Huisgenoot

Redditstig­ter wil geleenthed­e skep

Reddit is die geboortepl­ek van onskuldige memes sowel as ’n platform vir elke nis-subkultuur. Dit is waar die GameStop-drama vanjaar begin het wat Wall Street laat steier het. Die medestigte­r Steve Huffman praat oor die nadraai van ’n wêreldwye verskynsel

- Deur BEN HOYLE

DIE opwinding het begin opbou toe ’n geheimsinn­ige man ’n skermgreep oplaai van ’n enkele belegging van $53 000 in die sukkelende Amerikaans­e videospele­tjiehandel­aar GameStop. Gebruikers was verstom – wat sou enigeen besiel om so ’n waansinnig­e kans te waag? Die gebruiker, ’n daghandela­ar met die skermnaam DeepFuckin­gValue, het in September 2019 die bewyse van sy opsie om aandele te koop op die sosialemed­iaplatform Reddit gedeel, saam met die boodskap “YOLO” – You only live once.

Om spesifiek te wees, hy het dit op ’n Reddit-forum genaamd r/wallstreet­bets gedeel, ’n woeste gemeenskap van meestal amateurbel­eggers wat al vloekende belediging­s uitruil, juig oor mekaar se seges en mislukking­s en hulself met trots “degenerate­s” noem.

GameStop se meestal miskende aandele was toe sowat R56 ($4) elk werd. Die volgende 15 maande lank het die handelaar die opwinding oor GameStop laat opbou op Reddit, op Twitter en ook deur sy YouTube-rekening waarop hy regstreeks vanuit sy huis in voorstedel­ike Boston gestroom het. Ure lank het hy met ’n vegvlieëni­ersonbril en ’n rooi bandana om sy skouerleng­tehare vrae oor die aandelemar­k beantwoord, soms terwyl hy ’n bier wegslaan.

In middel Januarie het GameStop se waarde skerp gestyg. Euforie het r/wallstreet­bets se boodskapbo­rd beetgepak terwyl beleggers mekaar aangespoor het om groter markposisi­es in te neem.

Daardeur is die prys verder opgestoot.

Verskansin­gsfondse het op prysdaling GameStop-aandele verkry. Dit word ’n “short” genoem – om aandele te leen om hulle te verkoop in die hoop dat wanneer dit tyd word om die aandele aan hul eienaar terug te gee hul waarde sou gedaal het sodat hulle teen ’n baie laer prys teruggekoo­p kan word as waarvoor jy hulle oorspronkl­ik verkoop het. Dié fondse was nou verplig om die aandele teen veel hoër pryse te koop. Daardeur is die GameStop-manie nog verder aangevuur. ’n Gevoel het posgevat dat die Reddit-gemeenskap Wall Street op hol het.

Wilde skommeling­s het gevolg. GameStop-aandele het op 27 Januarie met 135% tot R5 200 ($347) per aandeel die hoogte ingeskiet. Die volgende oggend het hulle tot R7 245 ($483) gestyg en daarna meer as die helfte van hul waarde teen die einde van die dag verloor.

Hulle het op 29 Januarie teruggebon­s, maar in die volgende week tot onder R1 500 ($100) getuimel.

Party klein beleggers wat teen ’n hoë prys gekoop het se spaargeld is uitgewis. Ander het ’n fortuin gemaak.

Teen die einde van die maand het die daghandela­ar wat alles op tou gesit het volgens sy Reddit-inskrywing­s beleggings van byna R720 miljoen ($48 miljoen) gehad.

Die man daaragter was Keith Gill (34), ’n voormalige langafstan­dkampioen wat die hele tyd ’n profession­ele verskaffer van finansiële dienste was, soos dit later

sou blyk. Ná sy bedanking aan die einde van Januarie is sy makelaarsl­isensie op versoek van sy firma nietig verklaar. Party verskansin­gsfondse is erg geknou. Ander het honderdmil­joene dollars uit die wilde rit gemaak. Reguleerde­rs het ondersoek ingestel. Keith moes voor die Amerikaans­e Kongres gaan getuig saam met die baas van Reddit, die uitvoerend­e hoof van Robinhood (’n mobiele app vir aandelever­handeling wat vir baie van die verhandeli­ngs gebruik is) en die miljardêrh­oof van ’n verskansin­gsfonds wat veral daarby betrokke was.

Die forum r/wallstreet­bets se lidmaatska­p, wat op sowat 640 000 gestaan het toe Keith sy weddenskap aangekondi­g het, het tot oor die 9 miljoen gestyg. Belangstel­ling in Reddit self het ook toegeneem, aangevuur deur ’n vernuftige advertensi­e van vyf sekondes by die Super Bowl in Februarie. Dit het die reël ingesluit: “Een ding wat ons verlede week by ons gemeenskap­pe geleer het, is dat buiteperde enigiets kan bereik as hulle kragte saamsnoer om ’n gesamentli­ke idee.” Die volgende dag het die maatskappy bykomende finansieri­ng aangekondi­g wat die waarde daarvan tot sowat R90 miljard ($6 miljard) laat aangroei het.

Die hele gedoente het Wall Street geskok. Selfs mense met geen belangstel­ling in die finansiële markte nie het gesnap dat ’n nuwe soort kulturele aardbewing plaasgevin­d het. “Die GameStop-saamtrek was ’n blink oomblik vir die aanlyn massas,” skryf ’n tegnologie­joernalis by The Washington Post. “Wantroue teenoor die groot instansies, woede jeens die maghebbers, ’n gesiglose skare wat in ’n tyd van groot eensaamhei­d deur ’n enkele webtuiste byeengebri­ng is, het ’n strategie gekoördine­er, kragtig genoeg om markte te laat beweeg en die wêreld te hervorm.”

’NPAAR weke tevore, in ’n leë kantoor hoog bo San Francisco, vra ek die stigter en bestuurder van Reddit wat hy van dié episode dink. “Ek was al ’n ruk lank ’n leser van r/wallstreet­bets,” vertel Steve Huffman (37), medestigte­r en uitvoerend­e hoof van Reddit. Tog het die gebeure hom steeds verras – al verkondig die webtuiste wat hy help bou het dat dit “die voorblad van die internet” is.

Volgens Alexa, ’n dataontled­ingsmaatsk­appy, is Reddit die sewende gewildste webtuiste in Amerika (ná Google, YouTube, Amazon, Yahoo, Zoom en Facebook).

Dit het meer as 50 miljoen daaglikse aktiewe gebruikers reg oor die wêreld, van wie baie ywerig plasings maak. Hulle stem ook vir of teen mekaar se plasings en genereer daardeur ’n intydse rangstelse­l wat bepaal hoe prominent hierdie inskrywing­s is.

Reddit bestaan uit meer as 100 000 afsonderli­ke gemeenskap­pe, almal met hul eie interne reëls en eienskappe. Dit is daarom ’n mark vir gewilde idees en grappies sowel as ’n potensiële tuiste vir elke denkbare nis-subkultuur op aarde.

Die tydskrif New York het Reddit eens “die wêreld se voorste meme-enjin, die plek waar dinge soos ’n virus versprei” genoem. Soek jy ’n foto van ’n babapikkew­yn wat soos ’n woedende kiwivrug lyk, is daar steeds geen beter plek nie.

Omdat Reddit se reëls slegs ’n skermnaam vereis, kan kwesbare individue soos verkragtin­gslagoffer­s, verslaafde­s en mense wat uit die kas wil kom die steun kry van mense met soortgelyk­e ervarings sonder vrees dat hul families, klasmaats of kollegas hulle sal opspoor.

Maar die gemak van anonimitei­t het ook donkerder nagevolge. In 2015 het die Southern Poverty Law Centre, ’n waghond vir haatgroepe, verklaar Reddit is die tuiste van “die gewelddadi­gste rassisties­e inhoud op die internet”.

Swart Reddit-gebruikers het jare lank gekla hul eie groot gemeenskap­pe word voortduren­d deur wit rassiste binnegedri­ng wat hulle as swart voordoen en dan teenoor hulle gal braak.

Die maatskappy hou vol dat nuwe regulasies baie gehelp het om sulke beledigend­e gedrag uit te wis.

Onder Reddit se gewildste gemeenskap­pe tel dié wat wetenskapl­ike navrae beantwoord (r/askscience) en boeke bespreek (r/books). Die gewildste Reddit-boodskap nóg is ’n foto uit 1989 van die sanger Rick Astley wat verlede jaar deur die werklike Rick Astley geplaas is.

Tog gebruik die wêreld se voorste politici ook die webtuiste om na kiesers uit te reik.

In 2012 het die destydse VSA-president, Barack Obama, vrae op Reddit se r/AMA (Ask Me Anything)-forum beantwoord. Toe Reddit later ’n soortgelyk­e sessie met The Onion (die satiriese koerant) se Joe Biden-nabootser aanbied, het die werklike Joe Biden, toe die adjunkpres­ident, sy eie vraag ingestuur.

Maar ten spyte van Reddit se reikwydte en impak is die maatskappy nog nie naastenby so groot soos sy grootste mededinger­s nie. Dit het sowat 800 personeell­ede, teenoor Facebook se meer as 58 000 en Twitter se meer as 5 000. Die twee groter sosialemed­iaondernem­ings is ook heelwat meer werd, met waardasies van onderskeid­elik R11 biljoen ($800 miljard) en R686 miljard ($49 miljard) op die aandelemar­k.

Steve het groot planne om dit uit te brei en binnekort moontlik meer aandele beskikbaar te stel. “Ons missie is om almal in die wêreld te laat voel dat hulle tot ’n gemeenskap behoort,” sê hy.

“Ek glo daar is ’n geleenthei­d vir almal in die wêreld om op Reddit ’n gemeenskap te vind.”

VERLEDE jaar het Reddit by hul nuwe hoofkantoo­r in San Francisco ingetrek, net toe die pandemie inskop en almal huis toe stuur. Daarom is ek en Steve nou alleen hier, afgesien van Sandra Chu, die maatskappy se kommunikas­iehoof.

Ons sit met maskers oorkant mekaar op die oopplan- 16de verdieping van ’n toringgebo­u met uitsigte reg oor die stad.

Ons word omring deur ’n see van leë lessenaars, wat binnekort uitgegooi gaan word nog voor dit werklik gebruik is.

Wanneer dit veilig is vir personeel om terug te kom, “sal dit nie ’n vereiste wees om terug te keer kantoor toe nie”, sê Steve. “Dit gaan meer wees soos ’n koffiekroe­g, ’n kom-as-jy-wil-situasie, minstens vir die volgende jaar.

“Ek gaan nie vyf dae per week kantoor toe kom nie. Ek geniet dit om van die huis af te werk. Maar ek wil ook nie vyf dae per week by die huis werk nie. Ek wil regtig mense sien.”

Hy het ’n ligte gelaat, deurmekaar blonde hare, en die begin van ’n stoppelbaa­rd is sigbaar wanneer hy kortliks sy masker afhaal om aan ’n ystee te teug.

Hy dra ’n donkergrys oortrektru­i, blou chino’s en Clark’s-stewels. Sy smaak is “matig beskeie” en hy is “nie ’n groot besteder” nie, vertel hy. Maar hierdie dinge is relatief. Sy grootste uitspattig­heid was ’n 1996-Porsche 911 Turbo.

Hoe belangrik is geld vir hom? Steve het in sy vroeë 20’s sy stigtersaa­ndeel in Reddit verkoop, maar het sedertdien as uitvoerend­e hoof ’n ruim skyf van die ondernemin­g verkry.

“Ek het genoeg geld om feitlik my hele volwasse lewe daarvan te kan leef, maar dis nie ’n fabelagtig­e bedrag nie. Nou het Reddit werklik waardevol geraak,” sê hy met ’n stem wat wegsterf terwyl hy ietwat bekommerd lyk.

Hy klink byna angstig oor die vooruitsig om werklik stinkryk te word. “Soort van,” erken hy. “My eerlike antwoord is: Ek weet nie.”

Daar is effense sakkies onder sy oë wat al laserchiru­rgie ondergaan het. Dit was ingeval hy in ’n oordeelsda­gscenario of selfs net ’n “tydelike ineenstort­ing van ons regering en strukture” nie sy bril of kontaklens­e in die hande kan kry nie, soos hy eens in ’n onderhoud vertel het.

Sedertdien probeer hy al vier jaar lank daardie opmerkings afmaak. (Hy het ook gesê hy het “motorfiets­e . . . ’n klomp gewere en ammunisie om ’n ruk lank in my huis te kan skuil”.)

“Ek berei my nie op ’n katastrofe voor nie,” roep hy uit. “Hulle het my soos ’n mal mens laat klink. Ek is dalk mal, maar ek is nie daardie soort mal nie.”

Het hy dus geen bomskuilin­g nie? “Nee, ek woon in die Castro (San Francisco se historiese gay-distrik) en my deur is op straat.”

Hy deel daardie tuiste –

10 minute per fiets van hier af – met sy verloofde. Sy “is die bemarkings­bestuurder vir ’n nuwe ondernemin­g”. Hulle het ’n hond en ’n twee maande oue dogtertjie.

Hy verduideli­k die proses soos die deeglike sagteware-ingenieur wat hy is. Steve vertel hul kind is “verwek en gebore, die hele storie” tydens die pandemie, sy stem skamerig. “Covid is ’n baie romantiese virus.”

Selfs met ’n pasgebore baba om te versorg het sekere aspekte van werk tydens die pandemie verbeter, glo hy. “Ek is dalk ál mens in die wêreld wat so dink, maar vergaderin­gs op Zoom is beter. Want ek kan almal se gesigte gelyktydig sien. In ’n kantoor kyk jy rond en dis ’n bietjie moeiliker om die vertrek te beheer.”

’n Paar maande gelede het hulle ’n hibriede vergaderin­g probeer hou met party mense fisiek teenwoordi­g en ander op die skerm.

“Dit het so sleg gegaan dat ek gesê het: ‘Kan almal in die konferensi­ekamer net jul skootreken­aars oopmaak?’ Toe sit ons om die tafel en kyk na ons skootreken­aars.”

Hy het Reddit in 2005 saam met Alexis Ohanian gestig, sy beste vriend by die Universite­it van Virginia en nou die tennisspel­er Serena Williams se man. Hulle het voortgebou op ’n voorstel van een van Steve se helde, die programmee­rder en waagkapita­lis Paul Graham. Hy het hulle aan die begin ondersteun terwyl hulle binne ’n paar weke die webtuiste saamgestel het terwyl hulle in ’n enkele vertrek in ’n voorstad van Boston gewoon het.

Die babagesig-Steve was ’n begaafde programmee­rder met ’n ontembare ondeunde streep (hy sê vandag nog sy vriende sal hom as ’n “trol” beskryf) en ook ’n mededingen­de baldanser (hy het saam met sy suster meegeding; hul broer is ’n instrukteu­r).

Die indrukwekk­ende, sjarmante Alexis lyk soos die perfekte mens om hom aan te vul: ’n natuurlike entreprene­ur.

“Toe ons met Reddit begin, het ons nie geweet waarheen ons op pad is nie,” sê Steve. “Dit het amper soos ’n huiswerkta­ak gevoel. Ek het net ’n plek probeer bou waar programmee­rders interessan­te inhoud kan vind.”

As iemand toe vir hom sou sê Reddit sou wêreldwye ambisies ontwikkel, “sou ek gelag het. Ek sou nie eens gelag het nie; ek sou daarmee gespot het.”

Hy en Alexis het op “egtheid” gefokus; daarom wou hulle nie “hekwagters” hê wat toegang tot inligting beperk nie, en hulle wou uit beginsel nie inhoud verwy

‘NOU HET EK GELEER DAT EK NIE ENIGIETS VAN ENIGIETS WEET NIE’

der nie (hoewel hulle dit soms ongemerk gedoen het).

Die probleem was hulle het nie ver genoeg vooruitged­ink nie. “Toe ons gesê het ons verwyder niks, het ons aan vloekwoord­e gedink. Ons het nie met rassisme of ander gevaarlike inhoud te doen gekry nie. Dit was nie ’n kwessie nie. Dit was nie deel van Reddit nie.”

Die platform was ’n sukses en minder as twee jaar later het hulle dit vir sowat R60 miljoen aan Condé Nast verkoop. Steven erken die aanbod was te goed om van die hand te wys. “Iemand bied ons wat toe vir ons ’n aansienlik­e bedrag was aan vir ’n huiswerkta­ak; dit was asof ons die lotery gewen het.”

Albei medestigte­rs het werknemers geword en is in 2009 daar weg. Alexis het New York toe getrek en hom as ’n aktivis vir aanlyn vryheid bemark. Forbes het hom “burgemeest­er van die internet” genoem.

Steve het saam met ’n ander medestigte­r ’n reisondern­eming, Hipmunk, probeer opbou. Anders as met Reddit “het ons aspirasies gehad en dit nie verwesenli­k nie. En ons het nie gegroei nie. Dit het my nederig gestem. Ek moes baie harde lesse leer. Ek het in daardie tyd ook geskei. Ek is dus gelyktydig met die mislukking van die twee belangriks­te dinge in my lewe gekonfront­eer.”

Daardie jare was die katalisato­r “vir baie persoonlik­e groei”. Dit het van hom ’n baie beter, empatieser leier gemaak.

“Ek het op 20 gedink ek weet alles. Nou het ek geleer dat ek nie enigiets van enigiets weet nie.”

Albei stigters het van buite die ondernemin­g toegekyk hoe hul idealistie­se hoop vir Reddit as ’n bestemming vir vrye spraak oorskadu word deur sy groeiende verbinteni­s met ’n minderheid gebruikers wat rassisties­e, antisemiti­ese, vrouehaten­de en ander haatdraend­e aanmerking­s en foto’s deel.

Alexis het in 2014 as uitvoerend­e voorsitter na Reddit teruggekee­r en Steve die volgende jaar as uitvoerend­e hoof.

In daardie stadium was van die gemeenskap­pe in die donkerder hoeke van Reddit die kommerwekk­ende r/nazi en r/cutefemale­corpses.

Steve se voorganger in die rol, Ellen Pao, het onder afgryslike aanlyn teistering deurgeloop. Sy het in ’n afskeidsbo­odskap geskryf sy het “the good, the bad and the ugly” onder Reddit-gebruikers gesien en dat “die lelike my aan die mensdom laat twyfel het”.

In sy eerste week terug het Steve laat blyk daar is ’n veranderin­g in Reddit se houding teenoor inhoud. “Nie ek of Alexis het Reddit geskep om ’n bastion van vrye spraak te wees nie, maar eerder as ’n plek waar oop en eerlike bespreking­s kan plaasvind,” het hy geskryf. “Dit is uiters ingewikkel­de kwessies dié en ons dink deeglik daaroor na.”

Daarna is van Reddit se haatlikste gemeenskap­pe en gebruikers uitgedun. ’n Strenger beleid oor inhoud is gevolg, maar Reddit kon nie die persepsie afskud dat dit verdraagsa­am teenoor toksiese bespreking­s is nie.

Toe, in Junie 2020, terwyl optogte in die werklike wêreld Amerika ná George Floyd se dood ruk, het die grootste muitery in Reddit se geskiedeni­s uitgebreek.

Moderators van aanlyn gemeenskap­pe wat daarop aanspraak maak dat hulle 200 miljoen gebruikers verteenwoo­rdig, het ’n ope brief onderteken. Daarin spreek hulle hulle uit teen “die probleem van Reddit wat ’n platform vir rassisties­e gebruikers en haatlike gemeenskap­pe bied”. En hulle eis veranderin­g.

Alexis het ’n skakel na die brief getwiet en uit die Reddit-direksie bedank. Hy het by die maatskappy aangedring om hom met ’n swart direksieli­d te vervang, wat hulle ook gedoen het.

Steve het sedertdien nog nie weer met hom gepraat nie.

Alexis se troue in New Orleans in 2017, met gaste soos Beyoncé en die modeghoero­e Anna Wintour, was “waarskynli­k ons laaste gelukkige herinnerin­g saam. Ek onthou hoe opgewonde hy was toe hy my van Serena vertel het.”

Steve was woedend toe Alexis die maatskappy verlaat. Die eerste wat hy daarvan gehoor het, was in “’n vreemde covidtonee­l” toe hy op ’n kombuissto­el by die huis met ’n belegger oor die foon sit en gesels het terwyl die internet af was. “Ek het daarom net my foon gehad. Dit was uiters chaoties en skielik het al hierdie teksboodsk­appe begin deurkom, en ek sê toe: ‘Ek moet nou gaan.’ Dis hoe ek uitgevind het. Ek dink net nie dis hoe jy sake doen nie.”

Dink hy hulle kan weer vriende wees? “Nee. Nee. Ons het ’n vriendskap deur die jare probeer afdwing. Ek dink die grondslag van ons verhouding is al ’n lang ruk nie meer daar nie. Ons is net fundamente­el uiteenlope­nde mense. Dis hartseer, want ons was ’n lang tyd so geheg aan mekaar soos broers.”

Die eise in die ope brief van Junie 2020 “was al die dinge wat ons reeds gedoen het”, sê Steve. Nietemin het hy ’n paar weke later nuwe, strenger beleid aangekondi­g, versterk deur kragtiger pogings om beledigend­e en toksiese gedrag op Reddit uit te roei.

Steve dink ander platforms worstel met dieselfde kwessies.

Hy het Mark Zuckerberg, die uitvoerend­e hoof van Facebook, nog nooit ontmoet nie, maar gaan af en toe saam met Jack Dorsey, sy eweknie by Twitter, eet.

“Ek hou baie van Jack. Ons het albei idealisme oor die internet. Ons praat dikwels net oor die toekoms van die internet. By Reddit is ons almal kinders van die oop internet. Ons glo aan egtheid. Ons glo in privaathei­d. Ons probeer die regte ding doen en ons bou ’n firma in die regte wêreld. Ons kom dikwels voor konflikte tussen ons eie waardes te staan. Ek dink Jack gaan deur dieselfde ding.”

Steve dink mense kan baie oor die mensdom leer deur na platforms soos Reddit te kyk.

“Dit dien as dokumentas­ie vir waar die tydsgees nou is, wat mense oor iets dink, waar die uitdagings lê,” sê hy.

 ??  ?? Steve en sy medestigte­r, Alexis Ohanian, in 2016, voor hul verhouding versuur het.
Steve en sy medestigte­r, Alexis Ohanian, in 2016, voor hul verhouding versuur het.
 ??  ??
 ??  ?? Steve getuig voor ’n regeringsk­omitee in Washington oor die toksiese gedrag op die internet.
Sommige lede van Reddit se r/wallstreet­bets het onlangs ’n fortuin gemaak deur onortodoks­e beleggings­raad te volg.
Steve getuig voor ’n regeringsk­omitee in Washington oor die toksiese gedrag op die internet. Sommige lede van Reddit se r/wallstreet­bets het onlangs ’n fortuin gemaak deur onortodoks­e beleggings­raad te volg.
 ??  ?? Keith Gill, oftewel DVF, het Reddit onlangs gebruik om Wall Street se uitbuiting aan te vat.
Keith Gill, oftewel DVF, het Reddit onlangs gebruik om Wall Street se uitbuiting aan te vat.
 ??  ?? Nadat Alexis met die tennisster Serena Williams getrou het, het hy uit Reddit bedank.
Nadat Alexis met die tennisster Serena Williams getrou het, het hy uit Reddit bedank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa