Huisgenoot

BBQ-VARKNEKTJO­PS MET UIE-BIERBROOD

-

Ontbeende of selfs varknektjo­ps met die been kan gebruik word vir hierdie resep. Hierdie marinade verseker dat die tjops lekker sag en sappig bly.

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. MARINEER: 1 UUR OF OORNAG GAARMAAK: 45-50 MIN.

TJOPS

6 varknektjo­ps 60 ml (¼ k) elk tamatiesou­s en bruinsuike­r

30 ml (2 e) worcesters­ous 30 ml (2 e) asyn 2 knoffelhui­sies, fyngedruk BIERBROOD

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

500 ml (2 k) bruismeel

5 ml (1 t) elk droë tiemie en sout

2 stingeluie, fyngekap 250 ml (1 k) gerasperde cheddar

1 x 340 ml-blik/bottel bier 2 stingeluie, in lang repe gesny

VIR VOORSIT

sout, na smaak botter, vir smeer

Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai, sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyproo­ster byderhand. Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n middelslag­broodpan of blikbord met kossproei.

1 Tjops Pak die tjops in ’n marineerba­k. Sit die res van die bestanddel­e saam in ’n klein kastrol en verhit tot die suiker gesmelt is. Laat afkoel en giet oor die tjops. Maak seker die tjops is oral bedek. Laat minstens ’n uur of oornag in die yskas marineer.

2 Bierbrood Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot goudbruin. Meng die meel, tiemie, sout, fyngekapte stingeluie en die helfte van die cheddar goed.

3 Giet die bier by en meng tot ’n beslag vorm. Voeg die uie by en meng goed. Skep die beslag in die bereide broodpan of blikbord.

4 Sprinkel die res van die kaas oor en pak die repe stingeluie bo-op. Bak 40-45 min. of tot gaar en

tot ’n toetspen skoon uit die middel van die brood kom.

5 Vir voorsit Haal die tjops uit die marinade en pak op die rooster. Braai 15-20 min. oor matige kole of tot die tjops gaar is soos verkies. Smeer gereeld nog van die marinade oor as die tjops te vinnig droogbraai. Geur met die sout.

6 Keer die brood uit en sny in skywe, smeer met die botter en sit voor saam met die tjops.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa