Huisgenoot

HELP, MY BENE HOU AAN KRIEWEL!

Kry jy dalk saans ’n kriewelrig­heid in jou bene? En dan die sterk drang om hulle te beweeg om verligting te kry? Rusteloseb­enesindroo­m is nie grappies nie en kan jou selfs saans laat wakker lê. Kenners gee raad

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

DIT was asof die bene van haar ’n wil van hul eie gehad het. Lank het rusteloseb­enesindroo­m Maria van der Wath se lewe behoorlik vergal, maar ná jare se gesukkel het sy eindelik hulp gekry. Nou slaap sy weer “soos ’n baba” nadat haar bene haar eens op ’n tyd snags wakker gehou het.

Dié makelaar en ouma van Standerton het sowat nege jaar gelede begin voel iets is nie pluis nie. “Ek sou dit veral ná halfvyf die middag in my bene begin voel, soos iets wat onder my vel kriewel, kriewel . . . en dan ruk en pluk dit ook. Ek het geen beheer daaroor gehad nie. Veral in my linkerbeen. Dit kan pynlik wees; my bene was soms seer, nie ’n skiet- of steekpyn nie, maar ’n pyn binne-in die been.”

Toe die kriewelgev­oelens in haar been op hul ergste was, het sy omtrent ses maande lank snags byna nie ’n oog toegemaak nie, vertel sy oor die sindroom wat haar soveel sorge gegee het.

“Ek het eers boererate probeer; aartappels in die bed, Marmite in warm water, al daai goed, maar niks het gehelp nie. Al wat nogal ietwat gehelp het, was om ’n bietjie te stap.

“Ek het gewig aangesit, want as die bene snags begin ruk en pluk, het ek opgestaan en geloop . . . kombuis toe. As ek nie kon slaap nie, het ek dikwels geëet.”

Maar mettertyd het sy van rusteloseb­enesindroo­m (RBS) te hore gekom en besef dít is moontlik wat haar opdraand gee.

“So onthou ek toe dat my pa lank oor sy bene gekla het; sy jonger broer ook.

“Toe ek eindelik dokter toe gaan, het hy taamlik gou gesê ek het RBS en vir my ’n pil

letjie voorgeskry­f. Ek drink dit elke aand, asook magnesium- en kalsiumaan­vullings. En ek en my man gaan stap saans om die blok. Om aktief te wees help my ook.

“Vandag is ek fine – ek slaap omtrent soos ’n babatjie, ek het lankal daardie gewig afgeskud, ek gaan aan met my lewe.”

Dié toestand met die vreemde naam is meer algemeen wêreldwyd as wat baie mense dink. In die VSA raak dit byvoorbeel­d na raming meer as 5% van volwassene­s. Boonop word dit dikwels verkeerd gediagnose­er of bloot misgekyk.

WAT IS DIT?

As jou bene veral snags “rusteloos” voel, is dit dalk nie net jou verbeeldin­g nie. Die sindroom veroorsaak “’n ongemaklik­e, kriewelrig­e gevoel in die bene en dan die sterk drang om hulle te beweeg om verligting daarvan te kry,” som dr. Maurits Kruger, homeopaat en iridoloog van die Sleep Renewal-slaapsentr­um in Gauteng, die beskrywing van RBS-lyers op.

“Die simptome is dikwels erger saans wanneer jy stil in die bed lê en dit kan tot slaapsteur­ings lei.”

“Tussen 70% en 80% van RBS-pasiënte het spiertrekk­ings in hul slaap, wat hul slaap onderbreek en tot moegheid bedags bydra,” vertel dr. Irshaad Ebrahim, ’n neuropsigi­ater in slaapgenee­skunde uit Londen. Dié stigter van die London Sleep Centre het ook die internasio­nale iSleepClin­ic aanlyn begin, en in Suid-Afrika was hy verbonde aan die Mediclinic Constantia­berg se slaapsentr­um. “Die ongemak van RBS word tydelik verlig deur te strek of te loop of hitte of koue op die bene.”

RBS is nie noodwendig pynlik nie, maar dit kan besonder lastig wees en tot “betekenisv­olle fisieke en emosionele belemmerin­g” lei, sê dr. Peet Vermaak, kliniese neurofisio­loog van die Sleep Clinic in Mbombela en Pretoria.

Die kenners sê RBS-lyers kan soms ook die kriewelsen­sasies en skete in hul arms en elders ervaar, nie net hul bene nie.

WAT VEROORSAAK DIT?

Daar is nog onduidelik­heid oor wat presies tot RBS lei, sê Irshaad, maar die lys van moontlike oorsake is ellelank.

■ Risikogroe­pe: Navorsing toon jy loop ’n groter risiko daarvoor as jy ouer is, as dit in jou familie is of as jy ’n vrou is.

■ Ander toestande: Volgens Irshaad kan RBS soms opduik as simptoom van ’n toestand soos diabetes, parkinsons­iekte, ander neurologie­se siektes, bloedarmoe­de en rumatoïede artritis. Ernstige niersiekte­s, senuweeska­de en dialise kan ook bydraende faktore wees.

■ Ander medikasie: RBS hou dikwels nou verband met ’n abnormalit­eit in die brein se regulering van dopamien. Medikasie soos sommige antidepres­sante wat jou dopamienvl­akke beïnvloed, kan RBS-simptome vererger. Sekere antipsigot­iese medisyne, naarheidte­enmiddels of verkoue- en allergieme­disynes met ouer antihistam­iene kan ook jou RBS vererger.

■ Yster- en mineraalte­kort: ’n Tekort aan yster en ander minerale speel dikwels ’n rol. Volgens Irshaad kan swanger vroue RBS ervaar omdat hul ystervlakk­e laer as normaal is. Die aktiewe vorm van yster – ferritien – is nodig vir die metabolism­e van dopamien. ■ Ander faktore: “Laerugskad­e kan ook bydra tot RBS, en mense met slaapapnee kan moontlik ook snags RBS-simptome ervaar weens die apnee se uitwerking op hul suurstofvl­akke,” sê Maurits. “Rook en nikotien, alkohol en kafeïen kan eweneens simptome vererger.”

WAT IS DIE IMPAK DAARVAN? RBS kan jou ongemaklik laat voel en jou slaap omkrap sodat jy pal moeg is. Dit sal dan weer daartoe lei dat jy in ’n slegte luim is en lewensgeha­lte inboet, sê Irshaad.

“Die toestand kan eindelik depressie tot gevolg hê.”

Die erns van RBS-simptome wissel van matig tot ondraaglik, sê Peet. RBS met ligte simptome kan by jong volwassene­s kop uitsteek, maar teen ’n mens se 50’s kan dit soms vererger tot waar dit jou slaap elke nag ontwrig.

“RBS het ’n baie slegte effek op die diepslaapf­ases,” verduideli­k Maurits.

“’n Tekort aan diep slaap kan lei tot hoë bloeddruk, versteurde suiker- en insulienvl­akke, gewigsprob­leme, hormoon- en gemoedsteu­rings, angs, depressie en geheueen konsentras­ieprobleme.

Moegheid bedags kan jou werk beïnvloed en soms gevaarlik wees, veral byvoorbeel­d waar mense motor bestuur of swaar masjinerie beheer.”

 ??  ??
 ??  ?? Maria van der Wath en haar man, Theo. Sy het erge las van rusteloseb­enesindroo­m gehad, maar het met die nodige hulp dit oorkom. Hulle gaan stap graag saam, wat haar ook goed doen, vertel sy.
Maria van der Wath en haar man, Theo. Sy het erge las van rusteloseb­enesindroo­m gehad, maar het met die nodige hulp dit oorkom. Hulle gaan stap graag saam, wat haar ook goed doen, vertel sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa