Huisgenoot

WAT KAN JY DOEN?

-

Hoe gemaak as jy ontevrede is oor Buurman se bouwerk?

Die reg met betrekking tot bouwerk en dispute met jou buurman is ingewikkel­d en hang af van die feite in elke saak, sê Nikki Malan, ’n spesialis in eiendomswe­tgewing van DHM Prokureurs in Kaapstad.

“My raad is om eers ’n gesprek met jou buurman te hê, en wanneer dit nie oplossings bied nie regsadvies in te win.”

Dis onwaarskyn­lik dat die munisipali­teit aan jou inligting sal gee oor iets waarvan jy nie ’n party is nie. “Om met die beplanning­safdeling oor die bouplanne te praat sal nie jou probleem oplos nie, want die munisipali­teit kan nie net die goedkeurin­g vir ’n bouplan omkeer nie. Dikwels is jou enigste roete om formele regstappe te doen as die bouplanne eers goedgekeur is,” sê Nikki.

Chris Stofberg, van Stofberg & Bekker in Kaapstad, sê jy moet kyk na die bouregulas­ies in jou gebied om te sien of jy regsgronde het om kapsie te maak. Die algemeenst­e redes wat hy teëkom, is:

■ Verdigting van die eiendom:

Wanneer mense bykomende huise op die erf bou.

■ Waar die aanbouing jou privaathei­d raak.

■ Wanneer jou huis se uitsig belemmer word.

■ Waar die huis nie by die omgewing inpas nie en volgens die klaer eiendomswa­ardes in die buurt verlaag.

Nikki sê ’n bouplan kan net afgekeur word op grond van wat die Wet op Nasionale Bouregulas­ies en -standaarde uiteensit. Dit sluit munisipale wetgewing en die sonering van die eiendom in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa