Huisgenoot

KOM ONS BRAAI – ELKE DAG

Dié Kapenaars braai al vandat die inperking begin het daagliks – en gaan dit tot 27 Maart 2021 doen

-

LAAT ons nou maar eerlik wees, die inperking was nie maklik nie. Daar moes oraloor planne beraam word om deur die lang dae, weke en maande te kom. Party mense se woonkamers het tuisgimnas­iums geword. Ander het die verbod op die smous van twakkies gebruik as motivering om op te hou rook. En dalk het ook jý leer pynappelbi­er stook.

Maar toe almal in Maart op hok gesit is, het Martin Kift, ’n finansiële beplanner van Durbanvill­e, ’n eg Suid-Afrikaanse uitkoms bedink om hom deur die dae van die inperking te help kom: Steek die braaivleis­vuur aan. Sommer élke dag.

En agt maande later, braai hy stééds elke dag.

Vir Suid-Afrikaners was dit die jaar van die pandemie en die jaar van die inperking, maar vir Martin was dit ook die jaar van braai.

Dié dat die bestuur van Sun City se weelderige Palace of the Lost City-hotel ’n buitengewo­ne versoekie van Martin gekry het toe hy en sy gesin daar wou bespreek vir ’n wegbreek: ’n braaiplek, asseblief.

Dis nie aldag dat gaste hul neus vir die vyfsterres­taurant optrek nie. Maar nou ja, hierdie jaar is vreemd en die Palace is ook maar te bly om weer oop te wees. En so kry dié gas toe ’n braaiplek by ’n selfsorgee­nheid waar hy elke dag kan braai, al bly hy in ’n paleis.

En toe Huisgenoot die Kifts ná 245 dae van die inperking by Sol se pretplek gaan besoek, is Martin heel gepas besig om die vuur te pak vir middagete. Sy

Toe die inperking in Maart begin het, het Martin besluit hy gaan elke aand vir sy gesin op die braaivleis­vuur kos maak.

vrou, Elsimé, ’n oogchirurg, bou ’n slaai en braaibrood­jies met die hulp van hul dogters, Nicole (8) en Grace (5).

“Jy sou dink as ek 245 dae lank elke dag ’n vuur aangesteek het, kan ek nou net my vingers klap en dan brand die vuur vanself,” sê Martin en lag.

Dan knak hy ’n koue biertjie, want dis somer in die Pilanesber­g en braai is warm werk . . .

AMartin Kift van Durbanvill­e is in sy element wanneer hy 'n vleisie oor die kole kan gooi. En sy vrou, Elsimé, gee glad nie om nie.

LLES het begin toe Martin en Elsimé in Maart by haar ouers op Upington gaan kuier het en daar elke aand gebraai is.

Toe kom die nuus dat die land teen einde Maart ’n tydperk van inperking sal binnegaan. Die Kift-gesin moes hul vakansie kortknip en huiswaarts keer.

Tydens die rit van sewe uur terug na Kaapstad sê Martin toe op die ingewing van die oomblik hulle het nou so lekker gebraai, miskien moet hulle daarmee aangaan tot die inperking verby is. Sommer elke dag, was sy gevoel.

Elsimé het dadelik saamgestem. As platteland­se meisie was sy immers gaande oor braai.

Daardie Vrydag, 27 Maart, het Martin

LINKS: Die Kifts en hul dogters, Grace (links) en Nicole. LINKS ONDER: Grace en haar maat Kayla Oosthuizen maak braaibrood­jies. eet ons lekker! Dis ook ons gesinstyd. Ons maak saam kos, eet saam en gesels. TV en selfone is verbied. Dis wat so lekker is aan kampkos of ’n braai.”

Martin beskryf homself as ’n “braailiefh­ebber, nie ’n braaikenne­r nie” en sal nie daarvan droom om ander braaiers te wil raad gee nie. “Die enigste geheim is die regte hout en die regte geselskap. Dan het jy ’n lekker tyd.”

Elsimé meen sy braaihoend­erstukke is sy grootste vingerlekw­enner. ’n Lae rooster, hoë hitte en kort-kort omdraai is sy geheim. “Jy moet hom vinnig braai, man. Nie stadig nie,” sê hy.

Hulle is nie baie lief vir marinades en souse nie, maar ’n kerriepot is ’n gereelde gunsteling op die spyskaart.

Selfs voor die inperking het Martin minstens twee keer per week vuur aangesteek. “My vrou kan mos nie kos maak nie; sy weet nie eens wat waar in die yskas is nie,” sê hy.

Elsimé skud net haar kop en lag. Sy vertel toe hulle mekaar in 2001 as studente op Stellenbos­ch ontmoet het, het sy vin

nig besef hy kan braai, maar eers ná hul troue het sy uitgevind hoe vaardig hy eintlik voor die kospotte is. “Dan bly ek weg; dit werk nie as ek inmeng nie!”

Martin het ’n voorliefde vir kameeldori­nghout. Nee wat, houtskool doen dit nie vir hom nie, sê hy neusoptrek­kerig. Sedert 27 Maart is hy al deur 150 sakke hout van 20 kg elk wat hy van Namibië bestel en by sy huis laat aflewer.

Nadat sy jaar lange vuurkospla­n in Oktober in die sosiale media rugbaar geword het, gee die The Boer and Butchersla­ghuisgroep hom ’n maandeliks­e koopbewys van R2 000 vir vleis. Maar Martin dra steeds uit sy eie sak ook by.

Op hul vakansiere­is deur die land het hy juis ’n klein vrieskassi­e agter in sy Land Rover Discovery gelaai en vol vleis gepak. ’n Verteenwoo­rdiger van Camelthorn Helles het ook ’n paar kaste bier by sy kantoor gaan aflaai met die boodskap: “As ’n mens braai, moet jy darem iets kouds in die hand hê.”

Op pad na Sun City het hulle onder meer by ’n hotel en ’n gastehuis oornag – en daar het die eienaars ook elke keer vir hulle ’n plek gegee waar hy sy vuurtjie kon aansteek.

MARTIN vertel hy het nooit hiermee begin om die media te haal of borge te kry nie. “Dit was ’n persoonlik­e ding wat ek graag saam met my gesin wou aanpak.” Nadat hierdie “persoonlik­e ding” in die sosiale media en in ’n Kaapse dagblad verskyn het, het van sy kliënte by Kift Wealth hom gespot en gesê hulle sien nou wat hy met hul geld doen: Hy braai!

Nou is vandag se kole gereed en Martin pak skaaptjops, boerewors en die broodjies op die rooster.

Tussendeur vertel Elsimé hulle het die afgelope 245 dae nog nooit weer gaan uiteet nie, iets waarop hulle nou baie geld bespaar.

Toe die kos gereed is, vat die gesin hande, Martin doen ’n gebed en hulle skep op. Te lekker.

Wanneer Maart aanbreek en hy sy persoonlik­e uitdaging van 365-dae-kosmaak-op-die-kole bereik het, gaan hy dan minder gereeld vuur maak en meer tyd langs die gasstoof in hul kombuis deurbring?

Martin en Elsimé kyk na mekaar. Hulle sal maar sien; hulle is immers nou ín hierdie braaigewoo­nte. ■

‘Die enigste geheim is die regte hout en die regte geselskap. Dan het jy ’n lekker tyd’

 ??  ??
 ??  ?? Deur JACO HOUGH-COETZEE Foto's: FANI MAHUNTSI
Deur JACO HOUGH-COETZEE Foto's: FANI MAHUNTSI
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa