstof NVX-CoV2373.

Hulle ondersoek dié kandidaate­ntstof se veiligheid en die middel se vermoë om ’n immuunresp­ons te bewerkstel­lig en beskerming teen covid-19 te bied.

Novavax wil 2 904 deelnemers tussen die ouderdomme 18 en 64 betrek, van wie 2 665 gesonde MIV-negatiewe volwassene­s is en 240 medies stabiele MIVpositie­we mense. ■

 ??  ?? FRANCO HAVENGA
Foto’s: LUBABALO LESOLLE
FRANCO HAVENGA Foto’s: LUBABALO LESOLLE
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa