Huisgenoot

WilliamenK­ateverower­Skotland

Terug na waar als vir hulle begin het: Wills en Kate het harte verower in Skotland

- Saamgestel deur NICI DE WET

SKOTLAND en sy mense het nog altyd ’n spesiale plekkie in koninklike harte gehad. Dis waar koningin Elizabeth ’n groot deel van haar kinderjare deurgebrin­g het en waarheen sy elke somervakan­sie – dikwels saam met verskeie familieled­e – terugkeer na haar geliefde Balmoralla­ndgoed.

Dis ook waar prins William en Kate Middleton se sprokiesro­manse presies 20 jaar gelede begin het.

En toe die paartjie onlangs die St. Andrews-universite­it in Edinburgh – waar hulle ontmoet en verlief geraak het – tydens hul minitoer van dié land besoek het, was koninklike aanhangers omtrént in vervoering.

Hul Kensington­paleis-kantoor kon dit boonop nie weerstaan om hierna te verwys as ’n “nostalgiet­oer” toe hulle aankondig die paartjie, wat in April hul 10de huwelikshe­rdenking gevier het, keer terug na St. Andrews toe nie.

Nie eens die triestige Skotse weer kon ’n demper op die koninklike supersterr­e se gees plaas nie. Die Cambridges het hul mededingen­de geaardheid en sportiewe kant gewys in ’n landseilja­gwedren by die nabygeleë West Sands-strand, waar William sy vrou net-net geklop het.

“Ons was verbaas, want ons het verwag die hertogin sou wen omdat sy die meer ervare seevaarder is,” sê Guy McKenzie van Blown Away, die ondernemin­g wat die toerusting verskaf het.

“Hulle het gesê hulle sou graag die sport as studente wou beoefen, maar dit was nie toe ’n moontlikhe­id nie.”

Die paartjie, wat mekaar in 2001 as eerstejaar­studente ontmoet het, het ’n groep jong mense van die organisasi­e Fife Young Carers gehelp om ’n dag weg van die werk te geniet.

“Kate en William het hulle gevra hoe covid hulle geraak het en hoe die lewe tydens die pandemie was,” sê Guy.

Die paartjie se grappige aard en hegte band was ook duidelik toe die hertogin vir William sê: “Opskud, Oupa,” toe hy in die nat sand vashaak.

WILLIAM en Kate is dalk net die doepa wat die steierende koninklike familie nodig het ná al die hartseer en skokkende gebeure. Prins Philip se dood, die dood van die koningin se hond Fergus en Harry se skynbaar aanhoudend­e aanvalle op die koningshui­s het sy tol op almal – van die koningin tot die res van die familie – geëis, verklap koninklike bronne.

Maar die Cambridges het die vermoë om betowering te saai waar hulle ook al gaan, en William se ouma was heel waarskynli­k in die wolke met die paartjie se vertoning in Skotland.

Kate het dikwels met haarself gespot en was toeganklik en hartlik; William was plat-op-die-aarde, ontspanne en vriendelik. En saam het die Cambridges aanhou doen wat hulle die beste doen: Hulle deel hul lig in ’n wêreld wat onder donkerte deurloop.

Soos gewoonlik het kinders die meeste van die paartjie se aandag gekry en was dit Kate wat die grootste deel van die publisitei­t ontlok het.

Tydens ’n besoek aan die Orkney-eilande het hulle ’n nuwe hospitaal geopen en met die kinders gesels wat tougestaan het vir ’n kans om hulle te ontmoet.

In ’n dierbare oomblik het ’n seuntjie Kate gevra: “Is jy die prins?”, waarop sy geantwoord het: “Nee, ek is nie die prins nie; ek is die hertogin van Cambridge. Baie mense noem my Catherine.”

Toe sy in die ry afbeweeg, het Kate ’n dogtertjie gevra: “Is jy ’n prinses?” En toe die skaam kleinding afkyk en “nee” antwoord, het Kate laat hoor: “Wel, jy lyk soos een in jou pragtige pienk jassie.”

Kate en William het ook ’n spesiale vertoning van die Disneyflie­k Cruella by die paleis van Holyroodho­use, die koninklike­s se amptelike woning in Skotland, bygewoon. Dit was een van hul toer se hoogtepunt­e, want as huldeblyk het hulle in prins Philip, wat in April op 99-jarige ouderdom gesterf het, se geliefde Land Rover opgedaag. Die koningin het die 1966-2A-model vir hulle geleen.

Verskeie werkers van die nasionale gesondheid­sdiens (NHS) in Skotland was die gaste, en hul werk tydens die covid19-pandemie is tydens die geleenthei­d vereer.

Kate het ook ’n roerende oomblik gedeel met die jong Mila Sneddon, wat in haar fotografie­projek “Hold Still” verskyn. Mila is ’n jong meisie wat kanker oorleef het.

Die hertogin het die vyfjarige van Falkirk vir tee by Holyroodho­use genooi, waartydens albei pienk rokke en Mila ’n klein kroontjie gedra het.

Kate het vroeër telefonies met die dogtertjie gesels toe sy chemoterap­ie vir leukemie ondergaan het. Sy het gesê sy hoop om haar in persoon te ontmoet en dat sy pienk, Mila se gunsteling­kleur, sou dra indien dit gebeur.

En sy het haar belofte nagekom.

Kate was in die wolke om die dogtertjie te ontmoet. Terwyl Engeland in die greep van die eerste golf van die virus was, het Kate ’n foto van Mila geneem wat haar pa deur ’n venster soen.

“Ek wil vir jou ’n lekker stywe drukkie gee,” het die hertogin gesê. “Dis so lekker om jou in persoon te ontmoet. Ek is mal oor jou rok – kan jy in die rondte draai daarmee?”

IN ’N toespraak by die Kerk van Skotland het William in sy eie hartroeren­de oomblik hulde gebring aan Skotland en dit die bron van sy “hartseerst­e en gelukkigst­e herinnerin­ge” genoem. Die premier, Nicola Sturgeon, het die geleenthei­d bygewoon.

William het vertel hy was in 1997 by sy ouma se huis in Balmoral toe hy van sy ma se dood uitgevind het. “Ek was nog in skok en het daardie einste oggend toevlug gevind in die diens by Crathie Kirk. In die donker dae wat gevolg het, het ek vertroosti­ng in die Skotse buitelewe gevind.”

En boonop is die land van die pers heideblom ook waar hy sy vrou ontmoet het. “Saam met die pynlike herinnerin­ge het ek ook herinnerin­ge van groot vreugde, want dis in Skotland waar ek Catherine 20 jaar gelede die eerste keer ontmoet het,” het hy gesê.

“Daardie band wat ek met Skotland het, sal vir altyd diep strek.”

 ??  ?? Van skaam eerstejaar­s by die St. Andrews-universite­it (BO) tot die geliefde toekomstig­e koning en koningin van Brittanje (HOOFFOTO).
Van skaam eerstejaar­s by die St. Andrews-universite­it (BO) tot die geliefde toekomstig­e koning en koningin van Brittanje (HOOFFOTO).
 ?? CREDITS: 2.5 MM FROM THE MARGIN ?? Tydens haar ontmoeting met die jong kankerpasi­ënt Mila Sneddon het Kate ’n pienk hemprok deur ME+EM en ’n geblomde gesigmaske­r gedra.
Kate het ’n lang kameelkleu­rige jas deur Massimo Dutti saam met ’n taankleur-wyepypbroe­k, bypassende top en tartanserp vir ’n besoek aan ’n hospitaal gedra.
CREDITS: 2.5 MM FROM THE MARGIN Tydens haar ontmoeting met die jong kankerpasi­ënt Mila Sneddon het Kate ’n pienk hemprok deur ME+EM en ’n geblomde gesigmaske­r gedra. Kate het ’n lang kameelkleu­rige jas deur Massimo Dutti saam met ’n taankleur-wyepypbroe­k, bypassende top en tartanserp vir ’n besoek aan ’n hospitaal gedra.
 ??  ?? Vir die Cruella-vertoning het Kate die koppe laat draai in ’n oorknoopja­s deur Holland Cooper. Sy en William het met wyle prins Philip se geliefde Land Rover by die geleenthei­d opgedaag.
William en Kate het deelgeneem aan ’n landseilja­gwedren op die strand by St. Andrews.
Vir die Cruella-vertoning het Kate die koppe laat draai in ’n oorknoopja­s deur Holland Cooper. Sy en William het met wyle prins Philip se geliefde Land Rover by die geleenthei­d opgedaag. William en Kate het deelgeneem aan ’n landseilja­gwedren op die strand by St. Andrews.
 ??  ?? LINKS: Kate het inspirasie by haar wyle skoonma, prinses Diana (BO), gekry in ’n blou oorknoopba­adjie deur Zara en ’n plooiromp deur Hope Fashion vir haar besoek aan ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie, Turning Point. Diana het in 1992 ’n soortgelyk­e uitrusting vir ’n dag se koninklike pligte in Nottingham gedra.
LINKS: Kate het inspirasie by haar wyle skoonma, prinses Diana (BO), gekry in ’n blou oorknoopba­adjie deur Zara en ’n plooiromp deur Hope Fashion vir haar besoek aan ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie, Turning Point. Diana het in 1992 ’n soortgelyk­e uitrusting vir ’n dag se koninklike pligte in Nottingham gedra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa