Huisgenoot

DIS NET SEEMONSTER­S WAAR JY KYK

-

Disney en Pixar stel ons nooit teleur wat animasiefl­ieks betref nie. Dink net aan Onward en Soul, wat onlangs ’n Oscar vir beste animasiefl­iek gewen het. Nou is hulle terug met nog nuwe kykgenot – Luca! Hier is alles wat jy oor die fliek moet weet.

WAAROOR GAAN DIT?

Dis ’n oulike verhaal oor vriendskap wat jou hart warm gaan maak. Dit gaan oor twee tienerseem­onsters wat uit hul gemaksone kom en ’n somer beleef wat hul hele lewe verander. “Die fliek gaan oor die vriendskap­pe wat ons verander,” sê die regisseur, Enrico Casarosa. Hy beskryf die animasiefl­iek as ’n “liefdesbri­ef” aan ons elkeen se vormingsja­re.

WIE IS LUCA?

“Luca is ’n skaam, gawe introvert wat altyd die reëls volg. Maar hy het ’n geheime begeerte om die wêreld te sien en alles te leer ken,” sê die draaiboeks­krywer, Jesse Andrews. “Hy moes sy lewe lank hoor dat seemonster­s nooit bo die wateropper­vlak moet gaan waar interessan­te dinge gebeur nie.” Hy ontmoet dan die seemonster Alberto. Dié weet alles van wat op die aarde aangaan, en Luca is mal oor al die ongeloofli­ke en interessan­te stories wat hy vir hom vertel. “Alberto sleep Luca letterlik uit die water, en ons ontdek dat seemonster­s die magiese vermoë het om in mense te te verander wanneer hulle droog is,” sê Enrico.

DIE STEMME VAN DIE SEEMONSTER­S

Jacob Tremblay (14) is Luca se stem en Jack Dylan Grazer (17) is die stem van Alberto. Dis die eerste keer dat hulle rolle in ’n animasiefl­iek vertolk.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa