Huisgenoot

VARKLENDET­JOPS MET ROMERIGE KNOFFELKAP­OKAARTAPPE­LS EN GEBRAAIDE APPELS

-

Die swoerd aan varklendet­jops raak dikwels taai as dit oor die kole gebraai word. Ons sny die swoerd af en rooster dit tot bros in die oond en braai die tjops met ’n mosterdsme­ersel oor kole.

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. MARINEER: 1 UUR

GAARMAAK: 30 MIN.

4-6 varklendet­jops met die swoerd aan

10 ml (2 t) seesout

1 heel knoffelbol

15 ml (1 e) Dijonmoste­rd 15 ml (1 e) heuning KAPOKAARTA­PPELS

8 aartappels, geskil en in kwarte gesny

45 ml (3 e) botter

30 ml (2 e) room of melk sout, na smaak

VIR VOORSIT

2 Granny Smith-appels, gehalveer

15 ml (1 e) olyfolie

15 ml (1 e) heuning

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakki­e op ’n bakplaat en bespuit met kossproei. Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyproo­ster byderhand.

1 Sny die swoerd van die tjops af – sorg dat daar nog ’n klein lagie vet aan die tjops is, maar geen vleis aan die swoerd nie. 2 Pak die swoerd met die vetkant na onder op die draadrakki­e en sprinkel die helfte van die sout oor. Draai die heel knoffelbol met foelie toe en sit dit langs die swoerd op die draadrakki­e. 3 Rooster 25-30 min. of tot die swoerd goudbruin en bros is en die knoffel sag. Hou eenkant en laat die knoffel afkoel.

4 Meng die mosterd en heuning goed en smeer oor die tjops. Geur met die orige sout. Pak die tjops op die rooster en braai 12-15 min. oor die kole of tot gaar soos verkies.

5 Kapokaarta­ppels Kook die aartappels in water tot sag, dreineer en druk rofweg fyn. Druk die sagte knoffel uit die huisies en voeg by die aartappels.

6 Voeg die res van die bestanddel­e by en druk nog fyn tot glad.

7 Vir voorsit Smeer die appels met die olie en braai oor die kole tot lig geskroei. Drup die heuning oor.

8 Breek die bros swoerd in stukkies. Sit die tjops voor saam met die knoffelkap­okaartappe­ls, gebraaide appels, bros swoerd en vars kruie, indien verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa