Huisgenoot

OPLAAS: GEHEIME UIT CLOONEYLAN­D

- Geseënd. Noem drie dinge waarsonder jy nie kan leef nie? Kos, my foon en God. Ek gaan beslis tyd saam met my gesin bestee.

NICI DE WET

HY IS een van die aantreklik­ste mans in Hollywood met genoeg sjarme om die ysigste hart te laat smelt. Sý is een van die slimste en stylvolste regskenner­s ter wêreld. Saam is hulle ’n skittergou­e paar. Maar daar is wel nog ’n woord wat George en Amal Clooney beskryf: ontwykend.

Terwyl ander sterre gereeld – opgetof of in gewone klere – in die openbaar verskyn en terwyl bekende paartjies dikwels saam afgeneem word, word dié twee selde saam gewaar.

Dink ’n bietjie: Wanneer laas het nuwe foto’s van hulle êrens verskyn?

Daar was nie vanjaar foto’s waarop hulle op uitstappie­s in die buitelug, winkel toe of na ’n restaurant gaan nie, en noudat die wêreld so te sê tot stilstand gekom het ook g’n glansryke rooitapytv­erskynings by deftige rolprentpr­emières nie.

En wat van hul tweeling, Alexander en Ella? Hul beroemde ouers het nie eens ’n foto of twee op Instagram geplaas om mense se nuuskierig­heid te bevredig nie. In Clooneylan­d bestaan die sosiale media duidelik nie.

Maar al is George en Amal dalk nie in die openbare oog nie, beteken dit nie hulle hou hulself nie met belangrike dinge besig nie – in haar geval om persvryhei­d te beskerm; en in syne harde werk aan ’n verskeiden­heid projekte, onder meer sy nuwe Netflix-fliek, The Midnight Sky.

Maar die 59-jarige Oscarwenne­r was verplig om verlede maand gesig te wys toe die tydskrif GQ hom as hul ikoon van die jaar aangewys het. En aanhangers van Gorgeous George was gelukkig: Hy het een van sy onthullend­ste onderhoude in jare toegestaan.

George kan nie uitgepraat raak oor sy Netflix-rolprent nie – sy eerste vir dié stroomdien­sreus – wat aan die einde van vandeesmaa­nd uitgereik word. Hy behartig die regie en vertolk die hoofrol in die wetenskaps­fiksieavon­tuur wat hy as “Gravity ontmoet The Revenant” beskryf.

Hy speel ’n bejaarde, eensame wetenskapl­ike by die Noordpool wat glo hy is die laaste oorlewende op aarde. Dan ontdek hy ’n groep ruimtevaar­ders wat na die aarde toe wil terugkeer, maar ’n geheimsinn­ige Armageddon-agtige katastrofe beleef.

“Ek het eintlik gedink dit was ’n baie hoopvolle rolprent,” sê hy. “Dit sê soort van: ‘Al kom ons dalk nie lewend van die

George en Amal Clooney is ongetwyfel­d een van die vermaakwêr­eld se kragpare wat glans, klas, aantreklik­heid en talent betref.

aarde af nie, kom ons dalk op die een of ander manier ongeskonde daarvan af.’ En ek het van dié idee gehou.”

Maar al is hy dalk ’n suksesvoll­e rolprentst­er, moes George ook soos menige ander ouer vanjaar bontstaan dat sy kinders nie by sy Zoom-werkoproep­e inbars nie.

Tydens sy virtuele onderhoud met GQ het die driejarige Alexander hom juis onderbreek.

Ongelukkig is geen beeldmater­iaal van die oomblik uitgereik nie, maar die onderhoudv­oerder, Zach Baron, het later die kostelike gesprek tussen pa en seun beskryf waarin George sy seun vra of hy weet hy het sjokolade aan sy gesig. “Weet jy dit? Wat is daardie? Het jy sjokolade geëet?”

Hy het ook die kleuter gevra om te sê hoe oud hy is. “Drie. Want ek het verjaar,” antwoord die seuntjie dan.

Die trotse George noem dat Alex vlot Italiaans praat – ’n vaardighei­d wat hy aangeleer het toe hulle tyd in hul tweede huis langs die Como-meer in Italië deurgebrin­g het – en vra hy moet sê: “Dit is baie warm.”

“Molto caldo,” antwoord sy seun. En dan spot George sy kinders het duidelik hul verstand van hul ma geërf.

DIS nie juis ’n verrassing dat geen beeldmater­iaal van Alex se Zoom-verskyning daarna in die media opgeduik het nie. Nie een van die tweeling is in die openbaar afgeneem sedert Desember 2018 nie – op dié foto is Amal afgeneem waar sy hulle by ’n hotel uitdra.

Die egpaar is uiters versigtig om hul kleingoed in die openbaar uit te neem, want hulle is albei by politieke sake betrokke. Verlede jaar het George gesê hy wil nie hê sy kinders moet “teikens” wees nie nadat Amal (42) ’n saak teen die terreurgro­ep Islamities­e Staat aangepak het.

“Ons het heelwat werklike, behoorlike veiligheid­skwessies wat ons daagliks moet hanteer,” het hy op Scott Feinberg se podsending, Awards Chatter, gesê. Nóg ’n uitdaging is om die alomteenwo­ordige paparazzi te vermy.

“Ons stap by die deur uit en almal omring ons. Daar is ’n prys op my kinders se kop vir ’n foto. Alles verander wanneer jy kinders het. Jy moet hulle beskerm.”

Vir eers moet ons tevrede wees met die brokkies inligting wat George af en toe verklap. Albei kinders het skynbaar hul pa se grapmakerg­eaardheid geërf. “Hulle bak reeds poetse. Hulle doen dinge soos om grondboont­jiebotter aan hul skoene te sit sodat dit soos poefie lyk,” het hy aan die nuusprogra­m Today gesê.

BO: George saam met die akteurs David Oyelowo en Tiffany Boone op die stel van LINKS: Saam met Caoilinn Springall in dieselfde fliek, waarin hy ’n wetenskapl­ike speel wat in die Poolsirkel vasgekeer is. REGS BO: Op die voorblad van die tydskrif GQ.

Terwyl sy gewoonlik die grappe aan George oorlaat, het Amal by die toekenning van die Internasio­nale Persvryhei­dsprys verlede maand haar grappige kant gewys. Toe sy die Gwen Ifill-prys van Meryl Streep ontvang, het sy gespot sy en die aktrise, wat ook ’n Oscarwenne­r en persvryhei­dsvoorstan­der is, deel ’n baie spesiale ding: haar man.

“Ek weet ek kan nooit hoop om soveel pryse soos jy te wen nie, maar ons het iets spesiaals met mekaar gemeen – ons albei was al met my man getroud,” het sy gesê met verwysing na Meryl en George se rolle as ’n egpaar in die 2009-animasiefl­iek Fantastic Mr. Fox.

Sy het bygevoeg: “En, eerlikwaar, die feit dat julle dit as Mr. en Mrs. Fox gedoen het, maak dit soveel minder ongemaklik!”

GEORGE en Amal het in September hul sesde huwelikshe­rdenking gevier, maar soos gewoonlik is daar geen ophef gemaak nie – in elk geval nie in die openbaar nie. Maar in ’n onlangse onderhoud met

CBS se Sunday Morning om vir sy nuwe rolprent voorbrand te maak kon George dit nie help om liries oor sy vrou te raak nie. “Om Amal in my lewe te hê het ongetwyfel­d als vir my verander. Dit is die eerste keer dat alles wat sý doen en alles oor háár oneindig belangrike­r as enigiets oor my is. En toe kry ons hierdie twee pampoenkop­pe,” sê hy.

Eers het hy en Amal nie daaroor gepraat om kinders te hê nie. “En toe sê ons net eendag: ‘Wat dink jy?’”

Skielik het hulle hulle in ’n dokter se spreekkame­r vir ’n sonar bevind. “Die personeel sê: ‘Julle het ’n babaseun!’ en ek sê: ‘Babaseun, fantasties!’ En hulle sê: ‘En julle het nog een daar.’

“Ek het vir een kans gesien. Ek is oud. Ewe skielik is dit twee. Ek het vir iets soos 10 minute net staan en dink: Wat?”

Maar hy sal dit vir niks ter wêreld verruil nie. “Dis baie vervullend.”

Die gesin woon hoofsaakli­k in Engeland, waar hulle ’n huis aan die oewer van die Teems het.

George het ook lig gewerp op ’n storie wat al jare die rondte doen – hoe hy vir 14 van sy naaste vriende $1 miljoen elk in ’n koffer gegee het.

“Hulle almal het my oor ’n tydperk van 35 jaar op die een of ander manier gehelp,” verduideli­k hy. “Ek het op hul rusbanke geslaap toe ek platsak was. Hulle het vir my geld geleen; hulle het my deur die jare gehelp toe ek hulp nodig gehad het. Ons is almal goeie vriende, en ek het gedink sonder hulle sou ek niks hiervan gehad het nie.” ■

LINKS: Amal en die aktivis Nadia Murad by die Verenigde Nasies se Veiligheid­sraad. REGS: Amal saam met haar tweeling, Alexander en Ella.

NÁ HAAR besige jaar sien die nuwe Mej. Suid-Afrika, Shudufhadz­o Musida (24), daarna uit om oor die feestyd agteroor te sit en tyd saam met haar hartsmense deur te bring. “Ek wil tyd afneem om behoorlik saam met my familie fees te vier,” vertel dié boorling van die platteland­se dorpie Ha-Masia in Limpopo. Haar gunsteling­herinnerin­g van Kersfees is juis haar familie se jaarlikse Kerspartyt­jies. “Selfs diegene wat getrek het, het weer na die dorpie teruggekee­r en dan het ons almal gedans en gekuier,” onthou sy.

Shudu se lewe het in ’n handomkeer verander sedert sy in Oktober die Mej. SA-titel gewen het. “Ek vind dit nou makliker om te praat, en dis asof my stem losgemaak is; so dis nogal ’n belangrike platform,” sê Shudu. Sy moes ook daaraan gewoond raak dat wanneer sy in ’n vertrek instap mense haar nou Mej. Suid-Afrika en nie Shudu noem nie. “Dis so ’n vreemde gevoel en ervaring, maar ’n groot voorreg om Mej. Suid-Afrika vir 2020 te wees.”

Shudu laat gereeld op Instagram die koppe draai met haar stylvolle uitrusting­s. Dié blou skepping deur Gert-Johan Coetzee het omtrent die tonge laat klap, so ook die moulose, noupassend­e rok deur Phika Designs wat sy met haar terugkeer na haar tuisdorp, Ha-Masia, gedra het. “Ek dink dis toe dat alles vir my werklik geword het. Om die opgewonden­heid op almal se gesigte te sien en hoe hulle saam met my feesgevier het, het my laat besef die kroon is nie net vir my nie; dis vir almal.”

VRAE AAN SHUDU

■ As jy 2020 in een woord kon beskryf, wat sou dit wees?

Waarvoor is jy dankbaar?

Ek is baie dankbaar vir my lewe en alles wat daarin is. Dit kom met soveel vreugde en liefde van my familie.

Waarna sien jy die meeste uit in 2021?

Om myself trots te maak. Ek het onlangs my honneursgr­aad in internasio­nale betrekking­e aan die Universite­it van die Witwatersr­and voltooi, en ek wil aanhou om myself trots te maak en elke oomblik te vier.

Shudu sweet gereeld in die gimnasium om fiks te bly. En sy pluk duidelik die vrugte daarvan. “Ek is lief vir my liggaam en daar is niks wat ek kan doen om dit te verander nie; dit is hoe dit is en ek waardeer elke liewe kurwe,” het sy al vertel.

■ Wat was jou eerste indruk van Aletté? Sy is vol lewe, borrelend, besig en ’n doener. Dit het dadelik gevoel of ons mekaar al jare lank ken.

Sy het ’n baba; so sy is vroeg op. Dan swart koffie (jig) en daarna begin sy met haar 912 dinge op haar dag se doenlysie. Sy tiek natuurlik daagliks elke liewe ding op daai lys af, hoor!

Wat is haar oggendroet­ine?

CHRISTI PANAGIO & ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER

IE oud-7de en TV-aanbieder Christi Panagio en die voorkomsko­nsultant en stilis Aletté-Johanni Winckler is al van 2007 af vriendinne. Hulle het op Facebook begin gesels toe Aletté en haar sanger-man, Heinz, reggemaak het om Amerika te besoek.

“Christi het al haar geheime en oulike plekke waarheen ons moet gaan, gedeel,” vertel Aletté. Hulle het mekaar ’n paar jaar later in lewende lywe by Christi se 30ste verjaardag­partytjie in Johannesbu­rg ontmoet. “Dit het gevoel of ons mekaar al jare ken!” sê Aletté. Hulle is sedertdien boesemvrie­nde.

DWat geniet julle om saam te doen?

Ons hou daarvan om saam te braai, by ’n wynplaas te kuier, bordspelet­jies te speel, om êrens te wees waar ons kinders onder ons neuse kan speel en baie te lag.

Maklik! Ons verstaan mekaar en mekaar se bedrywe. Ons gaan deur dieselfde dinge en ons het nie verwagting­s of druk nie. Ons gaan aan waar ons opgehou het.

Hoe sou jy jul vriendskap beskryf?

rol.

Anders as Rose in die ikoniese fliek Titanic, gaan Leo nie toelaat dat enigeen verdrink terwyl hy toekyk nie. Die 46-jarige akteur was saam met vriende met vakansie langs die kus van Sint Bartolomeu­s in die Karibiese See toe hulle ’n noodroep hoor vir ’n man wat van ’n toerskip geval het. “Leo, sy vriende en die kaptein van hul boot het besluit om by die soektog aan te sluit en danksy hul pogings gehelp om ’n man se lewe te red,” vertel ’n bron.

Volgens die bron het Leo se span die man naby die eiland Saba gewaar en hom aan boord gebring voor hulle hom aan die kuswag oorhandig het.

Dis mos nou die soort grootharti­gheid waarvan ons hou! Die akteur het tydens die pandemie tyd afgestaan vir ’n digitale kuiertjie by ’n ouetehuis en het ’n virtuele bingoaand vir ’n groep bejaardes in sy tuisstaat, Texas, aangebied. Matthew (51) en sy gesin het via Zoom ingeloer om bejaardes by The Enclave at Round Rock Senior Living met hul weeklikse bingosessi­e te help, en jip, die foto’s is net so oulik as wat jy jou kan indink.

Praat van die regte persoon op die regte tyd en plek wees! Die voormalige basketbals­peler het in Januarie in sy motor gery toe hy ’n vrou in die straat in New York sien ineensak. Hy het stilgehou en na haar toe gehardloop.

Volgens ooggetuies was die vrou moontlik diabeties, wat veroorsaak het dat sy flougeword het in die middel van die voetoorgan­g. Shaq (48) en verskeie verbygange­rs het die verkeer tot stilstand gebring en saam met die vrou gewag vir die ambulans om op te daag.

Party akteurs speel net helde op die silwerdoek, en ander doen dit ook agter die skerms. Dié akteur en regisseur is een van hulle.

Sean (60) se organisasi­e, Community Organised Relief Effort, het vanjaar hul aandag daarop gevestig om die coronaviru­s te beveg nadat hulle jare lank tydens natuurramp­e in plekke soos Haïti hulp verleen het. Die organisasi­e het gehelp met die opening van verskeie toetsterre­ine in Amerika wat gefokus was op gemeenskap­pe met min toegang daartoe, swart gemeenskap­pe, nooddiens- en noodsaakli­ke werkers.S

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? The Midnight Sky.
The Midnight Sky.
 ??  ?? BRONNE: TODAY.COM, GQ.COM, NEWIDEA. COM, USMAGAZINE. COM
BRONNE: TODAY.COM, GQ.COM, NEWIDEA. COM, USMAGAZINE. COM
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Hoe gaan jy Kersfees en Nuwejaar deurbring?
Hoe gaan jy Kersfees en Nuwejaar deurbring?
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? JODY-LYNN TAYLOR
JODY-LYNN TAYLOR
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Wat is Christi se oggendroet­ine? Eerste ding is koffie, koffie, koffie en dan maak sy haarself reg. Teen die tyd dat sy uit die kamer kom, kan jy haar deur ’n ring trek (op haar eie gemaklike manier). Ek, aan die ander kant, sal met ’n kamerjas uitkom.
Wat is Christi se oggendroet­ine? Eerste ding is koffie, koffie, koffie en dan maak sy haarself reg. Teen die tyd dat sy uit die kamer kom, kan jy haar deur ’n ring trek (op haar eie gemaklike manier). Ek, aan die ander kant, sal met ’n kamerjas uitkom.
 ??  ?? Wat is haar irriterend­ste gewoonte?
Wat is haar irriterend­ste gewoonte?
 ??  ?? LINDSAY DE FREITAS
LINDSAY DE FREITAS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa