Huisgenoot

Local Is Lekker

-

Die kykNET-reeks Leef jou reis sou aanvanklik net vir een seisoen op die kassie wees.

Nou, 10 jaar later, neem die sanger Gerrie Pretorius kykers steeds reg oor die wêreld saam op sy reisavontu­re op die kassie.

“Om 130 opnames agter die blad te hê in elke uithoek van die wêreld het soms rof gegaan,” sê Gerrie.

Hier onthul hy meer oor sy reise.

lande wat jy al besoek het?

Chili, Switserlan­d, Rusland, Indië en Etiopië.

dinge waarsonder jy nie kan reis nie?

1. Goeie reisversek­ering. 2. Sonroom. Ek smeer dit elke dag aan.

3. Goeie koffie; ek sukkel met kitskoffie.

4. ’n Spaartande­borsel, want ek is obsessief oor skoon tande. Daarom is daar altyd ’n spaartande­borsel in my handbagasi­e.

wenke vir lesers wat in die coronakris­is plaaslik of oorsee wil reis?

1. Werk met profession­ele, ingeligte mense, veral wat vlugte betref. 2. Moenie bang wees om te reis nie. Dis tans eintlik die heel lekkerste om plekke te ervaar met die effens minder mense.

3. Reis met ’n oop gemoed – dis onbekende waters vir die toerismebe­dryf. Dinge verander weekliks, wees dus voorbereid.

interessan­te mense wat jy al tydens verfilming ontmoet het?

1. Ek het saam met die sanger

Demis Roussos aan huis gekuier in Athene in Griekeland, en dit sal my altyd bybly.

2. Die baron en Britse filantroop Michael Ashcroft het my by die opening van die lughawe op die eiland St. Helena beïndruk met sy navorsing en kennis oor geblikte leeujag in Suid-Afrika.

land waar jy vir die res van jou lewe kan bly?

Portugal. My tuisdorp, Mosselbaai, het ’n ryk geskiedeni­s met Portugal. En dis net ’n nege-uur-vlug.

 ??  ?? Die sanger Gerrie Pretorius het al byna 80 lande besoek.
Langs ’n kampvuur in Botswana.
Gerrie span uit op die prentjiemo­oi eilande van die Maledive.
In Lissabon in Portugal.
Die sanger Gerrie Pretorius het al byna 80 lande besoek. Langs ’n kampvuur in Botswana. Gerrie span uit op die prentjiemo­oi eilande van die Maledive. In Lissabon in Portugal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa