Huisgenoot

SEAL KAP NA HEIDI SE MA-WEES

-

Seal draai nie doekies om oor wat hy van sy eksvrou se ouerskapst­yl dink nie.

Die sanger van treffers soos “Kiss from a Rose” sê die voormalige supermodel, Heidi

Klum, was geen spanspeler met die grootmaak van hul kinders, Leni (17), Henry (15), Johan (14), en Lou (11) nie.

“Dit kan uitdagend wees. Dit verg spanwerk. As jy ’n span is, as albei ouers deel van die span is, is dit baie maklik en nie veel van ’n uitdaging nie. Maar jy moet ’n span wees,” het Seal (58) aan Us Weekly gesê. Maar hy en Heidi het glo nie daardie band nie.

Die twee is in 2012 ná 10 jaar saam uitmekaar en hul egskeiding is in 2014 gefinalise­er.

Maar hulle was verlede jaar weer in die nuus weens Heidi (47), wat nou met die Duitse sanger Tom Kaulitz (31) getroud is, se bewering dat Seal geweier het om toe te laat dat die kinders haar na Duitsland vergesel vir die vervaardig­ing van Germany’s Next Topmodel.

Heidi het aansoek gedoen om ’n noodverhoo­r om toestemmin­g te kry, en die twee het eindelik tot ’n vergelyk gekom: Sy kon die kinders saamneem, en Seal kon voor en ná die reis meer tyd as gewoonlik saam met hulle deurbring.

Seal het ook gesê hy was nie gelukkig met hul dogter Leni se ontluikend­e modelloopb­aan nie. Sy het haar eerste tydskrifvo­orblad vroeër vanjaar op die Duitse Glamour gehad – 20 jaar nadat haar ma dit gedoen het.

Leni se biologiese pa is die Italiaanse sakeman en F1-baas Flavio Briatore (71), maar Seal het haar op vyf jaar aangeneem.

 ??  ?? Die paartjie het in 2012 opgebreek ná 10 jaar saam.
Die paartjie het in 2012 opgebreek ná 10 jaar saam.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa