Huisgenoot

KANEELROLL­ETJIES

-

Kaneelroll­etjies op hul beste!

LEWER 12 KANEELROLL­ETJIES BEREIDING: 20 MIN. RYS: 30 MIN. BAK: 15 MIN.

DEEG

480 g (4 k) broodmeel

10 ml (2 t) sout

100 g (½ k) korrelsuik­er

1 x 10 g-pakkie kitsgis 250 ml (1 k) louwarm melk 2 groot eiers, by kamertempe­ratuur

90 g (¹⁄³ k) ongesoute botter, gesmelt

VULSEL

90 g (¹⁄³ k) ongesoute botter, versag

200 g (1 k) bruinsuike­r

45 ml (3 e) fyn kaneel VERSIERSEL

90 ml (¹⁄³ k) roomkaas, versag

65 g (¼ k) ongesoute botter, versag

375 ml (1½ k) versiersui­ker 2,5 ml (½ t) vanielje-ekstrak

1 5

Meng al die bestanddel­e en knie minstens 10 min. tot die deeg glad en sag is. Plaas die deeg in ’n liggies geoliede bak; draai dit om al die kante te smeer. Bedek dit met kleefplast­iek en laat rys tot dubbel die grootte. Verhit die oond tot 170 °C. Smeer ’n reghoekige of vierkantig­e oondbak of bakpan.

Om die rolletjies te vul en te vorm, knie die deeg saggies af en plaas dit op ’n liggesmeer­de werkopperv­lak. Rol die deeg in ’n reghoek van 25 x 35 cm.

Smeer die botter op die deeg. Meng die suiker en kaneel en strooi eweredig oor die 7 8 deeg.

Begin by die kort punt en rol die deeg in ’n rol. Sny dit dan in 12 skywe. Plaas die rolletjies in die oondvaste bak. Bedek met kleefplast­iek en laat die rolletjies ongeveer 30 min. rys tot amper dubbel die grootte. Verwyder die kleefplast­iek en bak 15 min. of tot goudkleuri­g.

Klits al die bestanddel­e in ’n klein bak. Haal die rolletjies uit die oond. Smeer die versiersel op die rolletjies terwyl dit nog warm is.

Sit die rolletjies warm of teen kamertempe­ratuur voor. Draai toe in plastiek of plaas in verseëlde houer en bêre teen kamertempe­ratuur vir ’n dag, of vries dit vir tot 30 dae.

15 ml (1 e) koekmeel 45 ml (3 e) water ’n knippie sout

VIR VOORSIT

fyn kaneel, vir garnering

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 25 cmtertbak liggies.

Rol die deeg liggies uit en gebruik dit om die tertbak mee uit te voer. Bak 15 min. blind in die oond: Gebruik waspapier om die deeg te bedek en plaas droë bone 2 of rys oor die papier om die deeg af te druk. Haal die papier en boontjies uit en bak nog 5 min. tot goudkleuri­g.

Verhit die melk, kondensmel­k en vanieljeek­strak in ’n middelslag­pot oor matige hitte tot dit kookpunt bereik. (Maak seker jy roer tot die kondensmel­k opgelos is.)

Terwyl dit verhit, skei die eiers en klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Laat staan eenkant.

4 Klits die eiergele, mielieblom, koekmeel, water en sout in ’n ander bak. Wanneer die melk kookpunt bereik, verwyder die pot van die hitte en laat dit 3 min. afkoel. Voeg die eiergeelme­ngsel stadig by terwyl jy die

hele tyd sterk klits. 6 8

Sit die pot weer op lae hitte en klits voortduren­d tot dit verdik, ongeveer 5 min.

Voeg die eierwitte by die melkmengse­l en klits nog 2 min. tot goed gemeng. Giet die vulsel in die tertbak en laat afkoel tot kamertempe­ratuur voor jy dit in die yskas sit om heeltemal te stol.

Strooi kaneel oor voor dit voorgesit word.

 ??  ?? 2 3 4
Deeg
Vulsel 6 9
Versiersel
2 3 4 Deeg Vulsel 6 9 Versiersel
 ??  ?? 1
Vulsel 3 5 7
Vir voorsit
1 Vulsel 3 5 7 Vir voorsit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa