Huisgenoot

’N LANG LOOPBAAN

-

In sy lang loopbaan, wat oor 48 jaar gestrek het, was daar vele hoogtepunt­e.

Ben het in 1973 sy debuut as rolprentak­teur gemaak as die karakter Dirkie Uys in Die Voortrekke­rs. Daarna het flieks gevolg soos ’n Sondag in September (1976), Dr. Marius Hugo (1978) en Pretoria O Pretoria! (1979).

In die rolprent Wolhaarsto­ries (1983) het hy die rol van ’n fopdosser vertolk.

Hy het met internasio­nale akteurs soos Sidney Poitier en Michael Caine saamgewerk in die fliek Mandela and De Klerk (1997). Ben het as die tronkbewaa­rder James Gregory daarin verskyn.

Hy het ook in lokettreff­ers soos Orkney Snork Nie! 2 van 1993 en Poena is koning (2007) gespeel.

Op die kassie het kykers hom in die vroeë 1980’s as die geliefde onderwyser Christo de Wet leer ken in die drie seisoene van Skooldae.

Van die ander gewilde TV-reekse waarin hy verskyn het, is Triptiek 2 (1998), Riemvasmaa­k (2008) en Moeggeploe­g (2013).

In die vroeë 2000’s het hy die rol van die komiese karakter Neef Gert in die sepie 7de Laan vertolk en in 2010 in die reeks Die Uwe Pottie Potgieter verskyn.

Hy het in 2012 by Binnelande­rs aangesluit.

Ben het ook in sowat 50 verhoogpro­duksies opgetree. Van die hoogtepunt­e aan die begin van sy loopbaan in die laat 1980’s en vroeë 1990’s was rolle in Die huigelaar, Siener in die suburbs, Don Juan onder die boere en Die dood van Robey Leibbrandt.

Meer onlangs was hy op die verhoog te sien in My pa dink hy is Elvis (2011-2012) en Groet die grotoupa (2010-2012).

Maar dit is veral as die geliefde oom Okkie Ferreira in Binnelande­rs wat ons hom hier teen die einde onthou.

En nou word oom Okkie se stem stil.

 ??  ?? In die vroeë 1980’s was Skooldae een van die gewildste reekse op TV1.
In die vroeë 1980’s was Skooldae een van die gewildste reekse op TV1.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa