Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

- Gert: Koos:

KRISMISBOK­S

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

“Koos, jy skuld my nog R500, maar omdat dit een van die dae Kersfees is, sal ek van die helfte daarvan vergeet.”

“Ag dankie, man. En dan sal ek van die ander helfte vergeet!”

DAAR’S WATER!

’n Man is sterwend van die dors in die woestyn toe hy ’n man met ’n klomp sydasse op ’n kameel sien aankom. Hees skree hy: “Water! Ek moet water kry!”

“Ek het nie water nie, maar ek het die mooiste sydasse vir net R50,” sê die smous op die kameel.

“Ek soek nie ’n das nie, ek soek water!” prewel die man.

“Wat van twee dasse vir R60? ’n Winskopie, net vir jou!” probeer die smous weer.

“Nee, sê my tog net waar ek water kan kry!” pleit die man.

“Daar is ’n kroeg ’n kilometer in daai rigting,” beduie die smous voor hy verder ry op sy kameel.

Die dorstige kruip verder, kom eindelik by die kroeg aan en smeek vir water. Die netjiese kroegman leun oor die toonbank en sê: “Dis ’n baie deftige kroeg dié. Ons het water, maar ons bedien net mense wat ’n das dra.”

IN DIE STERRE

’n Vrou gaan na ’n astroloog om meer oor haar man uit te vind. “Wil jy weet wat die toekoms vir jou man inhou?” vra die astroloog. “Nee,” sê die vrou dadelik, “ék sal oor sy toekoms besluit. Vertel jy my net van sy verlede!”

GEMASKER

Al wanneer dit help om ’n masker te dra terwyl jy alleen in die motor is, is as jy die motor gesteel het!

NUWE REKORD

Ek wil nou nie spog nie, maar ek het pas die nuwe “14-dae-dieet” binne net twee uur en 42 minute klaargemaa­k.

OPSIT

Die pa betrap sy dogter en haar kêrel dat hulle knus saam op een stoel sit. “Knapie, toe ek en my vrou opgesit het, het sy in een hoek van die vertrek gesit en ek in die ander hoek,” raas die pa. “Ja,” sê die jong man, “ek sou dit ook gedoen het as ek met oom se vrou opgesit het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa