Huisgenoot

Greta Thunberg rig haar blik op die kosbedryf

-

DIE jong Sweedse aktivis Greta Thunberg inspireer en leer nou al ’n goeie klompie jare mense reg oor die wêreld oor die klimaatskr­isis. Nou het sy begin om bewustheid te skep oor praktyke in die kosbedryf.

Haar nuwe fokus is op die manier waarop ons kos vervaardig, voorberei en eet. Greta glo so ’n holistiese benadering (sien Woord van die

Week) sal ’n invloed hê op baie probleme wat ons ervaar, soos die uitbreek van pandemies, wreedheid teenoor diere en die vrystel van koolstof in die atmosfeer.

“Die klimaatskr­isis, ekologiese krisis en gesondheid­skrisis, hulle is almal verwant aan mekaar,” het sy aanlyn gesê. Sy glo ons kan tonne minder koolstofdi­oksied en metaan vrystel as die mensdom meer plantgebas­eerde kos soos groente, vrugte, neute en sade eet.

Die manier waarop mense die natuur mishandel, skep die perfekte toestand vir siektes om van een dierspesie na ’n ander te versprei – en eindelik na ons toe, sê Greta. “Miljoene is al dood aan covid, zika, ebola, wesnylviru­s, SARS, MERS en MIV-vigs.”

Studies wys baie van die aansteekli­ke siektes wat tussen 1990 en 2004 onder mense ontdek is, kom van diere af. “As ons aangaan om kos op dieselfde manier te bly vervaardig, gaan ons die habitatte van die meeste wilde plante en diere heeltemal uitwis en talle spesies laat uitsterf. Hulle is ons lewensonde­rsteunings­telsel; as ons hulle verloor, is ons ook verlore,” sê sy.

Hoe het Greta 'n aktivis geraak?

Greta kom van Stockholm in Swede en het op agt begin leer oor die klimaatskr­isis. Teen 15 het sy ’n protesbewe­ging begin waarmee sy die regering gevra het om veranderin­gs te maak aan die manier waarop hulle tot aardverhit­ting bydra.

Haar poging het baie steun gekry toe video’s van haar internetbe­roemd geraak het. Sy het die #FridaysFor­Future-beweging begin. Dis ’n internasio­nale projek waar skoolkinde­rs elke Vrydag klasse los en liewer aan betogings deelneem om politici te dwing om iets te doen omtrent die klimaatskr­isis. Sy het tieners aangemoedi­g om hul stem te gebruik om aandag te trek na die lot van ons planeet.

As kind het Greta gehoor sy het aspergersi­ndroom – dis ’n vorm van hoogfunksi­onerende outisme. Sy laat egter nie toe dat dit haar beperk nie en sê net dis haar superkrag.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa