Huisgenoot

SIEN OP TEEN STAD TOE TREK

-

Ek trek nou uit ’n klein dorpie weg omdat my gewese man my ernstig hier met ander vroue verkul het. Ek trek na ’n groot stad toe omdat my suster daar woon; ek het gedink dis dalk beter dat niemand my daar ken nie. Maar ek weet nie nou meer of dit die regte besluit is nie. Ek het reeds ’n woonplek daar gekoop. My kinders is nie in SuidAfrika nie en ek het niks hier wat my vashou nie. Ek is al ouer as 60, maar ek sal finansieel kan uitkom. M op B

Die vooruitsig om so ’n drastiese skuif te moet maak, sal enige mens paniekerig laat. Maar jy sal dit wel kan regkry as jy vir jou hoop voor in die pad kan skep.

Dalk kom hierdie twyfelgeda­gtes nou telkens by jou op omdat jy ná ’n leeftyd moet oppak en wegtrek van waar jy en jou kinders asook jou eks ’n lewe gebou het. Om selfs net van meubels of ander items ontslae te raak as jy sentimente­el is, kan jou angstig maak.

Om geliefde meubelstuk­ke te berg kan die oorgang makliker maak en jou laat voel jy verloor nie alles nie.

Enige egskeiding is ’n aardbewing in ’n mens se lewe. As dit boonop ’n groot verhuising tydens ’n pandemie behels, sal jy sag met jouself moet wees om die gevolge daarvan te oorleef. Kry iemand om jou te help oppak.

Jou suster se teenwoordi­gheid is ’n groot bonus. Wanneer die inperkings­regulasies dit toelaat, sal sy jou aan ’n nuwe vriendekri­ng kan voorstel wat jou belangstel­lings deel.

Om ná soveel getroude jare skielik alleen te wees, kan ’n mens maklik oorweldig laat voel.

Aanvaar sover moontlik enige hulp wat jou aangebied word. Maak seker jy het ’n betroubare makelaar wat jou met jou geldsake kan help.

Groet jou vriende op jou ou blyplek met ’n kaartjie met jou nuwe adres daarop en ’n uitnodigin­g om te kom kuier.

Maak seker jy reis nie alleen na die nuwe bestemming nie en dat iemand soos ’n vriendin jou kan help bestuur. As dit ’n lang reis is, slaap iewers oor. Moegheid blaas emosionele spanning aan.

‘JY SOEK ONVOORWAAR­DELIKHEID, WANT DIE INPERKING STEL REEDS SOVEEL VOORWAARDE­S’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa