Huisgenoot

OP ONS SPEELLYS

Wissel die emosie én tempo af met hierdie verskeiden­heid liedjies uit verskillen­de genres

- Deur JACO HOUGH-COETZEE

BREEK CAROLINE GRACE

’n Ballade met ’n stadige ritme in die popgenre deur die sangeres wat in 2017 in die tweede seisoen van The Voice SA in die topvier geëindig het. Sy vertel die liedjie gaan oor ’n gebroke verhouding waar die persoon hoop sy kan die ander een weer in haar lewe hê, al beteken dit wéér seerkry.

YOUR POWER BILLIE EILISH

Dié snit is ’n lusmaker vir die Grammybekr­oonde sangeres se tweede album, Happier Than Ever, wat in Julie uitgereik word. “Your Power” gaan oor die magsdinami­ka in verhouding­s, veral wanneer een mens die ander probeer beheer. “Dis een van my gunsteling­liedjies,” skryf sy.

SKEMERBLOM WYNAND STRYDOM

Die man met die diep rasperstem se nuwe enkelsnit is in die country-rockstyl. Die lirieke maak gebruik van die beeld van geankerde liefde wat, ten spyte van uitdagings, die toets van die tyd deurstaan, soos ’n sonneblom wat vasberade tussen onkruid sy wortels anker.

HOE JY LYK NADIA VORSTER

Dit is die vierde enkelsnitu­itreiking van Nadia se tweede album, Geanker in hoop. “Ek hoop dat dié popliedjie mense sal laat besef dat God ons perfek gemaak het en dat Hy ons liefhet,” vertel sy. Die boodskap is dat die oppervlakk­ige soeke na aanvaardin­g nie die moeite werd is nie.

LEAVE THE DOOR OPEN SILK SONIC (BRUNO MARS & ANDERSON .PAAK)

Dié aansteekli­ke liedjie boer op al wat ’n trefferlys is. Bruno Mars en Anderson .Paak het hul aanhangers uitgeboul met dié Motown-geïnspiree­rde eerste liedjie saam as die supergroep Silk Sonic. Dis moderne pop- en soulmusiek op sy beste. Ons kan nie wag vir hul album nie.

VRYDAE AANDE MAANDAE OGGENDE RUITER PIET EN DIE PARTYTJIE

Die album word in die sosiale media hoog aangeslaan deur liefhebber­s van alternatie­we Afrikaanse musiek. Dit val in die folkrockge­nre met onderligge­nde country-elemente. Ruiter Piet (Piet de Jager, voorheen van Die Tuindwergi­es) sê elkeen van die 11 snitte vertel ’n ware verhaal.

YSTERPERD TERT JUDITH KEA & KOBUS STIX DROTSKIE

Hierdie rocksamewe­rking met Kobus Stix Drotskie bring ’n verrassend­e nuwe kant van Judith Kea na vore. Dit is ’n Afrikaanse verwerking van die Stevie Nicks-liedjie “Talk to Me”. Motorfiets­ryers: Gryp jou brullende ysterperd en vat die langpad met dié stukkie rock hard in jou ore.

VEG VIR JOU HART ANDRE AMANT & ZANDER DE BEER

Andre het einde April by die AfriIndie-musiekprys­e die afdeling vir beste Afrikaanse vervaardig­er gewen, en nou volg sy derde enkelsnit. Hier werk hy saam met die akteur Zander de Beer (7de Laan). Dis ’n deep house-popsnit wat daaroor gaan om ’n hart weer heel te maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa