Huisgenoot

KERRIELAMS­TJOPS MET DHANJASTYW­EPAP EN ATJAR

-

Marineer die tjops ’n dag of twee voor die tyd vir ’n vingerlekl­ekker braai.

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. MARINEER: 1 UUR OF OORNAG GAARMAAK: 35-40 MIN.

TJOPS

6 groot lamsboud- of ribtjops

30 ml (2 e) olie

5 ml (1 t) heel komynsaadj­ies 2 uie, in ringetjies gesny 4 knoffelhui­sies, fyngekap 30 ml (2 e) geroosterd­e masala

125 ml (½ k) blatjang

30 ml (2 e) witwynasyn 30 ml (2 e) worcesters­ous ’n knippie fyn naeltjies ATJAR

30 ml (2 e) olie

1 ui, grofgekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 5 cm-stuk vars gemmer, gerasper

3-4 brandrissi­es, gekap

5 ml (1 t) mosterdsaa­djies 2 wortels, geskil en grofgerasp­er

¼ kopkool, grofgekap 2 lourierbla­re

2,5 ml (½ t) borrie

5 ml (1 t) brandrissi­epoeier 60 ml (¼ k) witwynasyn sout, na smaak

PAP

750 ml (3 k) klaar bereide stywepap

30 ml (2 e) botter

1 x 410 g-blik mieliepitt­e, gedreineer

’n hand vol vars koljanderb­lare, fyngekap

5 ml (1 e) droë rissievlok­kies sout en vars gemaalde peper

Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyproo­ster byderhand.

1 Tjops Sit die tjops in ’n marineerba­k en hou eenkant. Verhit die olie in ’n klein kastrol en rooster die komynsaadj­ies tot geurig. Skep uit en hou eenkant.

2 Verhit die olie in die kastrol en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die res van die bestanddel­e by en meng goed. Haal van die hitte af en laat afkoel.

3 Skep die marinade oor die tjops – sorg dat die tjops oral bedek is – en laat minstens 1 uur of verkieslik oornag marineer.

4 Atjar Verhit die olie in ’n diep kastrol, voeg die ui, knoffel, gemmer, brandrissi­es en mosterdsaa­djies by en roerbraai 5 min. Voeg die res van die bestanddel­e by en meng goed. Roerbraai 10 min. oor matige hitte of tot die kool sag is. Haal van die hitte af en hou eenkant.

5 Pap Meng alles goed. 6 Haal die tjops uit die marinade en pak op die rooster. Braai 12-15 min. of tot gaar soos verkies – smeer af en toe nog van die marinade oor die tjops. Geur met die sout en peper na smaak.

7 Vir voorsit Sit die tjops voor saam met die pap en atjar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa