Huisgenoot

OESTERSOUS­HOENDER OP BROS NOEDELS

-

Hierdie gereg word in die beste Kantonese restaurant­e wêreldwyd voorgesit. Die heerlike noedels word bros gebraai en dan bedek in ’n weelderige, aromatiese sous met vleis en groente.

GENOEG VIR 2 MENSE BEREIDING: 10-15 MIN. GAARMAAK: 15 MIN.

2 nessies droë, dun eiernoedel­s

90 ml (6 e) groenteoli­e vir vlakbraai 2 hoenderbor­sies, in happiegroo­ttes gesny 1 groot witui, dun gesny

1 x 425 g-blik strooi-, shiitake- of portobello­sampioene, gedreineer 45 ml (3 e) oestersous ’n knippie sout

’n knippie witpeper

1 Week die noedelness­ies 5 min. in kookwater tot sag; dreineer en laat 5-10 min. eenkant staan om uit te droog. 2 Verhit ’n kleefvrye pan of wok met 60 ml (4 e) van die olie. Voeg die gedreineer­de noedels versigtig by om ’n enkele dun lagie in die olie te vorm. Laat die noedels 2-3 min. aan een kant braai tot bros. Draai dan die hele laag versigtig om en braai 1-2 min. of tot bros aan die ander kant. Skep uit die pan en dreineer op kombuispap­ier voor jy dit op ’n opdienbord plaas.

3 Vee die pan of wok uit, plaas oor matige hitte en voeg die oorblywend­e 30 ml (2 e) olie daarin. Sodra die olie begin rook, voeg die hoenderstu­kkies by en braai 3 min. terwyl jy af en toe roer. Voeg die ui daarby en braai 1-2 min. tot deurskynen­d; voeg dan die sampioene by saam met die oestersous en 60 ml (4 e) water. Roer om te meng en laat stadig kook tot dit met die helfte afgekook het. Proe en pas die geurmiddel­s (sout en peper) aan. As jy van meer sous hou, kan jy nog ’n bietjie water en ’n ekstra 15-30 ml (1–2 e) oestersous byvoeg. Skep bo-op die bros noedels en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa