Huisgenoot

’n Mens moet altyd empatie hê met ander

- LOUIS B,

EK lees die artikel “Alles vir my dogters” (3 Junie). Dit is ’n moord. Dit was ’n mens met gevoelens, kinders se ma, en sy is met minagting hanteer. Geen mens verdien om vermoor te word nie, en veral nie met soveel minagting van hul menswees en sonder om haar familie se gevoelens in ag te neem nie.

Ek hoop my evaluering van Yolandi se eksman se reaksie is verkeerd. As die vrou so ’n verskrikli­ke lewe gelei het dat die wrede moord mense rondom haar koud laat, kan ek maar net vra: “Waar was die einste mense, met hul klaarblykl­ik hoë morele waardes, toe Yolandi nodig gehad het om tot inkeer gelei te word?

Dinge gebeur in die lewe; mense se lewe word negatief beïnvloed, en as dit nie verander word nie, word die lewe verwoes. Gewoonlik is onvoorwaar­delike liefde en aanvaardin­g ’n begin om mense te help. Hoe en wat sy ook al was, sy was ’n mens, ’n vrou en ’n ma. Al sou dit wees dat sy niks vir haar kinders gevoel het nie – wat ek nie dink die geval was nie – is daardie kinders steeds lief vir hul ma. ’n Kind is getrou aan ’n ouer, maak nie saak wat nie, en hulle het ook seergekry. Neem hul gevoelens in ag. Kyk na prins Harry se ontboesemi­ngs. Wat ’n mens saai, maai jy weer, en dit wat die koninklike­s nou maai, is wat hulle in Diana se lewe gesaai het.

Ons moet mense respekteer. Elke mens is ’n wonderwerk. Niemand het die reg om ’n lewe weg te neem nie. My suster se seun is twee jaar gelede wreed vermoor, en ek weet wat dit aan haar doen en hoe dit haar lewe vir ewig verander het.

’n Mens moet empatie hê met mense, ongeag wat, wie of hoe hulle was. Ons is almal steeds mense.

OOS-KAAP

E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Bydraes vir My Storie moenie langer as 300 woorde wees nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa