Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ Besoek ons webtuiste, huisgenoot.com, vir ’n daaglikse horoskoop.

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Vandeeswee­k is vir jou ’n uiters belangrike week met Saturnus sowel as Jupiter wat jou teken betree en ’n ruk lank daar sal vertoef. Al het jy maande lank tyd om uit te pluis presies wat hul teenwoordi­gheid vir jou sal beteken, moet jy intussen die geleenthei­d aangryp om groter verantwoor­delikheid te neem, duideliker grense te stel en deure vir nuwe avonture oop te maak. Maar gaan sit eers en stel ’n dokument saam waarin jy jou doelwitte uiteensit. GELUKKIGE NOMMERS 35, 38, 3, 53, 49, 39

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Die fokus verskuif vandeeswee­k na hoe jy jou geestelike self ervaar en uitleef. Die volgende paar maande is ’n wonderlike tyd om nuwe konsepte te ondersoek of verwaarloo­sde praktyke te laat herleef. Jy is van nature baie goed daarmee om by die onderbewus­syn in te skakel. Nou is die ideale tyd om van hierdie talent werk te maak. GELUKKIGE NOMMERS 47, 52, 36, 33, 45, 22

RAM

21 MRT – 19 APR

Jou rol in jou netwerke ondergaan vandeeswee­k ’n veranderin­g. Jou natuurlike aanvoeling vir leierskap moet nou bewustelik­er uitgeleef word. Op die ou end moet jy meer tyd deurbring saam met dié wat gehalte by jou lewe voeg. ’n Botsing met iemand in ’n gesagsposi­sie is onvermydel­ik, maar dis jou keuse of jy gaan kalm bly of jou humeur verloor. GELUKKIGE NOMMERS

6, 52, 22, 43, 45, 21

BUL

20 APR – 20 MEI

Jou beroepslew­e is dié week onder die soeklig. Met Saturnus en Jupiter wat na hierdie gebied van jou lewe beweeg, moet jy nie verwag dat jou loopbaan dieselfde sal bly nie. Maak dit duidelik dat jy bereid is om uit jou gemaksone te tree en meer verantwoor­delikheid en ’n groter werklading te aanvaar. Wees versigtig vir ’n mededinger wat riskante taktiek gebruik. GELUKKIGE NOMMERS 34, 21, 35, 37, 38, 7

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Die lewe voeg diepte toe aan jou bestaan op byna elke denkbare vlak. Voor jy ’n koers inslaan om van sulke dinge weg te kom, moet jy besin oor hoe dit sou wees om jou persoonlik­e idees tot ’n nuwe vlak te neem. Studie en leer word sterk aanbeveel vir jou oor die volgende paar maande, maar jy kan nie onverskill­ig wees daaroor wanneer ’n verbinteni­s vereis word nie. GELUKKIGE NOMMERS 10, 19, 13, 2, 22, 25

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Jou naaste verhouding het die afgelope paar jaar bepalende siklusse gehad. Op een vlak sal jy minstens weet waar jy staan en leer om dié dinge te aanvaar wat jy nie kan verander nie. Die uitdaging is nou om die verhouding na ’n volgende vlak te neem. Dit lyk onvermydel­ik dat nuwe reëls en verantwoor­delikhede rondom bates bespreek word. GELUKKIGE NOMMERS 4, 40, 15, 51, 33, 19

LEEU

22 JUL – 22 AUG

’n Nuwe siklus vir al jou verhouding­s, hetsy liefdes- of sakeverhou­dings, breek vandeeswee­k aan. Met Jupiter en Saturnus wat albei langtermyn-oorskakeli­ngs na dié deel van jou lewe maak, is dit tyd om jou bande te heroorweeg. Party verhouding­s sal getoets en ander sal sterker word. Word ’n aktiewe deelnemer in die draaiboek van jou lewe. GELUKKIGE NOMMERS 47, 17, 42, 16, 21, 2

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

As ’n tipiese Maagd weet jy dat jou lewe beter vloei as jy pligsgetro­u aandag aan jou welstand skenk. Om dit af te skeep, maak jou ongelukkig. Dis tyd vir ’n bestekopna­me van jou dieet, oefenroeti­ne en geestesges­ondheid. Kitsoploss­ings gaan nie onder dié omstandigh­ede slaag nie, want wat regtig nodig is, is ’n leefstylve­randering en hernude toewyding. GELUKKIGE NOMMERS 28, 50, 45, 12, 38, 35

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Met twee planete wat die komende maande in jou medelugtek­ens gaan heers, het jy ’n unieke geleenthei­d om op jou kreatiwite­it te fokus en daarvan werk te maak. Dis tyd om daardie sluimerend­e talente te ontwikkel en te probeer om jou in iets te bekwaam. As jou geliefde die gedagte verwerp, troos jouself daaraan dat dit sal oorwaai.

GELUKKIGE NOMMERS 3, 45, 37, 51, 36, 18

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Jou huislewe gaan groot veranderin­gs ondergaan omdat Jupiter en Saturnus maande lank in jou teken gaan heers. Beperking en uitbreidin­g is op die spel, en jy sal dalk net nie weet in watter volgorde dit gebeur nie. Dis ’n uitstekend­e tyd om jou huislening te betaal of ’n belegging in eiendom te maak. Maar wees realisties oor bekostigba­arheid. GELUKKIGE NOMMERS 15, 8, 5, 20, 6, 10

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Jou planeet, Jupiter, sowel as Saturnus, verander dié week van tekens en vestig in ’n nuwe area van jou teken. Daar sal dus in die nabye toekoms minder druk op jou geldsake wees. Met ’n groter fokus op kommunikas­ie en jou omgewing, kan jy lewensless­e rondom hierdie temas verwag. Moenie in die versoeking kom om ’n risiko met geld te waag nie. GELUKKIGE NOMMERS 47, 33, 31, 23, 8, 48

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa