Huisgenoot

Bacheloret­te SA-paarsmoorv­erlief

Hulle moes sedert November hul verhouding geheim hou, maar nou kan The Bacheloret­te SA se Qiniso en Gareth vir die wêreld wys hóé lief hulle mekaar het

- Deur KIM ABRAHAMS

AS DIE liefde wil blom, laat hy hom deur niks keer nie – nie deur rollende TV-kameras, die nuuskierig­e oë van kykers of ’n Kaapse winterdag nie. Dit lyk of die paartjie op die strand nie eens die koue voel nie. Die manier waarop die donkerkop en haar blonde kêrel vir mekaar kyk, spreek boekdele: Hulle is smoorverli­ef en dolgelukki­g.

Qiniso van Damme is die ene glimlaggie­s terwyl sy in die sand speel en Gareth Ehret se strandjoga­passies naboots.

Kykers het 16 weke lank haar reis na liefde in M-Net se maatsoekre­eks The Bacheloret­te South Africa gevolg. En op die ou end het sy haar hart aan Gareth, oftewel Gaz soos sy hom noem, verloor.

Die reeks is al in November verlede jaar opgeneem, maar daarna moes hul romanse ’n dig bewaarde geheim bly. Of anders kon dit voortydig verklap watter een van die 10 aantreklik­e mans in die huis die skone Qiniso se hart sou wen en die kykers se pret bederf.

Eers nou ná die onlangse uitsending van die laaste episode kan die twee eindelik vir die hele wêreld wys – en vertel – hoe hulle oor mekaar voel. “Wat ek die meeste van Gaz liefhet, is sy goedheid en eerlikheid,” sê Qiniso. “Hy het ook hierdie pragtige glimlag wat my hart laat smelt.”

Qiniso (28) het soveel vreugde in sy lewe gebring, sê Gareth (27) op sy beurt. “Ek het altyd gesê ek laat slegs positiewe mense in my lewe toe, en sy is die toonbeeld daarvan.”

Ons gesels met Suid-Afrika se nuwe glanspaart­jie via ’n video-oproep terwyl hulle op die strand ontspan. Hulle verdeel hul tyd tussen Qiniso se woonstel in Seepunt en Stellenbos­ch, waar Gareth woon.

Dit was ’n marteling om aanvanklik hul liefde stil te hou. Om nou openlik ’n verhouding te kan hê is ’n “groot verligting” vir Gareth, ’n digitale bemarker. “Ek was nogal angstig daaroor om in die openbaar opgemerk te word,” erken hy. Dit

was vir hom moeiliker om die kollig te hanteer as vir Qiniso omdat sy al ’n ruk lank in die modebedryf werk en gewoond is aan die aandag, veral nadat sy verlede jaar aan die tweede seisoen van The Bachelor SA deelgeneem het.

DIE paartjie het groot moeite gedoen om hul verhouding geheim te hou nadat die reeks geskiet is. Uitstappie­s saam was beperk tot skemerkelk­ies langs ’n dam en af en toe ’n besoek aan ’n wynplaas. Dit was ’n uitdaging, maar “ons het die meeste van ons situasie gemaak. Ons het ’n geleenthei­d gehad om uit die openbare oog aan ons verhouding te bou,” sê Gareth.

“Om die inperking saam met iemand deur te bring kan ’n verhouding maak of breek, maar dit het ons s’n gemaak,” beaam Qiniso. Oplettende kykers het al vroeg in die reeks gesien die twee deel ’n spesiale band. Die vonk tussen hulle was onmiskenba­ar, en Gareth het die meeste kans gekry om tyd alleen saam met haar deur te bring.

Hy was ook die eerste deelnemer teenoor wie Qiniso erken het dat sy gevoelens vir hom koester. Sy was daardie aand so senuweeagt­ig dat sy nie eens haar eie naam kon uitspreek nie. “Ek is ’n selfversek­erde meisie wat nie sukkel om te sê hoe ek voel nie, en daar staan ek en struikel oor my woorde soos ’n sot,” onthou sy.

Qiniso sê sy het elkeen van die mans ’n regverdige kans in die reeks gegee, al was dit vir haar liefde met die eerste oogopslag toe sy Gareth sien. Die lang, aantreklik­e en skamerige man het alles gehad waarna sy in ’n maat soek. “Gaz is eerlik, nederig, opreg en sien die wêreld op ’n pragtige manier,” koer sy. “My intuïsie het vir my gesê daar is niemand wat beter by my sal pas nie. Hy is ook baie aantreklik, so dis ’n wen-wen-situasie,” sê sy en giggel.

Soos die res van die land het hulle voor die TV reggesit om na die reeks te kyk waarin hul romanse ontvou het. Gareth erken daar was dele wat vir hom moeilik was om te sien. “Ek moes my kop wegdraai wanneer dit by die soenery kom. As jy in my posisie is, moet jy die emosionele volwassenh­eid hê om te weet daar gaan ander ouens wees. Maar natuurlik het ek haar lief, en dis vreemd om haar saam met ander ouens te sien.”

Tog het hulle dit geniet om die begin van hul verhouding so te herleef, sê hulle. Hul gunsteling­deel is die seremonie waar die laaste roos uitgedeel is. Gareth het toe oop kaarte gespeel oor sy gevoelens vir Qiniso. “Ek dink nie ek het al ooit met iemand gekliek soos met jou nie,” het hy vir haar gesê. “Ek het volle vertroue in wat ek nou gaan sê: Ek het jou lief.”

DIT was allermins maklik vir Qiniso om te besluit aan wie sy die laaste roos – en haar hart – sou toevertrou. “Al jou krag word getoets, maar ek kan beslis sê ek is ’n beter mens nadat ek dit alles deurgemaak het.” Nadat al die rose uitgedeel is, het net Gareth en Henk “Swazi” Nel oorgebly. Qiniso het haar gesinslede – haar ma, Sibongile, haar broer, Sandile, en haar politikus-suster, Phumzile – gevra om haar met die groot besluit te help.

Swazi, ’n krieketspe­ler wat die reeks se “prins Harry” gedoop is, het gou in haar mense se harte ingekruip. Met sy selfvertro­ue het hy Sibongile uitgeboul, met sy begrip van lobola Sandile beïndruk, en selfs die rateltaai Phumzile het van die rooikophar­tebreker gehou. Maar Qiniso het geweet sy sal Swazi moet teleurstel, want haar hart het reeds aan Gareth behoort. Swazi is ’n ongeloofli­k ou, sê sy. “In daardie laaste oomblikke was Swazi net daar as ’n goeie vriend wat my getroos het en seker gemaak het ek is oukei.”

Sedert die laaste episode uitgesaai is, word Qiniso en Gareth oorval met boodskappe van kykers wat hulle gelukwens. Hulle het ook nuwe vriende gemaak terwyl die reeks geskiet is. Gareth en Franco

Basson het sulke hegte bande gesmee dat Franco, ’n finansiële konsultant van Johannesbu­rg, een van die paartjie se video’s vir die sosiale media geredigeer het.

“Ek voel bevoorreg dat miljoene mense my en Gaz ondersteun,” sê Qiniso. “Ek is aangenaam verras daardeur dat ek hierdie mens aan my sy kan hê,” voeg sy by. Ook Gareth kan skaars sy geluk glo. “Qiniso het ’n diepte en goedheid, en ek floreer op haar positiewe energie.”

Wat trouklokki­es betref, lê dit dalk nie so ver in die toekoms nie. “Daar is nog nie ’n datum bepaal nie, maar ek kan my nie my lewe sonder haar voorstel nie,” sê Gareth, wat ná die reeks begin het om Zoeloe aan te leer.

Vir eers wil Suid-Afrika se eerste bacheloret­te dit net geniet om die man van haar drome se meisie te wees. “Die geluk is regtig aan my kant,” sê Qiniso. “Kan jy jou indink, van al die plekke om liefde te vind, het ek dit in ’n televisiep­rogram voor miljoene mense gevind!”

“Soms moet jy dinge net laat gaan,” voeg sy by. “Dis dan dat jy die liefde binnelaat.”

 ??  ?? The Bacheloret­te SA se Qiniso van Damme het die laaste roos vir Gareth Ehret gegee en hom so uit 10 ouens gekies.
The Bacheloret­te SA se Qiniso van Damme het die laaste roos vir Gareth Ehret gegee en hom so uit 10 ouens gekies.
 ??  ?? Nadat hulle eers hul verhouding geheim moes hou, sien hulle nou daarna uit om saam in die openbaar te kan wees.
Nadat hulle eers hul verhouding geheim moes hou, sien hulle nou daarna uit om saam in die openbaar te kan wees.
 ??  ??
 ??  ?? HEEL LINKS BO: Hul laaste soen in die program. LINKS BO en REGS: Die band tussen hulle was vroeg reeds sigbaar.
HEEL LINKS BO: Hul laaste soen in die program. LINKS BO en REGS: Die band tussen hulle was vroeg reeds sigbaar.
 ??  ?? ’n Emosionele gesprek tussen Qiniso en Henk
“Swazi” Nel, die tweedelaas­te van die 10 mans.
’n Emosionele gesprek tussen Qiniso en Henk “Swazi” Nel, die tweedelaas­te van die 10 mans.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa