Huisgenoot

CHINESE TOFFIEAPPE­LS

-

In my ervaring sit elke Chinese restaurant hierdie gereg voor, en dís hoekom: Sappige soet appels word in ’n oliebolbes­lag gebraai en dan met gesmelte suiker en geroosterd­e sesamsade bedek. Dis g’n wonder dis ’n groot gunsteling nie.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 15 MIN.

groenteoli­e vir diepbraai, plus 15 ml (1 e) vir braai 250 g bruismeel, plus ekstra vir bestrooiin­g

1 eier, geklits

4-6 appels, geskil en in 3 cm-blokkies gekap

150 ml (10 e) suiker

30 ml (2 e) sesamsade

1 Giet die groenteoli­e vir diepbraai in ’n groot, diep kastrol (sowat twee derdes vol) en verhit tot 170 °C. Sif die bruismeel in ’n groot bak, voeg die geklitste eier saam met 375 ml (1½ k) water by en meng tot ’n gladde beslag vorm. 2 Bestrooi die appels liggies met ’n bietjie ekstra meel en doop in die beslag. Laat sak versigtig in die olie. Braai 6-8 min. tot goudbruin; draai gereeld terwyl dit braai. Sodra die stukke bruin is en dryf, plaas op ’n draadrak of ’n bord uitgevoer met kombuispap­ier om te dreineer. 3 Verhit die 15 ml (1 e) olie in ’n wok oor matige hitte en roer die suiker by. Ná ongeveer 3 min. sal die suiker begin karamellis­eer. Voeg in hierdie stadium die appelstukk­e en die sesamsade versigtig by. Meng goed, maar wees versigtig om nie die gesmelte suiker te spat of die appels se deeglagie te breek nie. Maak seker dat elke appelstuk deeglik met stroop bedek is. Draai die hitte af.

4 Plaas elke stukkie appel met ’n tang of eetstokkie in ’n groot bak yskoue water – dit verhard onmiddelli­k jou toffieappe­lhappies en help om hul ronde vorm te behou. Sodra die toffie hard is, plaas dit op ’n draadrak of kombuispap­ier om te dreineer. Sit voor en geniet dit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa