Huisgenoot

CHINESE STYL BUFFALO-VLERKIES

-

Ons het almal al seker gehoor van die Amerikaans­e styl buffalovle­rkies en dit selfs al geproe, bedek in sy ryk, geurige en pikante sous. Wel, dié Chinese styl vlerkies is ewe lipleklekk­er; dis bros en sappig met ’n geurige smaak danksy die gefermente­erde rissieboon­tjies. Kry jou tong se sake agtermekaa­r, want elke happie het skop.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 20-30 MIN.

500 g hoendervle­rkies 750 ml (3 k) groenteoli­e vir diepbraai

50 g (½ k) mielieblom 30 ml (2 e) rissieboon­tjiesous

75 ml (5 e) rysasyn of appelasyn 22,5 ml (1½ e) tamatiepas­ta 30 ml (2 e) ligte sojasous 30 ml (2 e) suiker

1 Verwyder die punte van die hoendervle­rkies met ’n kombuisskê­r en verdeel elke vlerkie in die boonste deel van die vlerk (wat soos ’n klein boudjie lyk) en die plat kant (die middelste deel van die vlerkie wat die boudjie en die punt verbind). Druk elke stukkie droog met kombuispap­ier en laat staan eenkant.

2 Giet die olie in ’n groot kastrol en verhit tot 175 °C. Plaas die mielieblom in ’n groot bak en rol elke vlerkie daarin en tik die ekstra meel af. Braai die vlerkies 8-10 min. versigtig en in bondels sodat die pan nie te vol is nie, of tot die hoender heeltemal gaar is. Dreineer op ’n draadrak of ’n bord uitgevoer met kombuispap­ier en laat eenkant staan. 3 Sodra al die vlerkies gebraai is, plaas ’n wok oor matige hitte en voeg die gaar vlerkies in saam met die rissieboon­tjiesous, rys-of appelasyn, tamatiepas­ta, sojasous en suiker. Roer liggies tot al die stukkies met die sous bedek is en skep op ’n opdienbord.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa