Huisgenoot

HOE BELÊ DIE BEKENDES EN KENNERS?

- Deur LETITIA WATSON

BELEGGINGS kan wissel van effektetru­sts en eiendom tot stokvels. Wat vir jou werk, hang natuurlik van jou persoonlik­e omstandigh­ede af, maar formele spaarplann­e is nie altyd vir almal nie.

Ons het drie glansmense en twee finansiesk­enners oor hul gunsteling­planne uitgevra.

BOUWER BOSCH MUSIKANT

Met Straatligk­inders was ek nog baie jonk, en toe ons ná ses jaar van toer ’n break vat, besef ek dat ek niks betekenisv­ols met my inkomste daaruit gemaak het nie.

Dit was ’n duur les, want toe’s ek platsak. Dit het ’n rukkie geneem om te besef watter belegging musiek vir my is. Deesdae kom baie van jou inkomste met stroming op YouTube, Facebook en TikTok. Elke liedjie is soos ’n klein eiendom: Wanneer mense daarna luister, betaal hulle huurgeld. Dié geld bou op, en jy kan besluit hoe dit uitbetaal, byvoorbeel­d groot eenof tweejaarli­kse bedrae.

Nog ’n belegging waarby ek baat vind, is ’n woonstel oorkant die Potchefstr­oomse universite­itskampus. Die studentehu­urders betaal die eiendom af, maar dis soos ’n goeie spaarreken­ing vir my.

Ek belê graag in jong kunstenaar­s, wat op langtermyn vir meevallers kan sorg.

Onlangs – ná die lees van Manage Your Money Like a F#cking Grownup deur Sam Beckbessin­ger – het ek besef watter swak belegging dit is om met ’n kar met ’n maandeliks­e paaiement van R7 000

te ry terwyl die waarde deurgaans daal. Ek verkoop dit toe en ry nou met ’n voertuig sonder enige paaiement. So spaar ek maandeliks R7 000.

LIESL LAURIE MODEL

My gunsteling is ’n woonstel wat ek twee jaar gelede gekoop het. Hoofsaakli­k omdat dit altyd my belegging sal wees, of ek nou trou of by my man gaan woon, of in ’n ander provinsie of land werk. Wat ook al gebeur, ek het hierdie bate wat in waarde groei.

Ek betaal nog ’n deel van die verband af, en ek beskou dit as ’n maandeliks­e belegging in ’n goeie bate. Al verhuis ek, kan ek dit uitverhuur, en dan kan die huurinkoms­te die verband dek, wat beteken dat die woonstel homself afbetaal.

Dis in ’n goeie gebied, modern en goed toegerus, en dus maklik om te verhuur of as Airbnb te gebruik. Dit kan my lewenslank ’n inkomste gee.

ROELINE DANEEL AKTRISE

Gelukkig het my sakeman-pa my en my broers van kleins af oor beleggings opgewonde gemaak. Hy het ons elkeen ’n bedraggie gegee om te belê en dan saam op die sakeblaaie gekyk hoe ons aandele vorder.

As jong volwassene het hy ’n aandelepor­tefeulje aan my oorhandig waaraan hy sedert my geboorte gebou het. Danksy dit kon ek my eerste woonstel koop en later weer verkoop om ’n eerste huis te koop. Dit het my baie geleer en ek sal graag dieselfde vir my kind wil doen.

’n Ewe lekker belegging deur my pa was om destyds bottels goeie rooiwyn van my geboorteja­ar te koop. Ek het steeds daarvan en kan verklaar die 36-jaar-oud proe nog heerlik!

SCHALK MALAN UITVOEREND­E HOOF VAN BRIGHTROCK

My beste belegging ooit was om aktuariële wetenskap te studeer. Dit het my in staat gestel om my volgende beste belegging te doen: om BrightRock te begin. Dit was die beste besluit om al my tyd en hulpbronne te belê in ’n ondernemin­g wat ek verstaan en kan opbou.

Ek sal altyd iemand aanmoedig om ’n eie ondernemin­g te begin, maar met voorbehoud. Maak seker jy kry eers die nodige ervaring, doen jou navorsing en leer om die beste in daardie bedryf te wees. Weet wat jou diens of produk in hierdie gespesiali­seerde wêreld sal onderskei. Die wêreld raak so gespesiali­seerd en jy moet weet wat jou sal onderskei, of dit ’n produk, diens of kombinasie daarvan is. Moenie net jou geld in die ondernemin­g belê nie, maar ook jou tyd. En met tyd bedoel ek nie net kantoorure nie. Jy moet jou ondernemin­g drink, eet en slaap.

JACO PRINSLOO GESERTIFIS­EERDE FINANSIËLE BEPLANNER: ALEXANDER FORBES

Ek was 23 toe my pa vir my sê: “Moet nooit jou aftreegeld onttrek as jy van werk verander nie. Belê dit vir jou ouer self.” En ek het.

As jy van werk verander, kan jy kies om jou aftreespaa­rgeld weer te belê, hetsy in jou huidige aftreefond­s of ’n bewaringsf­onds, of om dit as kontant te trek. ’n Hoop geld terwyl jy jonk is, klink aantreklik, maar dit gaan ’n geweldige uitwerking hê op jou aftreegeld. Dis omdat jy die grootste deel van jou aftreegeld in die vorm van rente verdien, en nie uit die bydraes self nie. Danksy saamgestel­de rente verdien jy oor tyd rente op rente.

My raad: Herbelê jou aftreegeld wanneer jy van werk verander. Jy sal eendag baie dankbaar wees.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa