Huisgenoot

BEDREIG DEUR ’N VLAMMEHEL

Diere is die slagoffers van brande sonder ophou in die Brasiliaan­se reënwoude – en die mensdom is dalk die volgendes wat daaronder sal ly

- Deur UESLEI MARCELINO

IN DIE stad aan die rand van die enorme woude van die Amasone klou Xita, ’n piepklein apie met hartseer bruin ogies, haar pasgebore kleinding styf vas. Albei veg om hul lewe. Besorgde veeartse in ’n kliniek in Porto Velho, Brasilië, vermoed die apies is die slagoffers van die verwoesten­de brande in die wêreld se grootste en belangriks­te reënwoudst­elsel. Hulle is klaarblykl­ik deur ’n motor raak gery toe hulle voor die vlamme gevlug het.

“Sy is skreeuend, bloedbesme­er en getraumati­seer hier aangebring,” vertel Carlos Henrique Tiburcio, die eienaar van die kliniek, terwyl hy die diertjies in ’n klein wit lap toedraai.

Hy en sy span doen alles wat hulle kan om diere van die Amasone te red van die nimmereind­igende brande wat die afgelope jare deur veeboere, houtkapper­s en eiendomspe­kulante gestig word.

Die brandstigt­ing is ’n verwoesten­de manier om die woud vir eie gewin te ontbos. Sterk winde veroorsaak dan ook wegholbran­de wat op droë plantmater­iaal teer.

Die Amasone se unieke diere is die groot slagoffers en word dikwels beseer of sterwend na Carlos-hulle gebring. Die kliniek se vier vrywillige­rs het hul hande vol.

“Dié tyd van die jaar, wanneer brande ’n voortduren­de bedreiging is weens die afwesighei­d van reën, is die diere desperaat om van die brande te ontsnap. Hulle beland in die stad, waar hulle dikwels raak gery of gevang word,” sê Marcelo Andreani. Dit is sy werk om die beseerde diere in die stad te red en na die kliniek te bring vir versorging. “Mense se respek vir die natuur neem af,” kla Marcelo, wat vir die staat se omgewingsp­olisie werk.

Nadere ondersoek toon dat Xita, ’n Rondon-klouapie, ’n traumaties­e breinbeser­ing het. Sy word toegedraai en gevoed en haar toestand verbeter stadigaan.

Maar haar pasgebore kleintjie het nie oorleef nie.

BRANDE in die Brasiliaan­se Amasone het in die eerste nege maande van 2020 met 13% toegeneem. Dis die ergste voorkoms van brande in hierdie reënwoudst­reek, bekend as die groen longe van die planeet, in 10 jaar.

Satelliete het in September vanjaar 32 017 brande in die reënwoude van die land waargeneem. Dis 61% meer as in dieselfde maand in 2019, berig The Guardian.

In 2019 het verskeie staatshoof­de die Brasiliaan­se regering verdoem omdat die Amasone nie beskerm word nie.

Joe Biden, die aangewese Amerikaans­e president, het die internasio­nale gemeenskap gevra om R300 miljard te bewillig om die vernietigi­ng van die woude te keer. Hy het Brasilië ook met “ekonomiese gevolge” gedreig as die brandstigt­ing nie bekamp word nie.

Die welvaart van die Amasone is belangrik vir ons planeet. Dis 8 miljoen vierkante kilometer groot – die hele Australië kan daarin pas. Die biodiversi­teit van die streek is verstommen­d en uniek, berig The Conversati­on.

“Die woude absorbeer die oortollige koolstofdi­oksied in ons atmosfeer en help om die wêreld se klimaat en reënval te stabilisee­r. As die brande in die Amasone

Carlos Henrique Tiburcio, eienaar van die diereklini­ek in Porto Velho, behandel ’n valk wat voedselver­giftiging opgedoen het.

Ná die operasie neem een van die veeartse Linguaruda huis toe om haar beter te kan versorg. Daar besluit die dier die wasbak is die ideale rusplek.

Binne vyf dae het Linguaruda tot haar redders se vreugde genoeg aangesterk.

In ’n ongerepte deel van die woud laat hulle haar langs ’n grondpad vry, en sy klouter sonder huiwering oor die boomwortel­s en ander plantegroe­i.

Vir Carlos-hulle is dit dié oomblik wat alles die moeite werd maak.

“Ons persoonlik­e en profession­ele bevredigin­g is enorm wanneer ons daarin slaag om ’n lewe te red – veral wanneer ons dit regkry om ’n dier te rehabilite­er en na die natuur terug te neem.”

Binne minute sluk die woud Linguaruda weer in. Die span ry terug kliniek toe – daar is altyd nuwe pasiënte. ■

 ??  ?? Marcelo Andreani red beseerde diere in Porto Velho, Brasilië, en neem hulle na ’n kliniek waar hulle behandel word. Hier versorg hy ’n miervreter met ’n gebreekte poot.
Marcelo Andreani red beseerde diere in Porto Velho, Brasilië, en neem hulle na ’n kliniek waar hulle behandel word. Hier versorg hy ’n miervreter met ’n gebreekte poot.
 ??  ??
 ??  ?? © REUTERS
Marcelo ondersoek ’n tapir wat hy gered het.
© REUTERS Marcelo ondersoek ’n tapir wat hy gered het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa