Huisgenoot

Als oor jou belastingv­rye beleggings­voordeel

- Deur LETITIA WATSON

JOU groot voordeel uit belastingv­rye beleggings is dat die volle opbrengs (minus enige administra­siefooie) joune is. In vanjaar se nasionale begroting is jou persoonlik­e limiet op jaarlikse bydraes tot sulke beleggings boonop verhoog van R33 000 tot R36 000.

Dis ’n welkome belastingv­ergunning, maar hoe maak jy die beste gebruik daarvan? Hier is raad.

LAAT JOU BELASTINGV­RYE GELD MET RUS

Hoe langer jy jou geld belê, hoe groter die groei én jou belastingv­oordeel daaruit. Voorbeeld: As jy die volle jaarlikse bedrag van R36 000 in ’n belasbare belegging sit, kan jou groei R3 600 oor die jaar wees, maar Jan Taks kan sowat R600 vat, afhangend van jou belastingk­oers.*

In ’n belastingv­rye belegging bly daardie R600 joune en kan dit op langtermyn aanhou groei.

Hoe langer jy jou geld belê, hoe groter jou opbrengs danksy saamgestel­de rente.

Selfs ’n klein bedrag kan oor tyd ’n groot verskil aan jou welvaart maak, sê Roenica Tyson van Glacier by Sanlam.

Voorbeeld: Begin deur R500 per maand belastingv­ry te belê en verhoog dit jaarliks met 10% (dus R550 teen jaar 2, ens.). Teen ’n groeikoers van 10% sal jy ná 10 jaar reeds R152 293 gespaar het – en jou opbrengs is niebelasba­ar.

■ Onthou jy mag hoogstens R500 000 oor jou hele lewe in die belastingv­rye belegging belê. Alle geldbedrae wat jy uit die belegging onttrek – groot of klein – word van jou lewenslang­e bydrae afgetrek. Hierdie beperking maak dit beter as ’n langtermyn­belegging.

Voorbeeld: As jy R100 000 belê en jy onttrek dit weer, is jou totale oorblywend­e bydrag R400 000.

JY KAN IN GROEIBATES BELÊ

Jou opbrengs hang af van die soort belastingv­rye belegging waarin jou geld is. Opsies sluit in vastetermy­nspaarreke­nings, effektetru­sts, uitkeerpol­isse en indeksvolg­fondse.

Aandele, buitelands­e aandele en genoteerde eiendom word as groeibates beskou.

Sulke beleggings toon histories heelwat groter opbrengste as geld wat in kontantbel­eggings soos bankspaarr­ekenings gelaat word.

Dit kan jou help om die maksimum groei, belastingv­ry, op langtermyn te kry.

’n Finansiële beplanner kan jou help om die belegging te kies wat by jou spaardoelw­it pas.

VERSTAAN DIE BYDRAES EN LIMIETE

Die genoemde leeftydlim­iet van R500 000 is nie op die totale belegging met sy groei nie. Die R500 000 is hoeveel die belegger kan belê, maar die belegging self kan baie meer groei sonder om belas te word.

■ Baie mense dink verkeerdel­ik jy kan jou bydraes van belasting aftrek. Dit is slegs jou opbrengs wat nie belas word nie.

■ Jy kan in verskillen­de belastingv­rye beleggings tegelyk belê – mits jou gesamentli­ke jaarlikse bydraes vir almal nie R36 000 oorskry nie. Jy sal 40% belasting moet betaal op enige bedrag meer as die vasgesteld­e R36 000.

■ Jy kan vir jou kinders ’n belastingv­rye belegging oopmaak sodra hulle ’n ID-nommer het. Maar onthou dat jy dan tot jou kind se leeftydlim­iet bydra.

Voorbeeld: Jy spaar elke jaar van jou kind se lewe R10 000. Wanneer sy 20 word, het jy dus reeds R200 000 van haar leeftydlim­iet “opgebruik”. Sy sal dan vir die res van haar lewe slegs die oorblywend­e R300 000 kan bydra.

■ Probeer, indien moontlik, ’n jaarlikse enkelbedra­g spaar aan die begin van ’n belastingj­aar – wat altyd Maart is – eerder as maandeliks­e bydraes.

Dit sal jou belegging ’n ekstra 12 maande belastingv­rye groei gee, beveel Roenica aan.

WEET HOEVEEL FOOIE JY BETAAL

Dit kan duur word as jy nie pasop nie.

Belastingv­rye beleggings mag nie prestasief­ooie hef nie, maar wel al die gewone fooie, soos onttrekkin­gs-, bestuurs- en administra­siefooie. Fooie van 2% of 3% klink dalk min, maar oor tyd kan dit duisende rande beloop.

Voorbeeld: Jy belê R100 000 eenmalig vir 40 jaar, teen ’n 6%-groeikoers.

As die fooi 1% is, sal jou belegging ná 40 jaar R688 080 werd wees. Maar as jou fooi 3% is, sal jou belegging oor dieselfde tyd net R304 160 beloop (10X Investment­s).

Daardie ekstra 2% vreet omtrent die helfte van jou belegging op.

Fooie van 2% plus is algemeen – tog hef sommige goeie beleggings­maatskappy­e net sowat 1%.

Vra ’n onafhankli­ke finansiële beplanner om jou te help om verskillen­de produkte en hul fooie te vergelyk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa