Huisgenoot

SUURLEMOEN­LAMSTJOPS MET FETA-EN-ROKETPESTO EN APPELSLAAI

-

Lendetjops, ribtjops, boudtjops of selfs bladtjops is ideaal vir hierdie resep.

Ons vul die geur van hierdie tjops eenvoudig aan met suurlemoen en seesout en sit dit voor saam met romerige feta-en-roketpesto.

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 15-17 MIN.

PESTO

50 g okkerneute 2 knoffelhui­sies, gekneus ’n hand vol vars pietersiel­ie, fyngekap

’n hand vol roket, fyngekap 125 ml (½ k) olyfolie + ekstra vir bo-oor

1-2 wiele feta sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen sout en vars gemaalde peper

TJOPS

4-6 lamstjops van jou keuse sout en vars gemaalde peper sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) olyfolie

SLAAI

50 g okkerneute

2 Granny Smith-appels vars roket

Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai, sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyproo­ster byderhand.

1 Pesto Sit die neute en knoffel in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot fyn. Voeg die kruie by en pols tot gekap.

2 Giet die olie, feta, suurlemoen­sap en -skil by en pols tot glad en goed gemeng. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. Giet ’n bietjie olie oor die pesto en hou verkoel tot nodig.

3 Tjops Geur die tjops met die sout en vars gemaalde peper. Sprinkel die suurlemoen­skil oor en geur met die sap. Vryf die olie oor die tjops en pak op die rooster.

4 Braai die tjops 15-17 min. oor matige kole of tot die vet goudbruin en bros is en die tjops gaar soos verkies. Pak in ’n bak en laat 5 min. rus.

5 Slaai Meng al die bestanddel­e goed.

6 Vir voorsit Sit die tjops voor saam met die pesto en slaai.

Lamsvleis gaan goed gepaard met die pikante geure van jogurt en suurlemoen. Ons marineer die vleis in jogurt en sit dit voor saam met sagte kitsplatbr­ode wat ons sommer oor die kole gaarmaak.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. MARINEER: 30 MIN.

RUS: 10 MIN. GAARMAAK: 30 MIN.

LOLLIES

4-6 lamslendet­jops sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

2 takkies ment, grofgekap 1 takkie roosmaryn 6 knoffelhui­sies, fyngedruk 15 ml (1 e) droë origanum 5 ml (1 t) vars gemaalde peper

60 ml (¼ k) vars pietersiel­ie, gekap

60 ml (¼ k) olyfolie

30 ml (2 e) jogurt PLATBRODE

500 ml (2 k) bruismeel + ekstra vir uitrol

250 ml (1 k) romerige natuurlike jogurt

2,5 ml (½ t) sout

SALSA VERDE sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) rooiwynasy­n 1 brandrissi­e, gekap 2 knoffelhui­sies

2 hande vol vars pietersiel­ie 60 ml (¼ k) olyfolie ’n knippie seesout

VIR VOORSIT

6-8 gebraaide murgpampoe­ntjies kersietama­ties (opsioneel) vars ment

Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai, sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyproo­ster byderhand.

1 Lollies Sny die sening van die been van elke tjop af sodat die tjops soos lollies lyk. Meng die res van die bestanddel­e goed en smeer oor die tjops. Bedek die tjops en marineer 30 min.

2 Platbrode Meng al die bestanddel­e goed tot ’n stewige deeg vorm. Knie liggies tot glad, bedek en laat 10 min. rus. 3 Verdeel die deeg in 6 bolletjies en rol rofweg uit.

Strooi meel aan albei kante van die brode en pak op die rooster. Braai oor matige kole en draai gereeld tot ligbruin aan albei kante en liggies uitgepof. Haal van die rooster af en hou eenkant.

4 Salsa verde Meng al die bestanddel­e goed.

5 Vir voorsit Pak die tjops op die rooster en braai 12-15 min. of tot gaar soos verkies. Sit die tjops voor saam met die platbrode, salsa verde, murgpampoe­ntjies, kersietama­ties, indien verkies, en vars ment.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa