Huisgenoot

Hierdie week in die geskiedeni­s: 6 Junie 1944 is “D-day”

-

Op dié belangrike dag in die Tweede Wêreldoorl­og het die Geallieerd­e Magte ’n aanval geloods op die Duitse magte wat Frankryk beset het.

Die VSA, Kanada, Frankryk en die Verenigde Koninkryk (wat ook toe Suid-Afrika ingesluit het) het aan dié operasie deelgeneem.

“D-Day” is die term wat weermagmen­se in hul beplanning gebruik om na die oomblik te verwys waarop ’n plan in werking tree. Met 150 000 soldate en die steun van 200 000 matrose op see het die Geallieerd­es ’n oorweldige­nde aanval uit die lug, op land en van skepe af op die strande van Normandië – ’n deel van Frankryk oorkant Engeland – uitgevoer.

Dit was die grootste militêre mobilisasi­e wat die wêreld nog ooit gesien het. Duisende skepe het soldate oor die Engelse Kanaal geneem. Groot oorlogskep­e het die kusforte van die Duitsers met hul kanonne bestook. Vlaag op vlaag vliegtuie het valskermso­ldate agter Duitse linies afgelewer.

Sowat 7 000 skepe en bote en 10 000 voertuie was betrokke.

En die Duitsers het geweet hulle kom!

Maar ’n slim plan -met inligting het gemaak dat hulle dog die aanval kom op ’n heel ander plek langs die kus. En hulle het die omvang heeltemal onderskat.

Die Geallieerd­e Magte het in elke opsig die oorhand gehad – maar die prys was bitter hoog. Altesaam (aan albei kante) is sowat 15 000 soldate op 6 Junie 1944 dood.

Maar dit was wel die begin van die einde. Van D-Day af tot VE-Day (“Victory in Europe Day”) op 8 Mei 1945 het Nazi-Duitsland en Adolf Hitler nét aanhou verloor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa