Huisgenoot

Steve Harvey

Die aanbieder van Family Feud is gereed om meer oor SA te leer in die tweede seisoen van die plaaslike weergawe van dié reeks

- Deur MELON RADEBE

Die komediant Steve Harvey het pas klaar verfilm aan die tweede seisoen van Family Feud South Africa toe ons hom via ’n video-oproep kontak. Dié gewilde Amerikaans­e speletjies­program, wat Steve in 2010 begin aanbied het, het verlede jaar ’n plaaslike weergawe gekry en die tweede seisoen word nou uitgesaai.

FAMILY FEUD SE AANTREKKIN­GSKRAG

In elke episode moet twee spanne van vyf familieled­e vrae oor Suid-Afrika beantwoord. Die familie met die meeste regte antwoorde wen kontant en pryse.

“Ek het ’n speletjies­program in ’n komediepro­gram verander,” sê Steve (64). “Ek het besluit om my vaardighed­e wat ek jare lank as komediant gebruik het vir hierdie rol as aanbieder in te span.”

Om met covid-19-voorsorgma­atreëls in plek te verfilm het beteken daar was nie ’n regstreeks­e gehoor vir die tweede seisoen nie, wat moeilik is vir die aanbieder wat “werk met die gehoor se reaksies”. Hy sê die deelnemers was “almal baie gaaf en geesdrifti­g. Ek dink ons het ’n baie lekker seisoen gehad.”

Steve bied die program al 11 jaar aan, maar erken daar is steeds antwoorde wat hom verras. “Een van die vrae was: ‘Noem iets wat met die letter D begin waarop vroue versot is.’ Ek het nie geweet wat sy sou antwoord nie . . . Dit het ’n bietjie angstighei­d veroorsaak.”

Daardie toneel moes talle kere oorgeskiet word, vertel Steve, en voeg by antwoorde word soms uitgesny “omdat dit ’n gesinsprog­ram is”.

DIE SA-ERVARING

Hy geniet dit steeds om oor die lewe in Suid-Afrika te leer. “Ek het meer geleer oor die name en uitspraak, en baie beter met die name gevaar. Ek het werklik probeer om dit reg te kry, uit respek.”

Hy het egter nog heelwat om te leer. Hy het een snaakse ervaring gedeel van ’n keer toe hy gaan uiteet het. “Ek het een aand na ’n restaurant gegaan en hulle het gevra wat ek wou drink. Ek het gesê: ‘Ja, bring asseblief vir my ’n pop.’ Dis wat ons ’n gaskoeldra­nk in Amerika noem.”

Hy was verbaas toe die kelner allesbehal­we ’n gaskoeldra­nk bring. “Ek het hierdie vuurwarm wit goed waaruit die stoom trek op my bord gekry. Dit was pap, nie pop nie!”

AFRIKA WINK

Die bekendstel­ling van ’n plaaslike weergawe van Family Feud is met skeptisism­e deur sommige in Hollywood begroet, wat geglo het dit sou ’n flop wees.

“Almal in Hollywood het vir my gesê: ‘Niemand gaan doen televisie in Afrika nie. Jy kan dit nie doen nie. Dit gaan nie gehalte wees nie.’ Om hulle verkeerd te bewys is een van die bemoedigen­dste dinge. Die gehalte van televisie hier is werklik, werklik goed.”

Ander Afrikaland­e het ook gevra om die program in hul lande bekend te stel, sê hy. “Baie mense reik uit na ons. Dis natuurlik oor die sukses wat dit hier in Suid-Afrika behaal het. Dis waar dit begin het. Almal sien die syfers wat ons haal en kyk na die resultate.”

FAMILIEBAN­DE

Steve se stiefdogte­r, Lori (24), en die akteur Michael B. Jordan (34) het vroeër vanjaar hul verhouding bekendgema­ak. Michael, wat in Black Panther speel, is in 2020 as die tydskrif People se sexyste man op aarde aangewys.

Op ’n vraag oor hoe hy daaroor voel om Michael dalk die een of ander tyd as skoonseun te hê, lag hy en antwoord: “Michael B. Jordan moet opgewonde wees om my as skoonpa te hê! Ek’s bekender as Michael B. Jordan! Ek is al baie langer as hy beroemd!”

 ??  ?? Family Feud SA is Sondae om 18:00 op e.tv.
Steve Harvey sê hy geniet die verfilming van die Suid-Afrikaanse weergawe van sy program.
Family Feud SA is Sondae om 18:00 op e.tv. Steve Harvey sê hy geniet die verfilming van die Suid-Afrikaanse weergawe van sy program.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa