Huisgenoot

Friends-akteurs ná 17 jaar weer saam

Dit was ’n nostalgies­e reis toe die akteurs van die ikoniese Friends ná 17 jaar weer bymekaarko­m

- Saamgestel deur DENNIS CAVERNELIS

DIT voel byna nes ’n reünie met jou oudste vriende. Jy kyk elkeen goed op en af om te sien of die ouderdom hulle genadig was. Jy voel sélf ’n bietjie ouer as jy sien die jare het ook vir hulle aangestap; tog lyk elkeen nog so baie soos destyds. Julle lag oor die goeie ou dae en al die snaakse gebeure. En soms kry jy ’n knop in die keel . . .

Matt LeBlanc lyk stewiger en Matthew Perry sleep sy woorde so ’n bietjie. Maar Courteney Cox, Jennifer Aniston en Lisa Kudrow – almal nou aan die ander kant van 50 – lyk asof die jare hulle verbasend goed behandel het. En David Schwimmer het nie ’n dag ouer geword nie.

’n Volle 17 jaar nadat die suksesvoll­e komedieree­ks Friends tot siens gesê het, het die ses vriende van dié program – Joey, Chandler, Monica, Rachel, Phoebe en Ross – in ’n spesiale reünieprog­ram in ons voorkamers kom kuier.

Monica en Rachel se woonstel lyk nog nes almal dit onthou. Die mure is pers, daar is ’n prenteraam teen die deur en dieselfde ou TV staan nog daar.

Die Friends Reunion Special het ’n hele generasie na hul jong dae teruggenee­m.

In die reünie kuier die akteurs met mekaar en ’n klompie van hul beroemdste gaste. Hulle lees saam uit ou draaiboeke en klets lekker nostalgies oor wat hulle alles van daardie tyd onthou.

David en Jennifer verklap selfs vir die eerste keer hulle was tydens die verfilming van seisoen een ook in die regte lewe ’n bietjie verlief op mekaar. Maar hulle het nooit ’n regte soen gedeel nie, sê hulle gou.

Al is die reeks al meer as 20 jaar oud, is dit steeds een van die gewildstes op Netflix. Dié stromingsd­iens het bereken meer as 54,3 miljoen uur van Friends (die ekwivalent van 62 000 jaar) is al deur Netflix-kliënte gestroom. En die eksklusiew­e regte om die reünie uit te saai is deur die stromingsd­iens HBOMax vir ’n massiewe bedrag gekoop.

 ??  ??
 ??  ?? Die reünie is deur ’n ete in 2019 voorafgega­an. Jennifer Aniston het die oomblik in haar eerste Instagramp­lasing vasgevang.
Die reünie is deur ’n ete in 2019 voorafgega­an. Jennifer Aniston het die oomblik in haar eerste Instagramp­lasing vasgevang.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Elliott Gould was Ross en Monica se pa. LINKS: Reese Witherspoo­n was Rachel se suster. REGS: Tom Selleck was Monica se kêrel.
Volgens die
Friends-akteurs sal dit hul enigste samekoms voor die TVkameras wees.
LINKS BO: Elliott Gould was Ross en Monica se pa. LINKS: Reese Witherspoo­n was Rachel se suster. REGS: Tom Selleck was Monica se kêrel. Volgens die Friends-akteurs sal dit hul enigste samekoms voor die TVkameras wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa