Huisgenoot

KÊREL TE KALM OOR COVID

-

Ek en my kêrel het dit reggekry om deur die eerste vlakke van die inperking te kom. Nou met die verslappin­g wil hy op uitstappie­s gaan soos na koffiekroe­ë toe. Dit werk op my senuwees.

Ek bly omtrent sewe dae tuis voor ek na my bejaarde ma in die ouetehuis gaan vir ’n traliekuie­r deur die veiligheid­shek. Sy is my enigste familielid. Dit stres my dat my kêrel nou skielik so kalm oor covid-19 is.

R op K

Die voortduren­de aanpassing­s wat die regulasies weens die coronaviru­ssiekte verg, is op sigself ’n uitdaging. Julle kon egter ’n basis vind en kan nou daarop voortbou.

Die vraag is: Hoe gaan ons nou weer hierdeur kom, maar op ’n nuwe manier?

Jy kan kies om liefs net na een koffierest­aurant te gaan waar jy gerus is dat maskers sover moontlik gedra word, sosiale afstand gehou word en alles gereeld ontsmet word. Of stel voor dat julle eerder met ’n koffiefles of wegneemkof­fie na ’n park of oop ruimte gaan waar daar goeie lugvloei is.

Jy sal openhartig met jou verhouding­smaat moet gesels oor die basis van jou angs en nie net jou covid-19vrese nie. As ’n mens kwaad of gefrustree­rd is, is dit altyd goed om te vra: Waarvoor is ek bang? Die angs om iemand te verloor wat soveel vir jou beteken soos jou ma kan jou gedagtes oorheers.

Sonder om afbreuk te doen aan jou behoefte om haar veilig te hou kan jy aan dié kommer werk deur iets positiefs te doen. As jy dit kan bekostig, bestel iets aanlyn vir haar wat wys jy gee om al kan jy nie by haar wees nie.

‘Enige moontlike hereniging moet ’n gesinsbesl­uit wees, anders kan dit meer kwaad doen as goed’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa