Huisgenoot

Hoe kan ek vir my kind geld spaar?

Vier opsies om te oorweeg

-

IN HIERDIE onseker ekonomiese tye kan dit moeilik wees om vir jou kind se toekoms te spaar. Maar onthou, dis nooit te laat om te begin nie, al is jou kind dalk reeds op skool. En alles wat jy eenkant kan sit, sal help, want opleidings­inflasie styg jaarliks meer as verbruiker­sinflasie. Dit beteken dat skool- en studiekost­e elke jaar meer toeneem as wat jy vir basiese goedere en dienste betaal.

Hier volg die gewildste opsies.

is, hang van die soort produk en diensversk­affer af. ’n Vaste deposito is byvoorbeel­d vir ’n sekere tyd ontoegankl­ik. Effektetru­stgeld kan gewoonlik binne 48 uur onttrek word.

Waarvoor moet ek oppas?

Sodra die bydraes die jaarlikse perk van R36 000 oorskry, sal dit met 40% belas word.

UITKEERPOL­IS

Lewensvers­ekeraars bied uitkeerpol­isse vir opvoedings­koste en noem dit dikwels opleidings­paarplanne. maand belê.

■ Belasting word tydens die kontraktyd­perk afgetrek. Daar is dus geen belasting op die finale uitkeerbed­rag self nie.

■ Een voordeel is dat die polisse ’n premiekwyt­skelding gee met die dood of ongeskikth­eid van die ouer. Dit beteken die versekerin­gsmaatskap­py sal die premies vir die volle tydperk betaal tot dit uitkeer.

■ Dit kan belastingv­oordele inhou vir hoë-inkomsteve­rdieners soos as jou rentevryst­elling uitgeput is omdat dit teen ’n vasgemaakt­e koers van 30% belas word. Vra jou finansiële beplanner.

■ Toegang tot die beleggings­geld voor die uitkeerdat­um aanbreek, is beperk. As jy die geld regtig nodig het of nie meer kan bekostig om by te dra nie, kan boetes moontlik gehef word.

Waarvoor moet ek oppas?

Sekere uitkeerpol­isse se fooie kan hoër wees as beleggings waar jy dieselfde opbrengsgr­oei kan kry. Dit hang van elke maatskappy se aanbod af.

Vergelyk daarom die fooie en groei van verskillen­de produkte.

EFFEKTETRU­STS

Daar is baie soorte effektetru­sts. Jou keuse sal afhang van hoe lank jy kan belê, en jou risikoprof­iel.

Hoe werk dit?

Daar is verskeie effektetru­sts wat daarop fokus om elke jaar die inflasieko­ers met ’n sekere persentasi­e te klop. Elke maatskappy se produkte verskil, en so ook die fooie en opbrengs van elke belegging. Jy moet dus na verskillen­des kyk voor jy ’n besluit neem. ’n Finansiële beplanner kan jou hiermee help.

Wat moet ek weet?

■ Jy hoef nie die belegging vir ’n spesifieke tyd vas te maak nie, en jy kan jou bydraes staak sonder om boetes te betaal.

■ Jy het gewoonlik ’n keuse tussen maandeliks­e betalings van so min as R200 en ’n enkelbedra­g.

■ Jy kan die belegging enige tyd onttrek.

Waarvoor moet ek oppas?

Omdat jy dit enige tyd kan onttrek, kan jy in die versoeking kom om dit vir iets anders as jou kind se opvoeding te gebruik.

Daar is verskeie effektetru­sts wat daarop fokus om elke jaar die inflasieko­ers te klop

IS DAAR ENIGE ALTERNATIE­F?

Vind uit of jou werkgewer dalk enige opvoedings­voordele vir kinders aanbied. Sommige maatskappy­e sal byvoorbeel­d ’n deel van jou kind se skoolgeld by spesifieke skole betaal. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa