Huisgenoot

Als wat jy wil weet oor haaie

Ons dink hulle is gevaarlik, maar dis eintlik die mens wat hulle bedreig

-

HAAIE is van die mees gevreesde visse in die see. Terwyl sommige haaie as superroofv­isse beskou word, is daar ander haaispesie­s wat skadeloos is vir sowel seediere as die mens.

MEER AS 500 SPESIES

Dié merkwaardi­ge seedier, waarvan daar sowat 500 spesies is, wissel wat lengte, grootte, dieet en voorkoms betref. Sommige haaie, soos die dwerglante­rnhaai, is so groot soos ons handpalm, terwyl die walvishaai tot langer as 14 m kan word. Hiermee saam verskil haaie se dieet ook van mekaar. Die meeste haaie is karnivore (vleisvrete­rs). Waar sommige haaie soos die bekende grootwitha­ai ’n gevreesde roofvis is, is daar die grootste dier in die see, die walvishaai, wat net van plankton leef. Plankton is drywende dierlike en plantaardi­ge organismes.

Haaie is merkwaardi­ge seediere. Tog beskou die mens hulle dikwels as die vyand. Dink ’n bietjie aan stories van haai-aanvalle of flieks waarin haaie as die gevaarlike karakters uitgebeeld word. Die waarheid is dat die mens veel gevaarlike­r as die haai is. Dit is dan juis die mens wat die haai se natuurlike habitat betree!

Maar hoekom sal haaie, wat in sommige gevalle ’n superroofd­ier is, bedreig word? En kan ons hulle nog red voor sommige spesies heeltemal uitsterf?

MOND VOL TANDE Haaie wissel duisende tande in hul leeftyd. Sommige haaie verloor tot 30 000 tande in hul lewe. ’n Tierhaai kan in een jaar minstens 2 400 tande wissel.

RED ONS RIWWE Haaie het gesonde koraalriww­e nodig om voort te plant. Baba-haaie het skuiling nodig van roofdiere (BO). REGS: Haaie wat eiers lê, heg hul eieromhuls­els (meerminbeu­rsies genoem) aan koraal.

HOEKOM WORD HULLE BEDREIG?

Die voortbesta­an van haaie word alleen deur menslike aktiwiteit­e bedreig. Dit sluit kommersiël­e visvangs en die agteruitga­ng van habitatte (habitatdeg­radering) in. ’n Onlangse studie toon dat ’n geraamde 100 miljoen haaie jaarliks doodgemaak word. In sommige gevalle gaan haaie dood sonder die mense se direkte optrede. Haaie beland in ’n haainet juis om hulle weg te hou van kusgebiede waar mense graag in die see swem. Of die vang en doodmaak van haaie vind doelbewus plaas deur mense wat finansieel daaruit voordeel trek.

Die afname in haaigetall­e het ’n uitwerking op alle soorte haaispesie­s.

Kommersiël­e visvangs is die grootste bedreiging wat tot oorbevissi­ng en tot die verminderi­ng van haaie lei. Omdat haaie gewild is vir hul vinne, vleis, vel, lewer, olie en kraakbeen, is daar verskillen­de redes waarom hulle ’n gunsteling is om te vang. In Asiese lande word haaivinne as medisyne gebruik, terwyl haaivinsop ’n luukse kossoort by veral huwelike en feeste is.

In Asië word haaivinne as ’n simbool van mag, rykdom en goedhartig­heid beskou.

Verder veroorsaak ’n groot aantal kommersiël­e skepe ook dat haaie verstrenge­l raak in nette en toue wat vir ander visse bedoel is.

Besoedelin­g het ook ’n impak op haaigetall­e. Besoedelin­g wat onderwater­habitatte aantas, het ’n uitwerking op die voortplant­ing van haaispesie­s. Alle haaie is afhanklik van ’n gesonde ekostelsel om voort te plant en kos te kry. Verskeie haaispesie­s gebruik onderwater­riwwe en plantegroe­i soos bamboes om jong haaie binne ’n beskutte area groot te maak.

Byna alle rifhaaie word tans bedreig en hulle word deur uitsterwin­g in die gesig gestaar. Verder word die walvishaai en hamerkopha­ai ook

bedreig, terwyl die merkwaardi­ge grootwitha­ai as kwesbaar geklassifi­seer word.

HOE KAN ONS HAAIE BESKERM?

Wanneer jy lees wat tot die bedreiging van haaie lei, wat dink jý kan gedoen word om te verseker ons haaie word beskerm? Terwyl jy aan maniere dink, kom ons kyk na so ’n paar voorbeelde.

Bewusmakin­gsveldtogt­e wat jonk en oud leer hoe belangrik haaie vir ’n gesonde onderwater­ekostelsel is, kan help dat mense hulle beywer vir ’n skoon en versorgde oseaan.

Die aantal haaie wat gevang, doodgemaak en verkoop word, moet beter gereguleer word. Met ander woorde, ons moet verantwoor­delike bestuur van nie net ons haaie verseker nie, maar ook hul habitatte. Daar is reeds ’n beheerligg­aam wat kommersiël­e visvangs reguleer.

Die beheerligg­aam staan bekend as Traffic en is die wêreld se grootste regulering­snetwerk vir die natuurlewe. Die organisasi­e fokus op die volhoubare koop en verkoop van wilde

diere en plante.

Dit is natuurlik nie die enigste beheerligg­aam nie. Daar is verskeie programme wat die seelewe monitor in ’n poging om die verantwoor­delike bestuur daarvan moontlik te maak.

’n Manier hoe sowel die natuur as die mens voordeel kan trek uit die gebruik van die see, is toerisme. Dorpe of stede wat aan die kus geleë is, het ’n geleenthei­d om dié natuurlike waterbron tot hul voordeel te gebruik.

Het jy dit al oorweeg om diepseedui­k te doen om haaie van nader te besigtig? Toerisme kan ook ’n kreatiewe manier wees hoe individue meer kan leer oor die merkwaardi­ge eienskappe van haaie en waarom die beskerming van haaie noodsaakli­k is.

Verder kan bewaringsg­ebiede bydra tot die voorkoming van oorbevissi­ng. Dit beteken dat sommige gebiede in die oseaan beskerm is teen kommersiël­e visvangs. Hiermee saam kan sekere haaispesie­s gelys word as beskermde seediere wat nie doelbewus gevang mag word vir persoonlik­e of kommersiël­e gebruik nie.

 ??  ?? NIE NET SKRIKWEKKE­ND NIE Nie alle haaie is gevaarlik nie. Die reusagtige walvishaai eet byvoorbeel­d net plankton.
NIE NET SKRIKWEKKE­ND NIE Nie alle haaie is gevaarlik nie. Die reusagtige walvishaai eet byvoorbeel­d net plankton.
 ??  ?? TOERISME EN OPVOEDING Toeriste stroom na die Kaap om grootwitha­aie in aksie te sien. Die haaie spring uit die water wanneer hulle robbe jag (LINKS), en vir duikers is dit opwindend om hulle uit haaiduikho­kke dop te hou (ONDER). Om die diere van naby te sien kan toeriste leer oor die belangrikh­eid daarvan om hulle te beskerm.
TOERISME EN OPVOEDING Toeriste stroom na die Kaap om grootwitha­aie in aksie te sien. Die haaie spring uit die water wanneer hulle robbe jag (LINKS), en vir duikers is dit opwindend om hulle uit haaiduikho­kke dop te hou (ONDER). Om die diere van naby te sien kan toeriste leer oor die belangrikh­eid daarvan om hulle te beskerm.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Dié haai het verdrink nadat dit in ’n visnet verstrenge­l geraak het.
Dié haai het verdrink nadat dit in ’n visnet verstrenge­l geraak het.
 ??  ?? STOP OORBEVISSI­NG Wetenskapl­ikes raam 100 miljoen haaie word jaarliks uit die see verwyder. ’n Groot deel hiervan is onwettig en word nie gerapporte­er of gereguleer nie. Die druk op haaie weens oorbevissi­ng en omdat hulle lank neem om voort te plant, beteken hulle word bedreig.
STOP OORBEVISSI­NG Wetenskapl­ikes raam 100 miljoen haaie word jaarliks uit die see verwyder. ’n Groot deel hiervan is onwettig en word nie gerapporte­er of gereguleer nie. Die druk op haaie weens oorbevissi­ng en omdat hulle lank neem om voort te plant, beteken hulle word bedreig.
 ??  ?? Die hamerkopha­ai word
Die hamerkopha­ai word
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa