Huisgenoot

NOEM MY DOKTOR NAR!

Klara van Wyk is die eerste Suid-Afrikaner met ’n doktorsgra­ad in narkunde. En sy glo dis ’n veld waarby die samelewing kan baat vind

- Deur

LAG is die kortste afstand tussen mense; die genesingsk­rag van lag moet nooit onderskat word nie. As iemand soos Klara van Wyk sulke sienings met jou deel, luister jy graag, want die veelsydige Johannesbu­rger kan as Suid-Afrika se eerste lagdoktor beskou word. Trouens, sy het ’n doktorsgra­ad behaal oor die dinge wat ons laat lag.

Sy is bekend as een van die kunstenaar­s in die narrespel Babbelagti­g en vir haar eenvrouver­tonings as die bekkige hoërskoolm­eisie Pretina de Jager. Laasgenoem­de het ten spyte van haar swak Engels ’n mening oor alles en skroom nie om boelies trompop te loop nie.

Maar vanjaar het Klara haar doktorsgra­ad aan die Universite­it Stellenbos­ch behaal. Sy is die eerste Suid-Afrikaner wat haar so in die minder bekende teatervorm bekend as clowning, oftewel narrery, verdiep. Dis nou haar passie, maar sy’t met ’n ompad daarin beland, sê Klara (29) toe ons haar by die Montebello­ontwerpsen­trum in Nuweland ontmoet.

“Ek het altyd geweet ek wil in die teater wees. Ek het eerste by Wits drama studeer. Een van my vakke was narkunde.”

Die Klara wat ons van haar ongewone loopbaanke­uses vertel, is die teenpool van haar Pretina-skepping wat as “fashun advisor” al baie oë met haar uitrusting­s en haarstyle laat traan het. Die aktrise, akademikus en onderwyser­es is so ingetoë en rustig in haar geruite hemp, donkerblou kuitbroek en wit aanglipsko­ene soos wat Pretina over the top is.

Sy laat glip sy het in die Kaap kom draai om saam met haar verloofde, Gerrie van Wyk (“ons het dieselfde van”), na trouplekke te kom kyk vir hul groot dag aanstaande Junie. “Hy’s ’n ingenieur, en ek ’n nar; so ons kan soms koppe stamp,” lag sy. “Maar ons werk goed as ’n span saam; ons gaan al sewe jaar uit. Dis nou tyd.”

Sy het haar honneurs by Wits voltooi “en daarna my meesters in teaterskep­ping aan die Universite­it van Kaapstad. En dis waar ek begin het met Pretina en You Suck. Dit was eers ’n klein optrede van vyf minute wat ek net vir die klas gedoen het.” Maar dit het mettertyd in ’n uur lange produksie ontwikkel.

“Eindelik het ek toe my Ph.D. op Stellenbos­ch gedoen. Daar was tye dat ek nie geweet het hoe ek daardeur gaan kom nie,” erken sy laggend. “Maar dit was wonderlik om iets waaroor ek so passievol is so diep te kon ondersoek.

“Die Deens-Amerikaans­e komediant Victor Borge het mos gesê lag is die kortste afstand tussen twee mense. Dit bring mense altyd bymekaar.”

Van gr. 1 aan die Laerskool Fairland in Randburg was sy in “duisend kunswedstr­yde”, vertel Klara. Haar ma, Karin, het haar al die jare aangemoedi­g en ondersteun. “Sy’s ’n skeppende siel en het in die advertensi­ewêreld gewerk.

“En my pa was in Trompie.” Albert van Wyk het as kind in dié bekende TV-jeugreeks verskyn. Dit was nie ’n groot rol nie, “maar hy’t later baie radioreeks­e gedoen. Vandag doen hy marknavors­ing.”

In haar hoërskoolj­are is sy na die Engelstali­ge privaat skool Trinityhou­se. “Ek was ’n taamlik normale kind, maar bewus van die geboelie onder tieners. Ek het dit self ervaar, en dit was waarskynli­k ’n impuls vir van my latere werk.”

Al het dit mense van alle ouderdomme laat lag en nadink, was haar bekroonde Pretina-eenvroustu­k You Suck (And Other Inescapabl­e Truths) en die Afrikaanse weergawe, You suck (en ander afgryslike waarhede), hoofsaakli­k op hoërskoolk­inders gemik. “Ek het dit omtrent honderd keer by skole opgevoer,” sê sy.

“’n Geboelie is die siekte van ons tyd, en dis vir my belangrik om kinders leiding daaroor te gee. Die sosiale media speel ’n massiewe rol daarin; om jouself met ander te vergelyk het ’n verslawing geword.”

By Wits was Gerard Bester haar dosent in die vak narkunde en ’n “ongeloofli­ke” leermeeste­r, sê Klara. “Een van sy jaar

eindopdrag­te was dat ons onvoorbere­id die strate moes invaar en iets snaaks moes laat gebeur, terwyl die mense op straat die gehoor word.”

Op pad na haar doktorsgra­ad het sy by die Franse meesternar Philippe Gaulier in Étampes buite Parys gaan kers opsteek. Die moderne nar Sacha Baron Cohen (van Borat-faam) het Philippe in 2001 beskryf as “die snaaksste man wat ek ooit ontmoet het”. Maar Philippe (77) is ook bekend as ’n meedoënlos­e leermeeste­r.

“Een van sy belangriks­te idees is dat waar ’n komediant mense met slim grappe laat lag mense vir jou as nar lag vir jou en jou mislukking­s,” sê Klara. “As jy probeer ‘oulik’ wees, soos Philippe dit stel, skop hy jou van die verhoog af. Hy gee jou vyf sekondes om iets te doen wat snaaks is, en as jy nie snaaks is nie, sal hy jou, wel, hulle noem hom nie verniet Die Folteraar nie.

“Tydens my Ph.D. het ek besef hy speel die whiteface-nar. In sirkusse kry jy die whiteface-nar en die auguste-nar, en hulle werk saam. Eersgenoem­de is altyd sterker en laasgenoem­de delf die onderspit in die grap. Philippe maak jou die auguste-nar tot jy iets simpels doen en almal vir jou lag.” So ontdek jy dus jou ware nar wat ander snaaks vind.

Vir haar doktorsgra­ad was dr. Jon Davison van die Royal Central School of

Babbelagti­g.

Speech and Drama in Londen en dr. Samantha Prigge-Pienaar van die Universite­it Stellenbos­ch se dramadepar­tement haar studieleie­rs. “Hy’s tradisione­ler met geweldig baie narrekenni­s, en sy is ’n baanbreker wat nuwe navorsings­metodes betref. Hul verskillen­de benadering­s het my gehelp om onafhankli­k te dink en my eie middeweg te vind.”

DIE narrenavor­ser het SuidAfrika as Pretina laat skater, maar ook baie jong mense so al laggend die uitdagings help navigeer waarmee tieners worstel. “Pretina is ’n parmantige tiener. Sy maak asof sy nie omgee wat mense van haar dink nie, maar aan die binnekant gee sy om. Sy kom uit ’n konserwati­ewe, beskermde agtergrond en probeer die

By haar verloofde, Gerrie van Wyk. “Ons is deur heelwat voor- en teëspoed, en deur alles bly ons die beste spanmaats,” sê sy. lewe vanuit daardie ruimte navigeer. En onvermydel­ik misluk sy. Sy’s Afrikaans, praat sleg Engels, en toe haar ma haar in ’n Engelse skool sit, doen sy als verkeerd.

“Pretina is ’n simbool van ons almal wat ’n goeie indruk wil maak; nie ’n bespotting van onsself nie, maar sy doen dit elke keer. En die grootste ding waarop narrery steun, is juis mislukking.

Klara, wat benewens klassieke narre soos Charlie Chaplin en Peter Sellers ook moderne narre soos Sacha, Rowan Atkinson en bowenal Natalie Palamides as gunsteling­e uitsonder, gee die afgelope maande Afrikaans en Engels aan die Vuleka St Joseph’s-skool in Sophiatown.

“My leerders is my inspirasie met hul vreesloosh­eid en aanpasbaar­heid. Ek kyk ook hoe ek die nartegniek­e wat ek geleer het in die klaskamer kan aanwend. Dis deel van my postdoktor­ale navorsing.”

Sy werk tussendeur aan ’n nuwe vertoning vir 2021 waarin sy dalk covidtemas sal bytrek. En dan is Klara steeds deel van die Babbelagti­g-ensemble.

Haar droom is dat moderne narrekuns mense sal help om hul kwesbaarhe­de en mislukking­s te aanvaar en sodoende selfaanvaa­rding aan te spoor.

“Ons wêreld is so op volmaakthe­id ingestel: die perfekte voorkoms, die perfekte Instagramp­rofiel. Baie van ons voel nie goed genoeg nie. Maar sodra jy daardie honger na volmaakthe­id laat vaar en ’n manier kry om oor jouself en jou foute te lag, kan jy jou kreatiwite­it ook meer uitleef,” glo Klara.

“Alle kulture het narre, en van die hofnarre se tyd af was hul rol om die waarheid uit te wys. Hulle hou ’n spieël vir die gehoor op sodat hulle kan sien wat regtig aangaan. En omdat narre hulself in die visier plaas, is dit ’n veilige manier om die waarheid te ontbloot.” ■

 ??  ?? RICHARD VAN RENSBURG
RICHARD VAN RENSBURG
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die lagdoktor Klara van Wyk as haar karakter Pretina. BO: Sy het onlangs in Kaapstad gekuier en met Huisgenoot gesels. REGS: Saam met Thami Baba, Roberto Pombo en De Klerk Oelofse (voor) in die narrespel
HOOFFOTO: Die lagdoktor Klara van Wyk as haar karakter Pretina. BO: Sy het onlangs in Kaapstad gekuier en met Huisgenoot gesels. REGS: Saam met Thami Baba, Roberto Pombo en De Klerk Oelofse (voor) in die narrespel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa