Huisgenoot

Nuut op die rakke

Boeke vol feite vir jonges en oues

- Deur ELNA VAN DER MERWE

Deur JENNIFER Z. PAXTON. Illustrasi­es: KATY WIEDEMANN (In Suid-Afrika uitgegee deur Protea Boekhuis, R429*)

“Hierdie boek is vir enigiemand van nege tot 99 wat in die menslike liggaam belangstel.” So sê dr. Jennifer Paxton van Anatomicum, die vierde boek in die Welkom by die museum-reeks. Sy doseer anatomie aan die Universite­it van Edinburgh en is ook verbonde aan die Paxton Lab, wat navorsing doen oor die ontwikkeli­ng van nuwe weefsel van die spier-skeletstel­sel vir inplanting ná ’n besering of siekte. Daarom is sy uitstekend toegerus om die werking van die menslike liggaam te verduideli­k, maar nie in stowwerige taal nie.

“Al ken ek die onderwerp baie goed omdat ek anatomie doseer, moes ek navorsing doen oor hoe ander mense hierdie kennis aan die publiek oorgedra het. Ek moes ’n taal kry wat ’n mens kan gebruik om ’n ingewikkel­de onderwerp verteerbaa­r te maak,” sê sy in ’n video-onderhoud wat op Twitter geplaas is.

Die taal is inderdaad op die man af, en feite word helder en sistematie­s oorgedra sodat oud en jonk kan verstaan hoe die liggaam se binnekant byvoorbeel­d lyk of hoe spiere gebruik word om emosies te wys of hoe ’n mens uit een enkele selletjie ontwikkel.

Jennifer vertel hoe die illustrasi­es tot stand gekom het: “Ek het vir Katy Wiedemann voorstelle gestuur, maar dit was standaarda­kademiese illustrasi­es. Sy het toe haar artistieke vaardighed­e gebruik om die pragtige illustrasi­es en diagramme te maak wat vandag in die boek te sien is. Een van my gunsteling­e is haar illustrasi­e van die gewrigte. Sy wys op ’n unieke manier hoe jou gewrigte lyk en beweeg. Dit laat jou na die liggaam kyk as ’n masjien. Haar aandag aan anatomiese detail en verskillen­de aansigte is visueel ongeloofli­k.”

As jy Katy google om haar beter te leer ken, kry jy haar nie op ’n universite­it se webtuiste nie; wel by femaletatt­ooers.com. Sy is ’n Amerikaans­e tatoekunst­enaar, maar het ook ’n kursus in wetenskapi­llustrasie­s gedoen. Sy vertel in ’n aanlyn onderhoud sy het haar ouers gevra om vir haar 12de verjaardag vir haar antieke anatomiebo­eke present te gee.

“Ek het altyd geweet ek wou ’n kunstenaar wees, maar wanneer ek vir mense vertel het watter soort tekenings ek wou doen, het hulle altyd gereageer met die teleurstel­lende stelling dat dit eenvoudig nie meer gedoen word nie. Die ou illustrasi­es was so anders as dié in my wetenskaph­andboeke op skool. Laasgenoem­de was stokstyf en steriel in vergelykin­g met die dramatiese liggame in die boeke wat ek versamel het.”

Haar 50 illustrasi­es in hierdie boek sluit in die spier- en skeletstel­sel, skedel, kardiovask­ulêre en asemhaling­stelsels, immuun- en limfatiese stelsels.

Anatomicum is meer as ’n leer- en leesboek; dis ’n versamelst­uk-kunsboek.

 ??  ?? 3 5 2 4
3 5 2 4
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa