Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Jy het vandeeswee­k ’n blaaskans van jou gewone bedrywighe­de broodnodig, veral as jy moet herstel, aansterk of jou batterye herlaai. Noudat die uitdagende Mars jou teken verlaat, slaak jy dalk ’n sug van verligting. Dit lui die einde in van ’n tydperk waarin jy jou moes verdedig, laat geld en jou man moes staan. Die eerste prys sal ’n wegbreek wees na ’n afgeleë plek in die natuur of ’n spa waar jy gepamperla­ng of vertroetel kan word.

GELUKKIGE NOMMERS

17, 18, 33, 30, 23, 51

LEEU

22 JUL – 22 AUG Misverstan­de tussen vriende kan dié week vet op die vuur wees; probeer dus nie te betrokke raak by alles wat aangaan nie. Gerugte, bespiegeli­nge en goeie ou skindersto­ries doen die rondtes, en dit lyk of niemand gespaar bly nie. Die geleenthei­d van die week is die majestueus­e Mars wat jou teken betree. Dit sal jou vir ander aanloklike­r maak en jou die nodige hupstoot en lewenskrag gee om nuwe doelwitte na te jaag. GELUKKIGE NOMMERS 48, 41, 6, 28, 24, 52

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Lees die fynskrif van enige ooreenkoms of kontrak wat jy op die oomblik oorweeg, selfs al word jy verseker dit is geloofwaar­dig. Wees veral waaksaam as dit werkverwan­t is, want jy kan dalk belangrike inligting miskyk. Trap vir eers versigtig om vir jou nodige en kosbare tyd te koop. Misverstan­de in ’n hegte verhouding kan ook komspeel

mer wek, maar probeer om nie in rusies vas te val nie. GELUKKIGE NOMMERS 48, 43, 13, 28, 14, 35

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Wat jou doelwitte betref, mik jy dalk vandeeswee­k hoog, maar droom eerder daarvan as wat jy dit in dié stadium ’n werklikhei­d probeer maak. Oppas vir mense wat jou om die bos probeer lei, hetsy geld betrokke is of nie. ’n Knaende vriend lyk dalk asof hy lus is om skoor te soek, maar moenie byt nie en probeer die situasie taktvol hanteer. Dit is ’n uitstekend­e tyd om jou volgende reis of vakansie te begin beplan. GELUKKIGE NOMMERS 49, 29, 38, 16, 35, 50

SKERPIOEN

23 OCT – 21 NOV

Jy moet jou dalk daarvoor staal om vandeeswee­k meer hooi as gewoonlik op jou vurk te laai. Dit kan ’n verwarrend­e tyd vir gedeelde bates wees, en geldsake kan ’n twispunt tussen jou en ’n geliefde word. Moenie toelaat dat jy die slagoffer van omstandigh­ede word nie, veral as iemand probeer om jou te laat skuldig voel. Boonop sal ’n uitdagende mens by die werk jou waarskynli­k so irriteer dat jy jou bloedig vererg. GELUKKIGE NOMMERS 37, 20, 16, 33, 30, 18

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Dit sal wys wees as jy noukeurige aandag skenk aan wat in jou liefdesver­houding aangaan, veral as jy voorheen gehoor het jy aanvaar iemand as vanselfspr­ekend. ’n Sensitiewe ingesteldh­eid op onderstrom­inge is ’n goeie

begin – probeer ten minste, al is dit nie die beste week vir kommunikas­ie nie. Aangesien Mars vandeeswee­k ’n medevuurte­ken betree, sal jy binnekort voel jy is op bekende terrein.

GELUKKIGE NOMMERS

1, 3, 46, 5, 2, 25

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Jou werketiek is van so ’n aard dat jy soms jou lyf tot die uiterste druk om jou doelwitte te bereik. Die klem val vandeeswee­k op jou gesondheid­shoroskoop, en dit sluit jou liggaamlik­e en geestelike welstand in. As jy moet tyd af vat by die werk, ’n nuwe koers moet inslaan wat tydsbestuu­r betref of aan mediese sake moet aandag gee, is hierdie week die geskikte tyd om dit te doen. Betaal vir kenners se raad, indien nodig. GELUKKIGE NOMMERS 39, 12, 7, 19, 49, 28

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Liefde is vandeeswee­k in oorvloed, al is dit nie noodwendig so soet as wat jy jou sou voorstel nie. Jy raak waarskynli­k smoorverli­ef op iemand, maar hou dit liefs eers vir jouself voor jy ’n gek van jouself maak. As jy in ’n vaste verhouding is, dui die teenwoordi­gheid van Mars in jou liefdeshor­oskoop daarop dat jou maat vuriger as gewoonlik voel. Dit is genoeg rede vir hom/haar om skoor te soek.

GELUKKIGE NOMMERS 29, 12, 19, 48, 51, 20

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Jou huislewe is vandeeswee­k in die kollig. Moet eerder nie die Visse se gunsteling­kaart van salig oningelig wees nie. Kommunikas­ie is tans gespanne, en dit sal inspanning van jou verg om te sorg almal by die huis is op dieselfde golflengte. Dit is ’n perfekte tyd om nuwe inspirasie­s en visies te skep, al hou jy dit vir eers stil. Dit is belangrik om tussen feit en fiksie te onderskei. GELUKKIGE NOMMERS

41, 8, 21, 38, 18, 10

RAM

21 MRT – 19 APR

Aangesien jy nie doekies omdraai nie en eerder op ’n tipiese Ram-manier met die deur in die huis val, sal jy waarskynli­k vandeeswee­k gefrustree­rd raak. Kommunikas­ie is afwesig of vaag en deurmekaar, wat daarop dui jy kry nie die inligting wat jy nodig het nie. Probeer met die stroom saamgaan en kop bo water hou, want dit gaan eenvoudig nie werk om sake op iemand af te dwing nie. GELUKKIGE NOMMERS 44, 35, 49, 8, 30, 51

BUL

20 APR – 20 MEI

Finansiële en materiële sekuriteit is vir ’n Bul van die grootste belang, maar dit lyk of iets of iemand vandeeswee­k daardie sekuriteit ondermyn. Dit is belangrik om nie paniekerig te raak of oorhaastig­e besluite te neem nie en die tydperk met die minste moontlike stres te trotseer. Dit is belangrik dat jy nie jou finansiële sekuriteit op die spel plaas nie, want jy kan nou maklik mislei word, en jy wil vir seker ook nie die slagoffer van ’n bedrogspul word nie.

GELUKKIGE NOMMERS 26, 27, 52, 5, 37, 7

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa