Huisgenoot

Bill & Ted Face the Music

-

AANLYN

Saamgestel deur

LARA ATSON

FLIEKS

Waaroor gaan dit?

Dié komedie is die derde en laaste aflewering in die Bill & Ted-fliekreeks. In die opvolg van 1991 se Bill & Ted’s Bogus Journey hervat Alex Winter en Keanu Reeves onderskeid­elik hul titelrolle as Bill en Ted.

Die pelle hoor al sedert hul tienerjare dat hul rockgroep, Wyld Stallyns, ’n liedjie gaan skryf wat die wêreld sal verenig. Maar hulle is teen dié tyd al middeljari­ge mans en van hierdie liedjie het daar toe dadels gekom.

WATCH THIS

Iemand uit die toekoms daag by Bill en Ted op en sê hulle het tot 17 minute oor sewe daardie aand om die liedjie te skryf – of die wêreld gaan eindig.

Die twee besluit om iets te beproef wat in die verlede gewerk het: Hulle gaan ’n tydmasjien gebruik om na die toekoms te reis waar hulle hopelik reeds die liedjie geskryf het en dit dan na die verlede terugbring.

Maar dié plan loop lelik skeef.

Hul dogters, Billie (Brigette LundyPaine) en Thea (Samara Weaving), moet dan hul pa’s uit hul penarie red. Maar sal hulle in hul doel kan slaag?

Is dit die kyk werd?

Resensente op die webtuiste Rotten Tomatoes gee die fliek 82% en kykers 71%. Die fliek is “vermaaklik”, meen Peter Bradshaw van The Guardian. Dié

FLIEKS / REEKSE / MUSIEK / BOEKE / KORTVERHAA­L / TV-GIDS / HUISGENOTJ­IES / BLOKRAAIE gee dit drie uit vyf sterre. “Bill en Ted se Peter Pan-agtige onvermoë om die verouderin­gsproses te aanvaar is genotvolle ontvlugtin­g. Brigette Lundy-Paine en Samara Weaving doen nie regtig iets snaaks nie, en dis ’n probleem, maar almal in die rolverdeli­ng is innemend. Dis ’n lekker nostalgiet­oer na die verlede en die toekoms,” skryf hy.

2020. 120 MIN. 13GT

BESKIKBAAR OP DSTV BOX OFFICE

Die volgende uur en ’n half terrorisee­r The Man haar en enigeen met wie sy in kontak kom. Daar is ’n vlak van barbaarshe­id wat dit duidelik maak hy is iemand met niks om te verloor nie. Jy wonder telkens wat in sy lewe skeefgeloo­p het om dié soort woede op dié skadelose vrou uit te haal.

Unhinged is nie vir sensitiewe kykers nie, maar as jy soos talle Suid-Afrikaanse padgebruik­ers vinnig op jou toeter lê, is dit ’n moet-sien. Dit sal jou daaraan herinner dat jy nooit weet wat in ander motors rondom jou in die verkeer aangaan nie. Jy kry dalk meer as waarvoor jy jou inlaat.

2020. 96 MIN. 18G

BESKIKBAAR OP AMAZON PRIME

 ??  ?? PUIK BAIE GOED GOED SO-SO
’N RAMP
PUIK BAIE GOED GOED SO-SO ’N RAMP
 ??  ?? HOOFFOTO: Keanu Reeves (links) en Alex Winter as Ted en Bill. BO: Van links is Brigette Lundy-Paine, die rapper Kid Cudi en Samara Weaving. Brigette en Samara speel Keanu en Alex se dogters. REGS: William Sadler hervat sy rol as
Death.
HOOFFOTO: Keanu Reeves (links) en Alex Winter as Ted en Bill. BO: Van links is Brigette Lundy-Paine, die rapper Kid Cudi en Samara Weaving. Brigette en Samara speel Keanu en Alex se dogters. REGS: William Sadler hervat sy rol as Death.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa