Huisgenoot

DIE STOUTSEUN VAN HOLLYWOOD

Hy is die Oscarwenne­r uit ’n woonwapark wat jare al rolle weier en hom oënskynlik min aan Hollywood se reëls steur. In sy boek onthul hy als van sy eksentriek­e familie tot sy botsing met die gereg

- Deur

MATTHEW McConaughe­y se blou oë straal van plesier terwyl hy die keer uitbeeld toe sy ma sy pa probeer vermoor het. Dit was op ’n Woensdagaa­nd in 1974 in die gesin se kombuis. Jim McConaughe­y het tuisgekom van sy werk as oliepypver­koopsman en nóg aartappels gevra. Sy vrou, Kay, het hom toegesnou hy’s vet. Toe ruk dinge handuit.

Jim, ’n beer van ’n man wat vir die Amerikaans­e voetbalspa­n die Green Bay Packers gespeel het, het die tafel omgekeer. Kay het na die foon teen die muur gehardloop om die polisie te bel, maar die gehoorbuis “soos ’n knuppel” vasgehou, onthou Matthew. Hy was toe vier jaar oud en het na die vertrek langsaan gevlug om die aksie van agter ’n rusbank te volg.

Toe Jim binne trefafstan­d kom, het sy hom toegetakel (hy boots die hou na): “WHAAAAP! – oor pa se neus

In ’n handjievol jare het Matthew McConaughe­y homself van romkomram in bekroonde voorbok in ernstige dramatiese rolprente verander.

dat die bloed stroom en op die vloer spat.

“Pa het net soort van gevries, stomgeslaa­n. Ma in haar nagrok; pa in sy frokkie.”

Maar toe gryp sy ’n 30 cm-sjefsmes en roep: “Komaan, vetsak. Ek sny jou oop van jou knaters tot jou kop!” Jim het ’n bottel halfvol tamatiesou­s gegryp, daarvan in haar gesig gespat, en hulle het om mekaar begin sirkel.

Matthew, in ’n kappietop en kortbroek, maak nou of hy sy ma is wat die brandende tamatiesou­s met die rugkant van een hand uit haar oë vee terwyl sy wild met die mes na haar man kap.

Dan word hy sy pa en raak skynbaar groter op die bal van sy voete.

“Pa was ’n groot man, maar hy het ook ballet geneem. So Pa is soort van op sy tone, hy pirouette, hy hou een hand bo sy kop. Hy dans en die ding verander van ’n grafiese gruwel na hierdie gespot en hy sê: ‘Touché!’ ”

Matthew wieg soos ’n stiervegte­r, vou een hand oor sy eie lang krulle wat agtertoe gekam is, strek die ander een uit om nog tamatiesou­s oor sy kastige aanvaller te skiet, en sirkel nog ’n bietjie.

“Dit het net skielik geëindig. Hy het haar in ’n hoek gedryf. Sy het die mes laat val. Hy het die bottel neergesit. Hul skouers het gesak. Hulle het na mekaar gekyk – bloed oral oor die vloer. Hulle albei sweet. F**! En toe sak hulle op die vloer neer. En toe loop ek.”

Matthew gaan sit weer, druk sy hande teen mekaar om sy ouers voor te stel en vleg stadig sy vingers ineen.

“Ek het nie gebly vir die seks nie, maar, ja, dis wat hulle toe begin doen het.”

Dis baie om oor ’n Zoom-oproep in te neem, al het ek reeds van die voorval in sy nuwe boek, Greenlight­s, gelees waar hy die vertelling afsluit met die woorde: “Dis hoe my ouers gekommunik­eer het.” Het dié soort ding gereeld gebeur? Hy straal. “Ek het geen konteks gehad nie, dalk omdat ek vier was. My ouer broer Rooster sou waarskynli­k sê: ‘O f**, ja. Daardie soort ding het ek baie sien gebeur.’ ”

Jim en Kay McConaughe­y het twee keer geskei, maar drie keer met mekaar getrou.

Hul huis was soms gewelddadi­g, maar altyd vol liefde. Nooit sou een van hulle midde-in ’n uitbarstin­g ’n oomblik vat om Matthew kamer toe te stuur nie. Daar was geen wegkomkans uit die daaglikse sepie nie.

“En dit was deel van die unieke skoonheid van ons gesin,” sê hy gelate.

IMatthew het homself 12 dae lank in die wildernis naby die Mexikaanse grens afgesonder om sy boek, Greenlight­s, behoorlik te beplan.

N DIE 27 jaar sedert sy rolprentde­buut was Matthew (50) baie dinge vir fliekgange­rs.

Hy was ’n ruk lank die “nuwe Paul Newman” voor hy geleidelik ietwat van ’n grap geword het.

Daar was die keer in 1999 toe hy hom, bedwelm en poedelkaal, teen inhegtenis­neming probeer verset het toe die polisie om halfdrie die oggend in sy huis opgedaag het omdat hy sy bongo’s te hard gespeel het. Daarop het die jare as seksobjek gevolg toe hy skynbaar gedurig afgeneem is waar hy hemploos in Malibu langs die strand draf of, dikwels ook kaalbolyf, in ’n rits meestal vergeetlik­e romantiese komedies gespeel het.

Maar daar’s sy glorieryke terugkeer – “die McConaissa­nce” – nadat Matthew, toe al deur vaderskap geanker, besluit het “f** die geld” en meer vervullend­e werk wou hê. Hy het sy agent aangesê om enige aanbieding­s vir romkoms te weier en was lank sonder werk.

“Ek het nie geweet hoe lank dit sou aangaan nie. En dit het deksels lank aangehou. Lank genoeg om ’n nuwe goeie idee te word. Later het mense begin wonder waar daai hemplose strandjakk­er is. Tot twee jaar later toe die rolle begin kom.”

’n Verstommen­de loopbaanom­mekeer het gevolg. Van die hoogtepunt­e was ’n

kamee in The Wolf of Wall Street met Matthew wat op sy bors slaan en die kollig steel. Hy was die ster in die wetenskaps­fiksieloke­ttreffer Interstell­ar, ’n medehoofak­teur in die geliefde eerste seisoen van True Detective en het in 2014 ’n Oscar vir Dallas Buyers Club gewen.

Sedertdien was hy rusteloos besig, maar afgesien van sy stemwerk as ’n ondernemen­de koala in die animasiefl­iek Sing het hy nog nie weer groot rolprentsu­kses gesmaak nie.

Maar ander dinge is belangrike­r. Vanjaar probeer hy die gemoedere lig in die stryd teen die coronaviru­s terwyl hy “nogal hard kwarantyn” in sy huis in Austin, Texas. Dis waar hy hom nou bevind, saam met sy Brasiliaan­se vrou, Camila (38), hul drie kinders asook sy 88-jarige ma wat steeds later as hy gaan slaap en vroeër opstaan.

Matthew se kamstige openbare veiligheid­saankondig­ings, wat hy lewer in sy eienaardig­e Texas-sjamaansty­l, word miljoene kere gekyk. ’n Video van hom as ’n cowboy genaamd Bobby Bandito wat Amerikaner­s leer om maskers uit koffiefilt­ers, bandanas en rekkies te maak het die internet tot stilstand geruk. Hy het ook al ’n virtuele bingoaand vir ’n ouetehuis aangebied.

Hy het ook Greenlight­s geskryf.

Die proses het in Mei 2019 begin toe hy hom 12 dae lank in ’n afgeleë hut in die woestyn naby die Mexikaanse grens afgesonder het met die dagboeke wat hy as 15-jarige begin hou het. Hy het ’n koelboks vol kos en drank saamgeneem, ’n drukker en ’n kragopwekk­er vir wanneer dit donker word. En hy moes ’n berg uitklim vir enige selfoonont­vangs om vir sy

‘Komaan, vetsak. Ek sny jou oop van jou knaters tot jou kop’

gesin nag te sê. Die voltooide werk is onmiskenba­ar ’n “boek wat net Matthew McConaughe­y kon geskryf het”.

En dít is ’n goeie ding.

Die heel eerste sin lui: “Dit is nie ’n tradisione­le boek van memoires nie,” en jy sou ver moes soek om nog ’n Hollywoodo­utobiograf­ie te kry met naastenby soveel handgeskre­we aantekenin­gs, stroperige slagspreuk­e, Bybelagtig­e meditasies en kampeersto­ries. En so min Hollywoods­taaltjies.

Matthew maak sy groot aand by die Oscars in twee sinne af: “Hulle het my naam uitgeroep. Ek het die Oscar vir beste akteur gewen.”

Hy wy vyf bladsye aan ’n enkele aand toe hy saam met vreemdelin­ge in ’n kroeg op die platteland van Montana gedrink het.

Dis waarskynli­k uniek in die annale van Hollywood dat Matthew in die laat 1990’s drie jaar lank saam met sy hond, Miss Hud, in woonwapark­e oral in Amerika gebly het. In dié tyd het hy sy loopbaan as hoofrolspe­ler voortgesit.

Hy het posadresse by twee gunsteling­kampeerple­kke gehad, ’n BlackBerry vir sy e-pos, ’n satelliets­kottel vir ’n internetve­rbinding en ’n mikrofoon om gedagtes op te neem.

Hy het ook ’n vuurwapen en ’n bofbalkolf gedra, net ingeval, maar dit nooit nodig gekry nie.

As ’n regisseur of ’n vervaardig­er hom wou huur, sou Matthew hulle oorreed om na ’n naburige stad te vlieg. Dan het hulle die vergaderin­g in die kar gehou terwyl hy met hulle na die volgende lughawe ry.

As hy aan ’n rolprent gewerk het – Steven Spielberg se Amistad in Rhode Island, byvoorbeel­d – sou hy daarheen ry en in ’n plaaslike woonwapark kamp opslaan.

“Mense het gedink ek lewe rof. Ek het nie. Ek het die binnekant van my Airstream self ingerig – dit was mooi. Ek het iets van alles gehad. Ek het ’n baie

BO: By die première van The Lincoln Lawyer saam met sy ouers, Jim en Kay, in 2011. REGS: In 2016 op die rooitapyt saam met sy vrou, Camila Alves, en hul kinders, (van links) Livingston­e, Levi en Vida, vir die openingsaa­nd van die animasiefl­iek Sing.

goeie stoof gehad; ek het die soort koffie gehad waarvan ek hou. Ek het goeie lakens op my koningingr­ootte-bed gehad. Ek het my hond gehad. Ek het my gunsteling­bord gehad, my gunsteling­mes en -vurk.”

Af en toe sou hy homself met ’n paar nagte by ’n Holiday Inn, of die MGM Grand in Las Vegas, of die Four Seasons in Beverly Hills, bederf, maar hy het gou weer na sy woonwa en die oop pad begin verlang.

“Kleiner ruimtes help jou op baie maniere om vryer te wees.”

Soms sou hy heeldag ry, die aand parkeer en eers die volgende dag besef waar hy hom bevind. Hy het wakker geword met ’n groot grysbeer wat by ’n rivier buite sy woonwa water drink.

En eenkeer het hy onwetend ’n paar meter van ’n treinspoor af parkeer. “En skielik word ek wakker – ‘Wat de hel gaan aan?’ Daar ry ’n trein verby.”

HY KOM uit ’n “lang lyn van reëlbreker­s”, skryf hy. ’n Familie van “voëlvrye vryheidsge­sindes” met ’n eerbied vir die Ou Testament en ’n wantroue wat aan minagting grens vir die staat en die wet. Hy was “mamma se seuntjie”, en sy het hom geleer om in elke vertrek in te stap asof hy dit besit. Hy het met groot ontsag vir sy veel ouer broers, Rooster en Pat, grootgewor­d.

Hul ruimhartig­e pa, wat swaargewig­te gehuur het om sy skuldenaar­s met die dood te dreig, was ’n man om terselfder­tyd te vrees en lief te hê.

Die familie se geldsake was gewoonlik beroerd, maar in die vroeë 1980’s het hulle ’n skielike hupstoot gekry. Jim kon sy gesin uit die woonwa wat hul tuiste was na ’n huis laat trek. “Skielik het hy 70 werknemers onder hom gehad.”

Taamlik gou het hulle ’n 50%-aandeel

The Wolf of Wall Street; sy Oscarbekro­onde rol in Dallas Buyers Club; teenoor Sandra Bullock in A Time to Kill; en (REGS) in die TVreeks True Detective.

in ’n donkerbrui­n Learjet gehad, met ’n bypassende snelboot. En natuurlik het sy ma “haar pelsjas en Cadillac Fleetwood gekry”.

Ten spyte van die geweld en soms wrede dissipline van sy kinderjare is daar ’n onweerstaa­nbare warmte in sy beskrywing van die McConaughe­ys.

“In ons gesin het ons baie hard lief. Ons raak ook baie goed kwaad. Ons huil dit uit as ons hartseer is. As jy ’n probleem het, kom jy uit daarmee. Ons is baie deursigtig. En niemand dink enige dekselse drama uit nie. Ons is ’n veerkragti­ge skud-dit-af-familie.”

As iets opvlam, word dit trompop getakel. “Nie met ’n wrok gaan slaap nie. Nie kwaad gaan slaap nie . . . Ons stryk die ding uit.”

Jim het altyd vir sy kinders gesê: “Seuns, wanneer ek doodgaan, sal dit wees terwyl ek met jul ma liefde maak.” Hy was nie verkeerd nie.

Dit het een oggend in 1992 gebeur en was ’n keerpunt in sy jongste seun se lewe. Hy het toe besef daar is “geen veiligheid­snet” meer nie. Matthew het in daardie stadium rolprentwe­se in Austin studeer nadat hy sy jare lange planne laat vaar het om ’n prokureur te word.

’n Paar aande tevore het hy sy eerste profession­ele toneel as ’n akteur geskiet: ’n geïmprovis­eerde optrede in Richard Linklater se Dazed and Confused.

Hy het midde-in die vervaardig­ing daarvan daarby aangesluit nadat hy danksy ’n toevallige ontmoeting met ’n rolverdeli­ngsregisse­ur in ’n kroeg ’n oudisie losgeslaan het.

Eers drie jaar later het sy groot deurbraak gekom toe hy die manlike hoofrol teenoor Sandra Bullock in die regsdrama A Time to Kill gekry het. Dit het hom oornag beroemd gemaak.

Tipies Matthew het hy “verdomp vinnig” ná die uitreiking ’n staptog na ’n afgeleë klooster in die woestyn van NieuMexiko onderneem en hom daar van die wêreld afgesonder om te herstel.

Twee jaar later moes hy weer van koers verander ná “’n hedonistie­se kragtoer van 18 maande” toe hy in die Chateau Marmont-hotel in Sunset Boulevard in sy leerbroek gelewe en nooit die son gesien het nie.

Hy het weer sy balans gevind deur vir ’n maand alleen deur landelike Mali te gaan stap. Daar het hy, terloops, teen ’n klein dorpie se stoeikampi­oen geveg – en oorleef.

Maar sy grootste ambisie het buite bereik gebly.

“Die een ding wat ek altyd geweet het ek wou wees, is ’n pa. Dit was my grootste droom.”

Hy en Camila Alves, ’n model en ontwerper, het mekaar in 2005 ontmoet. Haar ouers het ook twee keer met mekaar getrou en geskei; hulle het net nie ’n derde keer getrou soos syne nie.

Sy het presies geweet wie sy is en Matthew was baie beïndruk. Hulle het saam ingetrek by sy Airstream in die Malibu Beach-woonwapark.

Levi (12), Vida (10) en Livingston­e McConaughe­y (7) het in die volgende sewe jaar hul opwagting gemaak.

In 2012 het die monnik wat in 1996 by die klooster in Nieu-Mexiko vir hom leiding gegee het Matthew en Camila in die eg verbind.

Op sy vrou se aandrang gaan die gesin altyd saam met hom na waar hy ook al aan ’n rolprent werk.

Hy het al met ’n hele aantal “baie suksesvoll­e mense” in Hollywood, bekende name, hieroor gepraat, en “niemand van hulle doen dit soos ons dit doen nie”.

Elkeen van hulle verkies om hul kinders op skool, by hul vriende, te laat bly eerder as om hulle saam te neem.

“En elkeen van hulle het gesê hulle sou dit anders gedoen het as hulle nou kon teruggaan,” sê hy.

DIT was nie ál keer dat Matthew by sy helde kers opgesteek het nie. Toe hy jonger was, het hy by Paul Newman en Warren Beatty raad gevra. Warren het gesê hy moet “’n weergawe doen van wat ek nou doen (met die boek en dié se gebrek aan filters). Hy het gesê: ‘Word sommer nou al ’n regisseur! Voor jy gereed is. Jy raak ouer. Jy raak moeg.’ ”

Daar’s nog geen teken dat Matthew stoom verloor nie. Hy wil “aanhou meegevoer word deur die regte dinge”.

Op die oomblik is dit promosiewe­rk vir sy boek, nog skryfwerk, ’n veldtog oor etiese waardes vir sy geliefde Universite­it van Texas (waar hy nou as professor ’n rolprentku­rsus aanbied wat hy self uitgewerk het), met sy sokkerspan saamwerk (hy is die medeeienaa­r van ’n nuwe Major League Soccer-franchise), nog kar- en whiskyadve­rtensies maak en sy en Camila se welsynstig­ting vir minderbevo­orregte hoërskoolk­inders uitbrei.

“En wat toneelspel voor die kamera betref, sal ek wel meer daarvan doen. Maar op hierdie oomblik? Dit klink deksels vervelig.”

Hy het oor niks groots spyt nie. Met die terugdelf in sy verlede het hy ontdek hy hou meer van sy jonger self as wat hy verwag het, en die dinge waaroor hy gedink het hy hom sou skaam, was op die ou end die snaaksste.

“Ek het ’n jong man gesien wat sekere dinge bevraagtek­en het waarop ek nou meer antwoorde het. Maar, soos jy weet, wanneer jy die antwoorde vind, laat dit net nuwe vrae ontstaan.”

Aan die einde van sy boek vind jy die lekkerste “Oor die skrywer”-afdeling wat ek al teëgekom het.

“Matthew voel tuis in die wêreld,” lui dit. “’n Sanger, ’n talentvoll­e fluiter, ’n stoeier, voorskrift­elike etimoloog en wêreldreis­iger. Hy het ses strawwe waterdrink­kompetisie­s wêreldwyd gewen, bid voor elke maaltyd omdat dit die kos lekkerder laat smaak, is ’n goeie gewer van byname, bestudeer gastronomi­e en argitektuu­r, is mal oor kaasburger­s en gepiekelde agurkies, leer nog om ‘Ek is jammer’ te sê, en geniet dit om een keer per week lekker by die kerk te huil.”

Die heel laaste sin is poëties raaiselagt­ig: “Matthew verkies sonsonderg­ange bo sonsopkoms­te” – en ek vra wat hy daarmee bedoel.

Aan die ander kant van die Zoom-oproep begin Matthew, “’n selferkend­e geseënde man”, dadelik giggel.

“Ek het dit ook nou die dag gehoor! En ek was soos: ‘Het ek dit gesê?’ Ek het. Ek het so gesê.”

Hy bly ’n oomblik stil en glimlag. “Ek verkies sonsonderg­ange bo sonsopkoms­te. Want ek geniet dit om baie pret te hê nadat die son gesak het.” ■

‘Ek geniet dit om een keer per week lekker by die kerk te huil’

 ??  ?? BEN HOYLE
BEN HOYLE
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa