Huisgenoot

Meer oor Joshua Bassett

Dié Disney-ster en sanger is glo die inspirasie vir een van hierdie jaar se grootste hits – Olivia Rodrigo se “Drivers License”. Hier is vyf dinge wat jy oor Joshua moet weet

-

1 ONS KEN HOM AS DIE KITAARSPEL­ER EN SKAATSPLAN­KRYER RICKY BOWEN

in die nuwe Disneyreek­s

High School Musical: The Musical: The

Series waarin hy tot saam met Olivia Rodrigo (18) gesing het – jip, daai Olivia van die hit “Drivers Licence”. Dis nie die eerste keer dat Joshua op TV is nie. Hy was in 2018 ook te sien as Aidan Peters in die Disney Channel-reeks Stuck in the Middle.

2 JOSHUA (20) IS ’N MUSIKANT NES SY KARAKTER, RICKY

Die Kalifornie­se sanger is bekend vir songs soos “Lie Lie Lie” en “Feel Something”. En moenie dink hy’s vies vir Olivia omdat sy ’n song oor hom geskryf het wat mense wêreldwyd luister nie. Hy’t op sosiale media geskryf hy is mal oor haar nuwe hit, “Deja Vu”.

3 HY IS GEMAKLIK IN SY EIE VEL

Joshua het onlangs aangekondi­g hy is ’n lid van die LGBTQI+-gemeenskap. Hy is mal oor die “Golden”-sanger Harry Styles (27). “Hy is net so cool. Wie dink nie Harry Styles is cool nie? En hy’s sexy!”

4 HY HET VYF SUSTERS

Hy het selfs op een van sy susters se troue opgetree. Hoe cool is dit! Joshua kan omtrent elke musiekinst­rument onder die son speel – die klavier, kitaar, ukulele, bas, tromme, saxofoon . . . En hier kan ons nie eens die driehoek bemeester nie.

5 VAN ONS KRY NAGMERRIES OOR SKOOLWERK OF DROOM OOR DAAI NETFLIX-REEKS WAT ONS VOOR SLAAPTYD GEBINGE HET. JOSHUA SE DROME IS SUPERINTEN­S

“Soms droom ek hele simfonieë op, idees vir flieks met vol storielyne, en ander tye droom ek oor ou emosionele traumas. Jy weet, die normale goed.” Uhm, oukei dan . . .

BRONNE: INTERVIEWM­AGAZINE.COM, BILLBOARD.COM, USMAGAZINE.COM, COSMOPITAN.COM

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa