Huisgenoot

Mense en Hul Dinge

Kim en Kanye is terug in die mark – en hier is hul nuwe liefdes

-

DRIE maande het verloop sedert Kimye se paadjies geskei het en hul egskeiding­sdokumente ingedien is – en nou lyk dit of die twee ekse finaal aanbeweeg het.

Kim (40) het die partytjiet­oneel met mening getref, maar “soek nie op die oomblik iemand in haar lewe nie”, sê mense in die binnekring, en

Kanye (43) het glo ’n romantiese verhouding met die Russiese model Irina Shayk

(35) aangeknoop.

Irina, wie se ekskêrel en die pa van haar dogter die akteur Bradley Cooper is, het ’n lang geskiedeni­s met Kanye. Sy het in die musiekvide­o vir sy 2010-treffer “Power” verskyn en is ’n paar weke gelede op ’n uitstappie saam met haar dogter, Lea (4), gewaar in ’n DMX-huldeblykt­op van sowat R3 000 wat deur Kanye en die modehuis Balenciaga ontwerp is.

As die gerugte van ’n romanse waar is, sê diegene na aan Kim, is sy “nie ontsteld of in die minste daarmee gepla nie,” berig The Sun.

“Dit lyk of niemand in haar kring omgee of dit glo nie. En selfs as dit waar is, twyfel ek of dit haar op hierdie stadium sal ontstel.”

Sedert sy en Kanye uitmekaar is, is die werklikhei­dstelevisi­ester romanties verbind met die Britse miljardêr Jamie Reuben, en sy is onlangs by sy sterbelaai­de verjaardag­partytjie gesien.

Jamie is die erfgenaam van ’n fortuin van $26 miljard van sy pa, die eiendomsbe­legger Simon Reuben, en is die direkteur van Engeland se grootste perdewedre­nondernemi­ng.

Dis onbekend of die vonke tussen hom en Kim gespat het, maar volgens ’n bron is haar enigste fokus tans om die egskeiding­sverrigtin­ge seepglad te laat verloop.

Kanye het aansoek gedoen om gesamentli­ke toesig van hul vier kinders, North (7), Saint (5), Chicago (3) en Psalm (2); en Kim sal dit na verwagting nie teenstaan nie.

 ??  ?? Jamie Reuben en Kim beweeg in soortgelyk­e sirkels. Die Brit het voorheen uitgehang saam met een van Kim se vriendinne, die skatryk Paris Hilton, en die musiekbaas Scooter Braun.
Jamie Reuben en Kim beweeg in soortgelyk­e sirkels. Die Brit het voorheen uitgehang saam met een van Kim se vriendinne, die skatryk Paris Hilton, en die musiekbaas Scooter Braun.
 ??  ?? Kanye ken die Russiese model, en Bradley Cooper se eksvrou, Irina Shayk, nou al vir ’n paar jaar. Sy het in 2010 in een van sy musiekvide­o’s verskyn en het in 2012 op die loopplank vir sy modehuis geloop.
Kanye ken die Russiese model, en Bradley Cooper se eksvrou, Irina Shayk, nou al vir ’n paar jaar. Sy het in 2010 in een van sy musiekvide­o’s verskyn en het in 2012 op die loopplank vir sy modehuis geloop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa