Teken in!
STAP1
Besoek die App Store of die Play Store op jou foon om die gratis Netwerk24-app af te laai as jy op jou foon wil lees of daar na die video’s wil kyk.
Indien jy op jou tablet, rekenaar of skootrekenaar gaan lees, gaan direk na
Huisgenoot of Netwerk24 se webtuiste.
STAP 2
Indien ’n volwassene in jou gesin of jou voog reeds ingeteken is op Netwerk24, kan jy die
“Meld aan”-knoppie gebruik om jul e-posadres en wagwoord in te vul.
As julle nog nie ingeteken is op Netwerk24 nie, sal julle ’n profiel moet skep deur op
“Word ’n intekenaar” te klik. Registreer dan deur jul persoonlike besonderhede (naam, van, e-posadres en kontaknommer) in te vul en op “Word ’n intekenaar” te klik.
Let op: Daar is nou die opsie van ’n gratis registrasietydperk van 30 dae, en as julle dit kies, sal julle tydens hierdie registrasietydperk gratis na die Huisgenoot 100 matriekvrae-video’s kan kyk.
Julle sal egter in hierdie tydperk slegs toegang kry tot Netwerk24 se nuusinhoud en e-koerante, nie tot die e-tydskrifte op die webtuiste nie. Om alles te kan sien en lees, sal julle moet inteken op Netwerk24.
STAP 3
Julle sal herlei word na ’n intekenblad met twee pakkette waaruit julle kan kies. Die gewildste pakket is die opsie wat R99 per
maand kos. Dit sal julle onbeperkte toegang gee tot al die inhoud op Netwerk24 en op huisgenoot.com, en ook die 100 matriekvrae-videoreeks.
STAP 4
Netwerk24 bied vier betaalopsies vir nuwe intekenaars. Jou ouers of voog sal moet kies watter opsie hulle verkies en die betaling moet hanteer.
Lekker kyk! Sodra julle ingeteken is, kan jy soveel na die 100 matriekvrae-video’s op huisgenoot.com kyk as wat jy wil. Jy kan dit dan ook weer en weer kyk.