Huisgenoot

VARKTJOPS IN HOISINSOUS

-

Die Chinese het duisende jare gelede geleer wanneer jy vleis marineer, gee dit nie net geur nie; dit maak dit ook sag. Hierdie varktjops word in ’n aromatiese soet sous gemarineer; sodra dit gaar is, bly dit sappig met die onmiskenba­re geure van Kantonese gebraaide vleisgereg­te.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 10 MIN. MARINERING: 1 UUR GAARMAAK: 16 MIN.

90 ml (6 e) hoisinsous 45 ml (3 e) ligte sojasous 5 ml (1 t) suiker

45 ml (3 e) groenteoli­e 2 knoffelhui­sies, fyngekap of gerasper

4 varktjops

1 Meng die hoisin- en sojasous, suiker en 75 ml (5 e) water in ’n bakkie en laat staan eenkant. 2 Voorverhit ’n kastrol oor matige hitte, voeg 15 ml (1 e) van die olie daarin en braai die knoffel 30 sek. tot geurig. Voeg die sousmengse­l by en bring tot kookpunt, draai die hitte af en laat stadig met ’n derde afkook. Verwyder van die hitte en laat afkoel. 3 Plaas die varktjops in ’n ziplocksak­kie, giet die sousmengse­l daarin, druk die oortollige lug uit en verseël. Marineer minstens 1 uur. Haal die tjops uit die sak. Skud die oortollige sous af en hou vir later.

4 Plaas ’n braaipan of wok oor matige tot hoë hitte, voeg die oorblywend­e olie daarin en dan die varktjops. Braai aan een kant tot goudbruin; draai om en braai die ander kant ook tot goudbruin. Verminder die hitte tot matig en braai nog 10 min. tot deurgaar. Plaas op ’n bord en laat 10 min. rus.

5 Terwyl die vleis rus, vee die oortollige olie uit die wok en giet die oorskietso­us daarin saam met 30 ml (2 e) water. Laat dit 2 min. liggies kook en haal dan af van die hitte. Pak die tjops op borde en bedruip met die sous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa