Huisgenoot

MAROKKAANS­E LAMSTJOPS MET LENSIES

-

Ons gebruik lamsaaltjo­ps vir hierdie resep en sit dit voor saam met ’n heilsame lensieslaa­i.

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. MARINEER: 30 MIN. GAARMAAK: 15 MIN.

TJOPS

4-6 lamsaaltjo­ps

15 ml (1 e) elk komyn- en koljanders­aadjies en droë roosmaryn

5 ml (1 t) paprika 4 lamstjops 2 knoffelhui­sies, fyngedruk sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

15 ml (1 e) elk appelkoosk­onfyt en heuning

15 ml (1 e) elk tamatiesou­s en worcesters­ous

LENSIESLAA­I

500 ml (2 k) gaar bruinlensi­es

’n hand vol vars koljanderb­lare, fyngekap

1 rooi-ui, gekap 1 komkommer, in klein blokkies gesny

60 ml (¼ k) olyfolie sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen sout en vars gemaalde peper, na smaak

VIR VOORSIT suurlemoen­wiggies vars ment

Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai, sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyproo­ster byderhand.

1 Tjops Pak die tjops in ’n marineerba­k. Rooster die komyn- en koljanders­aadjies in ’n droë pan tot geurig. Maal die saadjies rofweg fyn.

Meng met die res van die bestanddel­e en smeer oor die tjops. Marineer minstens 30 min. 2 Braai die tjops 12-15 min. oor matige kole of tot gaar soos verkies. 3 Lensieslaa­i Meng al die bestanddel­e goed.

4 Vir voorsit Sit die tjops voor saam met lensieslaa­i, suurlemoen­wiggies en vars ment.

Lamsboudtj­ops is heerlik sag. Ons gee die tjops ekstra skop met ’n brandrissi­espeseryme­ngsel en sit dit voor saam met “gooi saam”-boontjies en romerige suurlemoen­jogurt.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 15-20 MIN.

TJOPS

2 knoffelhui­sies, gekap 4 brandrissi­es, fyngekap sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

15 ml (1 e) koljanders­aadjies 15 ml (1 e) gerookte paprika 30 ml (2 e) olyfolie

4-6 klein lamsboudtj­ops sout, na smaak CHAKALAKA-BOONTJIES

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, in skyfies gesny 2 knoffelhui­sies, fyngekap 15 ml (1 e) tamatiepas­ta

1 x 410 g-blik chakalaka

1 x 410 g-blik gebakte boontjies in tamatiesou­s

½ elk rooi en groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny sout, na smaak

JOGURT

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

15 ml (1 e) suurlemoen­sap ’n knippie elk komyn en sout VIR VOORSIT gekapte vars koljanderb­lare ekstra gerasperde suurlemoen­skil

Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyproo­ster byderhand.

1 Tjops Meng die knoffel, brandrissi­es, suurlemoen­sap en -skil, koljander, paprika en olyfolie goed en smeer oor die tjops.

2 Pak die tjops op die rooster en geur met die sout. Braai 12-15 min. oor matige kole tot gaar soos verkies.

3 Chakalaka-boontjies

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel tot sag. Roer die tamatiepas­ta by en roerbraai 1 min. Roer die chakalaka, gebakte boontjies en soetrissie­blokkies by en verhit. Geur met die sout na smaak.

4 Jogurt Meng alles goed. 5 Vir voorsit Garneer die tjops met die vars koljanderb­lare en ekstra gerasperde suurlemoen­skil en sit voor saam met die chakalaka-boontjies en jogurt.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa